“Your true character
is most accurately measured
by how you treat those
who can do ‘nothing’ for you.”
― Mother Teresa —
Ek het grootgeword in ʼn milieu waar die Christus-boodskap so deel van my bestaan was soos ons spys en drank, ʼn swart fiets en boomhuis in ʼn maroelaboom. Elke oggend en aand is daar saam ‘stiltetyd’ (ʼn gesprek met God) gehou en in ons daaglikse ritme was gesprekke oor God so natuurlik en spontaan soos in- en uitasem.
Dis eers op skool (week- en Sondag-) dat ek gehoor het dat die enigste manier om IN die hemel te kom, is om Jesus te aanvaar as persoonlike Verlosser en Saligmaker. Dit was vir my vreemd, want ek het gedink dat Jesus is reeds IN my en dat my IN hom was hemel.
Soos ek ouer geword het, het ek in opstand gekom teen die Bybeltekste, want vir baie (nie almal nie) wat die een na die ander teksvers aanhaal, was daar ʼn ‘kyk hoe ken ek die Bybel’ en meer as dikwels ʼn ‘kyk hoe gered is ek …’
My reaksie teenoor dogma en teologie was gebore uit my onvermoë om te verstaan hoe enige geloof eksklusief kan wees. My vrae was ʼn gevolg van die feit dat ons as vlees en bloed mense met die Bybel in die hand vir God wil besluit wie is goed en wie is sleg, wie is verkeerd en wie is reg, wie gaan hemel en wie gaan hel toe.
Dit sou baie jare, baie trane, baie littekens vat om weer die Leringe van Christus my eie te maak … en toe ek die IN Christus herontdek, en hy in my begin koester, het die ou tekste en sitate oopgegaan as rigtingwysers vir my eie pad.
Die Bron van inspirasie is aan die binnekant. Die Fontein moet vanuit my binneste vloei. Dit is nie ʼn hart wat jy vir God gee nie, maar ʼn hart wat jy oopmaak sodat God deur ons sigbaar word. Dit is nie ʼn hemel waarna toe ons gaan nie, maar ʼn koninkryk wat deur ons geboorte gee aan die Lig wat in en deur ons nagte en skadu’s breek.
Is die verhouding tussen God en Jesus Christus uniek? Natuurlik is dit. Maar so is jou verhouding met God. Soos al herhaalde kere gesê — as Jesus in sy gebed (Johannes 17) sê, “Ek en my Vader is een…” dan bid hy dit ook vir ons almal. Elkeen van ons se verhouding met God is onvergelyklik, enig, en intiem persoonlik.
Wat beteken die ‘OPSTANDING EN LEWE’ van Jesus —
In Christus word die 'Seun van die Mens' (Human Consciousness) die 'Seun van God' (Christ Consciousness).
Regina Clarke beskryf dit mooi —
Paasfees sê: Niks kan weer dieselfde wees nie.
Ons kan nie langer net wil praat óór Christus nie — dit moet in ons bloed (body), in ons murg (mind), en in ons water (soul) deurslag vind.
Kom ons gesels Sondag oor ‘Wholehearted Living’ in die woorde van Brené Brown wat sê, “Courage, Compassion, and Connection will be my constant companions.”
Kom ons gesels oor wat beteken die 'Opstanding en Lewe' van Christus en hoe ken, erken, en herken ek dit in my verhouding met myself, my gesin, vriendekring, werk, en vreemdelinge om my?
Geseënde week verder.
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“Eternal life doesn't start
when we die; it starts now.
It's not about a life that begins
at death; it's about experiencing
the kind of life now that can
endure and survive even death.”
― Rob Bell, 'Love Wins' ―
Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville
Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek