Jesus — Opstanding en Lewe III

14 April 2021

“What death says is:
Meet yourself!”

― Martin Versfeld —

Daar word gesê dat sedert die eerste homo sapiens (mense soos ons) sowat 70 000 jaar gelede geleef het, is daar reeds 110 biljoen mense op dié planeet gebore.

Vandag is daar bykans 8 biljoen mense op Aarde, waarvan 2 biljoen hulself as Christene sien.

As Christene die Apostoliese Geloofsbelydenis (Nicea, 325AD) bely wat sê, “… ons glo in die opstanding van die dood — nie ‘vlees’ soos die Afrikaans dit vertaal nie, dan is die bedoeling tog nie die 110 biljoen mense se letterlike, fisiese opstanding nie?

Indien wel, sluit die liggaam wat ‘opstaan’ bloedvate, senuwee- en spysverteringstelsel in; en wat van iemand wie se liggaam gestrooi is oor oseane en kontinente? Die vraag is: Hoe moet ons in die 21ste eeu dink oor ʼn 4de eeuse wêreld-, mens-, en Godsbeskouing?

Ons gesels dié maand oor die OPSTANDING van Jesus en dit het tyd geword om ons begrip hiervan te herevalueer en te herformuleer. Die OPSTANDING wil tog iets veel meer sê van die Corpus Christi (liggaam van Christus).

Glo ek in die opstanding van JesusAbsoluut! Maar ek glo nie dat dit ʼn resussitasie van sy liggaam was nie. Ek glo dat die ‘manifestasie’ van Jesus ná sy dood was vir hulle wat hom ervaar het ʼn herontwaking, ʼn wedergeboorte, ʼn gedaanteverwisseling… ʼn radikaal nuwe verhouding met God deur Christus.

Nie die Emmausgangers (Lukas 24:13-35) of die vroue by die graf (Johannes 20:14) herken hom nie, want wat die Evangelieskrywers én Paulus vertel van hierdie Christus-verskyning is iets só anders, só buitengewoon, só merkwaardig dat toe hul probeer het om dit in mense-woorde te verduidelik, het hulle dit anastasis (resurrection) genoem.

Hulle sig is verander na insig. Jesus se verskyning word ʼn Christus-openbaring wat ʼn nuwe dimensie van lewe vir hulle oopgemaak het. Die Jesus wat aan hulle verskyn soos ʼn lig in duisternis, breek deur hul vrese vir oorlewing en dood. In die opstanding van Jesus het hulle besef: God woon in ons, en ons woon in God — en niks daarna sou ooit weer dieselfde wees nie.

Natuurlik kan hierdie ervaring nie tot woorde gereduseer word nie. Die taal en metafore wat hul gebruik het, was onvoldoende. Met tyd is dit in klip gekerf in ʼn poging om dit vir ewig te bewaar. Die klip sê niks oor die ervaring nie. Die betekenis leef in ons harte.

Hoe dikwels het ons al gesien dat die waarheid gesluier word as ons dit wil verletterlik. Daarom pleit soveel mistici saam met Paulus dat ons sal bly leef in die Groot Misterie.

Natuurlik was die 'opstanding en verskyning' van Jesus waar, maar nie in vorm, definisie, of dimensie nie, want God het geen vorm, definisie, of dimensie nie.

God word ervaar in ʼn verhouding wat in die stiltes tussen woorde gevind word. Die openbaring van God in Christus lê verby taal en woorde, en word gevind in ʼn deurleefde ervaring van God se teenwoordigheid in alles wat ons is. Dit is intiem persoonlik.

Dit ALLES word ervaar terwyl ons ʼn fisiese liggaam in dié wêreld is. Hier, en nou, weet ons dat dood is ʼn deur wat oopgaan … death is a reset, a restoration, rebirth, a resurrection. Dood is ʼn ontwaking, ʼn herlewing, ʼn transformasie.

  • “And do not be conformed to this world but be transformed (Gr: metamorphoses) by the renewing of your mind (Gr: metanoia), so that you may prove what the will (Gr: thelema – splendour, desire, delight) of God is, that which is good and well-pleasing and perfect.” — Romans 12:2

Vir dít moet ek sterf in myself — ek moet sterf in my vooroordele, agterdog, en selfgeregtigheid.

  • “As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in.” — Johannes 12:24

Ek moet sterf in my ego-denke wat pendel tussen guilt & fear, tussen blame & shame. Maar dan moet ons OPSTAAN — om liefde te kies bo vrees, versoening bo ons verwydering, vergiffenis bo veroordeling, en lewe bo dood.

  • “… indeed, we had the sentence of death within ourselves so that we would not trust in ourselves, but in God who raises the dead.” — 2 Corinthians 1:9

The experience of Resurrection welcomes our Awakening — en dit gebeur nie omdat ek ‘goed’ is, of ‘bekwaam’ is, of die ‘regte’ goed doen nie. Dit gebeur omdat God se liefde allesinsluitend is. Dis ʼn geskenk. Dit is gratis.

Rol daai klip weg voor jou graf. Alles wat ons geskuif het tussen ons en die liefde van God. Die krag van die OPSTANDING sal jou dra deur moeilike tye; dit sal jou hoop restoureer; dit sal jou gedagtes en intensies fokus op wie ons is in Christus.

  • “Behold, I tell you a mystery; we will not all sleep, but we will all be changed (Gr: transformed), in a moment, in the twinkling of an eye, at the last trumpet; for the trumpet will sound, and the dead will be raised imperishable, and we will be changed.” — 1 Corinthians 15:51-52

Daai shofar (trompet) is VANDAG. Staan op uit die dood. Staan op uit jou slaap.

  • “Kyk! Ek verander alles! Ja, Ek maak alles nuut!” — Openbaring 21:5

Dis waarom ons hier is. This is our destiny.

JÝ, op die naam, is hier om ʼn verandering te maak. Wees ʼn refleksie van die ‘opstanding en lewe’ van Christus ...

… en onthou — jou LEWE is dalk die enigste Evangelie (Goeie Nuus) wat mense vandag gaan lees.

Make it count!

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“In the end, it's not the years
in your life that count.
It's the life in your years.”

― Abraham Lincoln 

 

Belangrike skakels om te besoek:

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights