“He who thinks half-heartedly
will not believe in God;
but he who really thinks
has to believe in God.”
― Isaac Newton —
Ons sit ons gesprek oor JESUS voort … en het reeds gesels oor die inhoud en invloed van sy lewe. Laas week het ons spesifiek stilgestaan by Matteus se interpretasie oor Jesus se geboorte. Hierdie week gaan ons twee aspekte van sy lering, wat ook direk verantwoordelik was vir sy dood, van nader bekyk.
Agtergrond: Ons glo dat God die konstante krag en energie is wat die ganse skepping in harmonie en balans hou. Trouens, die planmatigheid in die ganse heelal is Godlooflik (i.p.v. ongelooflik).
Die Goddelike is nie onderworpe aan ‘verandering’ nie — the truth is always true. Die menslike ervaring, persepsie, en interpretasie van hierdie Waarheid is gedurig onderworpe aan ʼn nuwe verstaan, verandering, en vernuwing. Selfs die geskiedenis van die Bybel is ʼn storie van ewigdurende verandering oor hoe die mens God ervaar en verstaan.
Dink aan die Ou Testament se verstaan van God as ʼn ‘tribal chief’ wat opdrag gee om die vyande van die Israeliete te gaan verpletter — selfs opdrag gee om volksmoord te pleeg — maar as Jesus praat oor God dan is sy opdrag om ‘ons vyande te vergewe en lief te hê…’
Wat het verander? Vir Jesus gaan dit om God te herken in elke aspek van ons menswees; om God te erken in elke aksie en reaksie van ons menslike handel en wandel; en om God te ken in ʼn nuwe verstaan van hoe God in mens, en mens in God manifesteer.
Vir Jesus is God beide transendent (beyond human understanding) en immanent (an internal and inclusive experience). In beide gevalle is LIEFDE die brug tussen die twee en in LIEFDE word dit moontlik om God sigbaar te maak aan almal om ons.
Om die geboorte, lewe, en sterwe van Jesus werklik te verstaan, moet ons ons Westerse bril afhaal en die Evangelies lees deur die bril van ʼn Jood.
Die Evangelie van Johannes:
Hierdie boek is geskryf tussen 90 en 110CE. Dit is 60, 70 jaar ná die dood van Jesus. Dit is geskryf ná die val van Jerusalem (70CE) en ná die Joodse Christene uit die tempel en sinagoge verban is (88CE). Verskeie outeurs het oor ʼn 20 jaar tydperk meegedoen aan die skryf van hierdie formidabele boek.
Die Evangelie van Johannes is geskryf in poëtiese formaat. Daar is ritmiese taal, nie noodwendig rym nie. Kort frases van ongeveer ewe lank met herhaalde woorde en frases. Dit is geweef in progressiewe denke, beelde, simbole, en metafore met meer dialoë as in enige van die ander Evangelies.
Wat is die Evangelie van Johannes se interpretasie van Jesus?
Wat hierdie Evangelie sê is die volgende: [1] Ons kan God net ervaar in ons liefde — and if you don’t get this, then nothing will ever satisfy your needs and expectations; [2] everything is spiritual — alles is een, en God is die naelstring wat dit aan mekaar verbind; [3] en die sleutel is vergiffenis — forgiveness will set you free!
Waarom het Jesus gesterf?
Want sy teologie was ‘verkeerd’ volgens die priesters en stamhoofde, en sy politiek was ʼn ‘bedreiging’ vir die mag van die Fariseërs.
Kom ons staan Sondag stil by DRIE gedeeltes uit die Evangelie van Johannes en kyk na die invloed en implikasies daarvan op ʼn progressiewe, inklusiewe Godsbeeld vir die tyd waarin ons leef.
Baiemaal in my lewe was ek honger en het Christus sy brood en wyn met my gedeel. Hoeveel keer was ek blind en het hy my laat sien. Meermale verlore en het hy my kom haal. Hoe dikwels was ek dood en het hy my uit die graf gewek, die doeke om my weggedraai, en my herinner wat Lewe beteken. Hoeveel keer al myself teen ʼn kruis vasgespyker en het hy die spykers uit my hande en voete getrek met ʼn helende stem wat sê: “Kom uit die hel, want dis nie jou plek nie!”
DÍT is die Jesus in wie ek glo. Hierdie Jesus wat my herinner dat ek, in my broosheid en weerloosheid, ʼn Geliefde Seun van God is.
Hierdie liefde wen altyd.
Hierdie liefde is genoeg.
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“A person is a person through other persons;
you can't be human in isolation;
you are human only in relationships.”
― Archbishop Desmond Tutu ―
'n Paar belangrike skakels om te besoek:
Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville
Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek