Kersfeesliefde ― Show Up

23 Desember 2020

“The willingness to show up changes us,
It makes us a little braver each time.”
― Brené Brown

 

|NB! Ons Kersdiens is Vrydag 9:00 en daar is GEEN diens eerskomende Sondag (27/12) nie.|

 

Kersfees 2020 — die jaar het gekom en gegaan, en wat ʼn jaar was dit nie. Verseker is dit ʼn jaar waaroor ons kinders se kinders nog sal praat en beslis nie in ons leeftyd OOIT vergeet sal word nie.

Kersfees 2020 — die seisoen waar ons as Christene die geboorte van Jesus vier en daarmee ons eie wedergeboorte in Christus.

Wat beteken dit? Dat ons ʼn kans kry om neer te sit waaraan ons so swaar dra; met vrymoedigheid ons vrese en verwyte kan laat los en net die mooiste en beste inpak vir ons reis vorentoe. ‘Wedergeboorte’ beteken tog restourasie, rehabilitasie, a change of mind, a reset, en transformasie. Soos Kersfees die tyd van die jaar is waar ons (onder normale omstandighede) saam met ons vriende en familie kuier en (gewoonlik) êrens gaan vakansie hou, is ‘wedergeboorte’ die herinnering dat ons aan mekaar verbind is, en dat daar ʼn naelstring is tussen ons en alles wat lewe. ‘Wedergeboorte’ is om te onthou na wie se Beeld, na wie se Gelykenis ons geskape is.

Ons gesels hierdie Desember oor Ken Wilber se ‘Four Stages of Spiritual Growth’ en het reeds gesels oor CLEAN UP, GROW UP, WAKE UP en sluit Vrydag by ons Kersdiens af met: SHOW UP!

Jy kan vir enige Christen vra of Kersfees (nog) belangrik is en die antwoord is ʼn volslae “JA!” — as jy vra “Hoekom?”, is die meeste reg met ʼn Sondagskool-antwoord dat Kersfees is die herdenking van Jesus se geboorte, en as jy moeilik wil wees kan jy vra: “... en hoekom is Jesus vir jou belangrik?” Met ander woorde, hoe bring dit enige verandering in ons handel en wandel? Het dit enigsins nog betekenis as ons al vir 2000 jaar dieselfde menu voorgesit word — wyse manne, herders, ster in die ooste, herberg, en engele? Ons ken die storie!

Wat se verskil maak “Geseënde Kersfees” in jou lewe?

  • CLEAN UP — los die persepsies en projeksies, laat los die venynige selfgeregtigheid, stop die spel van ontkenning (denial) en om van als in beheer te wil wees ... en kom met oop kop, oop arms en ʼn oop hart
  • GROW UP — neem verantwoordelikheid vir jou aksies en reaksies, stop die blame-game, vind uit wat gee sin in jou lewe en waar maak jy ʼn verskil ... behou die ontvanklikheid van ʼn kind sonder om kinderagtig te wees
  • WAKE UP — as die same-old-same vir jou werk, as ʼn fast-food religion jou honger voed en dors les, of as ons eers oor die diepere betekenis van die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek wil dink by ʼn siekbed of oop graf dan is dit seker ook okay ... but if you long for a meaningful life, if you desire to experience a sense of belonging and a deeper connection with life and LIFE (i.e God) then please stop pressing the alarm on snooze and WAKE UP
  • SHOW UP — daag op, wees sigbaar, wees die ‘iemand’ waarna ander verwys as hul sê, “IEMAND anders sal dit doen; IEMAND anders sal help” ... wees bereid om daar te wees vir hulle wat roep en hier te wees vir hulle wat soek.

Kersfees 2020 — this is not the year you get what you want, this is the year you appreciate everything you have.

Kersfees 2020 — die jaar van ʼn pandemie, ʼn wêreld agter maskers, ontsmettingsmiddel en afstand hou, reëls en regulasies en nóg meer reëls waarvan sommige te gek is om los rond te loop. Die gevolge van Covid is onberekenbaar ... en ek praat nie net van ons gesondheid nie, maar van miljoene mense wat hul werk verloor, wie se besighede vou, wat sien hoe hul leeftyd se spaargeld in ʼn geut wegspoel ... daar is eenvoudig geen prostese vir ʼn geamputeerde siel nie.

By die meeste van ons het daar ʼn ingrypende insig gekom oor ons materiële genoegens. “What is essential?” het ʼn knellende vraag geword. “Wat is die gat wat ons moet bly vul?” uit vrees dat ons kruik leeg gaan loop.

“Material satisfactions, while surely not bad, have a tendency to become addictive, because instead of making you whole, they repeatedly remind you of how incomplete, needy, and empty you are.” — Richard Rohr

Iemand het êrens gesê — “the formula for success is 2% talent, 8% luck, and 90% of showing up every day” — dis nie net opdaag nie, maar waarde toevoeg, ʼn verskil maak, om saans jou lig af te sit in vervulling en te weet: today was a meaningful day!

Hierdie jaar sal onthou word as die jaar van versorgers, verpleegkundiges, dokters, en diensverskaffers. Méér as sukses — they've achieved GREATNESS! Baie mense is suksesvol, bitter min bereik GREATNESS.

Miskien omdat, in die woorde van Marianne Williamson, “We do not show up fully for life, and then wonder why life is not showing up more fully for us.”

Kersfees 2020 — my geskenk onder die boom aan almal hierdie jaar is: no matter how you feel, get up, dress up, show up, and never give up.

Kom sluit Vrydag 9vm by ons aan vir ons Kersdiens — dan sê ons dankie vir elke gawe, elke les, en elke geskenk wat 2020 vir ons gebring het.

Ek wens vir elkeen van julle ʼn geseënde Kersfees waar die liefde, vreugde, en vrede van Christus in elke aspek van ons lewe sigbaar sal wees.

Met liefde

 

'n Paar belangrike skakels om te besoek: Ons Somerfees en foto's, ons Sirkelflitse en Jaarprogram vir 2021, asook ons YouTube video's met nuwe Episode 39

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“We must listen to what is supporting us.
We must listen to what is encouraging us.
We must listen to what is urging us.
We must listen to what is alive in us.”
― Richard Rohr ―

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Ons doen nie meer besprekings nie
en dit is first-come-first-served ... ALMAL is welkom.
Ons vra wel dat jy steeds met 'n masker sal kom,
steeds afstand hou, en steeds hande was.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights