ʼn Nuwe maand is voor ons deur. Só baie het in die 'nêrens en niks' van die laaste 2+ maande gebeur. Soos alles ontdooi en weer stadig na normaal terugkeer, is daar by ons ʼn tweestryd tussen: ons wil weer die bekende terug hê maar ons wil dit anders hê. Ons het geleer wat is ‘essential’ en wat nie. Ons besef dat ons met baie minder nét so gelukkig is as met ons oorvloed. Ons is skaam oor alles wat ons vanselfsprekend aanvaar, en dit maak dat ons meer dinge waardeer en voor “DANKIE!” sê.
“It's a funny thing about life, once you begin to take note of the things you are grateful for, you begin to lose sight of the things that you lack.” ― Germany Kent
Ons besef hoe nodig ons dit het om mekaar te sien, om aan mekaar te kan raak, om saam te kuier en te lag. Ons is intens bewus van hoe ons mekaar nodig het om sin en betekenis aan ons lewe te gee. Ons besef veral hoe nodig ons mekaar het as ons swaar dra en onseker is. Meer as ooit weet ons hoe belangrik ons interpersoonlike verhoudings is.
Wat het dit my geleer oor my verhouding met mense om my ...?
Elke persoon wat jy ken, het sy/haar struggles ... almal van ons dra swaar aan emosies van spanning, onsekerheid, teleurstelling, spyt, en selfverwyt. Ons kyk na mense as vreemdelinge tot jy begin om te gesels en dan besef jy almal lag as jy hulle kielie, spring as jy hulle knyp, bloei as jy hulle sny, en treur as iemand naby hulle weggaan of sterf. Ons hang gou ʼn bordjie om iemand na gelang van hoe hulle lyk, hoe hulle aantrek, hoe hulle praat, waar hulle werk, of hulle jou aan iemand anders herinner wat reeds ʼn label het.
Ons vergeet dat ALMAL soek na betekenis in hulle lewe. Almal wil voel hulle maak ʼn bydrae. Almal soek na ʼn doel om voor te leef.
Die meeste mense doen die beste wat hulle kan, al misluk hulle en maak soms foute. Of dit by die werk of in hulle gesinne is, die meeste doen die beste wat hulle kan. Laat mense toe om hulself te wees sonder om ons eie-ek op hul af te dwing, of hul te manipuleer om ʼn mini-me te wees. Wees sagmoedig met hulle wat anders is, hulle wat anders dink en anders doen. Mense onthou ons vir ons gentleness & kindness en nie vir ons voorskriftelikheid of selfgeregtigheid nie.
Almal wat ons pad kruis, is ʼn teacher ... diegene wat hul waarheid en wysheid uitleef, inspireer ons en hulle wat destruktief is, wys ons op ons eie tekortkominge en wonde, soos Confucius gesê het — “If we choose to, we can see everyone as our teacher. Those people who have admirable qualities can inspire us; those with destructive qualities can remind us of our shortcomings and motivate us to change.”
Dit is moeiteloos om van vriendelike, bedagsame mense te leer. Dis maklik om oop te maak teenoor iemand wat non-judgemental is en met wie jy veilig voel om jouself te wees. Ons is gemaklik by hulle wat inspireer en motiveer. Dis nie so maklik om van onvriendelike mense iets te leer nie ... van hulle wat alles weeg en meet ... van hulle wat elke knoppie van irritasie by jou druk nie. Ons is gewoon te sensitief vir hierdie soort wrywing, te gevoelig vir kritiek en vyandigheid. Maar daar is by hulle ook iets te leer al is dit dan ook net die gawe van geduld en selfbeheersing.
Roger Walsch verwoord dit mooi in sy boek, Essential Spirituality — “The eye of the soul gradually opens and we become increasingly aware of the sacred within us and around us. Every person becomes a teacher and a reminder of our spiritual nature, while every experience becomes a learning opportunity ... and we see the world as a sacred schoolhouse designed to heal and awaken us, and to teach us how to heal and awaken others. What greater gift could the world offer?”
Wat my bring by die vraag: wat het ek in hierdie dae geleer oor my verhouding met God ...?
Dat God nie in die besigheid is van virusse gee en virusse wegneem nie. Dat die waarheid (realiteit en werklikheid) van God is dat lewe altyd die pad terugvind na dié LEWE — lank voor ek hier was, lank nadat ek vertrek het. Gebede gaan nie Covid-19 wegvat of genees nie ... gebede genees ons gesindheid, ons verantwoordelikheid, ons blame-game, ons vrees en angstigheid.
Gebede bring ʼn nugterheid en plig om nie myself en ander bloot te stel aan die virus nie. Gebed maak dat ek met dankbaarheid en waardering hierdie tyd van isolasie kan gebruik as ʼn seisoen van transformasie. My gebed is ʼn oproep om my hande en voete, my invloed en verwysingsraamwerk te gebruik om te help waar ons kan in hierdie tyd van onsekerheid en spanning ... prayer is a vaccine against ignorance and arrogance!
My gebed is ʼn herinnering dat God in en by en om en deur my beweeg elke oomblik van die dag. God is my asem. God is wat betekenis gee in my lewe. God is wat maak dat ek die kaf van die koring, die sin van onsin kan skei. Gebed maak dit moontlik.
Dit is genoeg vir vandag. Bly steeds veilig en bly gesond — veral nou dat ons weer tussen mense kan beweeg.
Met liefde Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
YouTube-video's: Onthou ons weeklikse videos op YouTube ... daar is reeds 17 episodes met woorde van hoop en bemoediging. Deel dit met vriende en familie.
https://www.youtube.com/
“What happens when people
open their hearts? ...
They get better.”
― Haruki Murakami ―
Alle Neo-Spektrum byeenkomste
is opgeskort tot tyd en wyl
dit veilig is vir almal se gesondheid