Jesus — Rabbi en Geneser

3 Maart 2021

“The wound is the place,
where the Light enters you.
― Rumi 

Ons almal, selfs mense buite die Christen-tradisie, weet wie Jesus is. Meeste van ons het hom leer ken toe ons kinders was. Almal het ʼn indruk van Jesus, ʼn soort beeld van hom, hoe vaag of spesifiek dit ook al mag wees. Vir die meeste is dit ʼn beeld van toewyding en oortuiging.

Vir baie het hierdie kinderlike beeld van Jesus problematies en verwarrend geword omdat dit geklee is met ʼn kontradiksie tussen die God van liefde, maar terselfdertyd ʼn God van veroordeling en verwerping ... met Jesus in die middel.

Wie is hierdie Jesus — wie is hierdie Joodse man en seun van ʼn skrynwerker in Nasaret? Wat was dit wat hom gedryf het om te doen wat hy gedoen het, wetende dat wat hy ander leer gaan hom sy lewe kos? Hoe is dit dat hy in so 'n kort rukkie soveel kon beïnvloed dat dit, 2000 jaar later, sou groei tot die grootste godsdiensgroep met bykans 3 biljoen volgelinge?

Vir die volgende maand tot Paassondag 4 April gaan ons gesels oor ‘Jesus’  die inhoud en betekenis van hierdie Rabbi en hoe ʼn lewe gevul deur God lyk; hoe om oop te maak vir ʼn nuwe, ander manier van menswees wat ons elke aksie en reaksie verander en vernuwe as mense wat geskape is as ʼn ‘refleksie’ van God.

Ek sou die historiese Jesus (wie en wat hy was tot sy dood) kon opsom in twee woorde — TEACHER and HEALER.

Teacher (rabbi) — vir hom het dit gegaan oor medemenslikheid (humanity), en hoe ons liefde en medelye ander se menswaardigheid herstel en heel maak. In sy leer en lewe, sy instruksies en voorbeeld het hy deur die grense en wette gebreek wat lei tot ʼn Godsverduistering.

In woord en daad wys hy die politici (Fariseërs) en priesters (Sadduseërs en Leviete) hoe die ‘gesig’ van God lyk. Hy pleit vir ʼn reformasie — ʼn progressiewe en inklusiewe Godsbeeld wat ALMAL (Romeine, vroue, tollenaars, vissers, ens.) insluit.

Healer (geneser) — in Grieks is daar drie woorde wat in Afrikaans vertaal word met ‘genees’ (cure) alhoewel nie een van hierdie drie woorde direk te doen het met liggaamlike genesing nie.

  • σῴζω (sózó) — restore, rescue, heal, make whole (120x)
  • θεραπεία (therapeia) — therapy, care, healing, make whole (48x)
  • ἰάομαι (iaomai) — to heal, to free from errors and sins, to make whole (28x)

Soveel kere het ek al mense gesien wat sterwend is — not cured but healedphysically broken but emotionally and spiritually whole. Wanneer ons klem op ‘wholeness’ is, kry die liggaam kans om te doen wat die liggaam die beste doen en dit is om hom-/haarself te genees. Nie altyd nie, maar meestal.

Beide teacher and healer se klem lê in die transformasie van mense. Met transformasie sou ʼn mens woorde kon gebruik soos: return, reset, restore, rebirth, revival, reform, and reawakening.

Ons klem, ons kan ook die woord ‘obsessie’ gebruik, oor genesing (cure) is te verstane, want dit gaan oor lewe en dood, maar wat is ons kwaliteit van lewe? Hoe gee ons sin en betekenis aan LEWE? Ons praat graag oor Jesus se wonderwerke, asof dit magic is, maar vergeet die ‘wonderwerk’ is eintlik dat ʼn vreemdeling by ʼn vreemdeling stop en kies om hom/haar lief te hê.

Vir die Jode is die Torah die vergestalting en weg na God. Vir Moslems is dit die Heilige Koran, maar vir Christene is dit ʼn persoon. Hierdie Joodse jongman wat mense geleer en geheel het om te onthou hoe God na ons kyk; dat ons geskep is in die beeld en gelykenis van God; en dat die enigste manier hoe ons God kan ken en ervaar, is in ons liefde.

Vir eeue lank hoor ons dat ons sondig, skuldig, en sleg is, en verdien om gestraf te word, maar ek onthou dié waarheid,

  • “God het nie sy seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur hom gered kan word.” (Johannes 3:17)

Vra vir enige Christen hoekom hulle in Jesus glo en jy sal hoor, ‘want hy het vir my sonde gesterf en as ek in hom glo gaan ek hemel toe’ — nêrens sê Jesus dit nie, nie in een van die Evangelies hoor ons hom eers sinspeel op die feit dat hy nodig het om vir mense se ‘sonde te sterf’ nie. Trouens, daar is net één versie waar Paulus praat van homself as hy sê,

  • “... hoe Christus gesterf het vir ons sonde” (1 Korintiërs 15:3).

Vir Jesus is ‘hemel’ nie ʼn geografiese plek nie, maar die Koninkryk van God (hemel) is IN jou (Lukas 17:21).

As sy dissipels hom vra hoekom hy hier is dan antwoord hy ...

  • “Ek het gekom om vir julle lewe te gee, en lewe in oorvloed” (Johannes 10:10).

... en wat ek hoor is: Ek sal jou teleurstellings en mislukkings gebruik om jou te transformeer sodat jy kan onthou hoe groot die liefde van God is. Ek gaan wat jy dink is die slegste van jou gebruik om die beste weergawe van jouself te maak.

Nooit hoor ons Jesus vra of jy ʼn Jood is, of jy die Torah ken en die Tien Gebooie onderhou nie. Sy vereiste is nie dat jy eers die Joodse geloof moet aanneem nie. Meer as die helfte van die mense wat genees (healed) is deur hom was nie-Jode. Die enigste voorwaarde om sy ‘teaching and healing’ jou eie te maak, is om te WIL. You must have a DESIRE (Markus 10:46–52).

Dít is die pelgrimstog waarnatoe ek jou wil uitnooi. Kom reis die maand saam met ons in ʼn herontdek wie Jesus is as ‘teacher and healer’.

My liefde is by julle almal in Christus Jesus.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“What happens when people open their hearts?”
“They get better.”

― Haruki Murakami, ‘Norwegian Wood’ 

 

'n Paar belangrike skakels om te besoek:

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights