In Search of a New Humanity

8 Julie 2020

Kom ons begin eers met ʼn aankondiging:

  • Ons open eerskomende Sondag weer met ons Sirkel — daar is baie reëls en regulasies aan verbonde wat Kolping van ons verwag waarvan die belangrikste is om almal se gesondheid as hoogste prioriteit te sien. Daar kan maksimum 40 mense in Kapel met die afstand wat ons moet handhaaf, derhalwe gaan ons moet ‘bespreek’ vir Sondae en indien dit meer as die 40 is dan kry jy voorkeur vir die Sondag daarna. Ons kyk hoe dit gaan en ons sal na ʼn Sondag of twee weet hoe vorentoe en of ʼn tweede diens op ʼn Sondag haalbaar is of nie. Bespreek asseblief by Ronel — 083.631.14.68
  • JA! ... ons gaan voort met ons Sondae se YouTube-video’s!
  • Hier is die skakel na ons nuutste nuusbrief met baie inligting wat jy gerus kan lees — https://neospektrum.co.za/wp-content/uploads/2020/07/Sirkelflitse-3-2020.pdf

Meer as 100 dae later en bykans 4 maande sedert ons laas saam in die Kapel was, het ons seker almal vrae oor hoe gaan hierdie nuwe-normaal lyk? Maskers is hier om te bly vir nog lank ... en vir die eerste keer besef ons die waarde van goeie higiëne. Ons is veel meer bewus daarvan om ons immuniteit maksimaal te rugsteun met ʼn goeie dieet, genoeg slaap, en gereelde oefening.

Die nuwe-normaal kom met ʼn ander-realiteit wat ʼn duidelike lyn trek tussen ons illusies en fantasieë aan die eenkant en die werklikheid en waarheid aan die anderkant. Niemand, allermins die koerante, weet hoe die toekoms gaan ontvou nie. Wat ek wel vir seker weet, is dat ons ʼn massiewe RESET nodig het. Ons gaan ʼn nuwe bewussyn (consciousness) en ʼn nuwe bewuswording (awareness) moet kultiveer.

As dit nie gaan gebeur uit die siel van ons spiritualiteit nie dan waar anders? As dit nie gaan kom uit ʼn nuwe verhouding met God nie, dan hoe anders? Wat bedoel ek as ek dit sê — die manier hoe ons besigheid doen, ons interpersoonlike verhoudings, ons selfwaarde en selfvertroue, ons manier van omgaan met Moeder Natuur, ons politieke en sosiaal-maatskaplike strukture kan en mag nie op dieselfde manier as vroeër, as die ‘same-old-same’ funksioneer nie!

In the boek New World New Mind deur Robert Ornstein en Paul Ehrlich is daar ʼn paragraaf wat my brein uit my skedel laat val het —

“Suppose Earth’s history were charted on a single year’s calendar, with midnight January 1 representing the origin of the Earth and midnight December 31 the present. Then each day of Earth’s ‘year’ would represent 12 million years of actual history. On that scale, the first form of life, a simple bacterium, would arise sometime in February. More complex life-forms, however, come much later; the first fishes appear around November 20. The dinosaurs arrive around December 10 and disappear on Christmas Day. The first of our ancestors recognizable as human would not show up until the afternoon of December 31. Homo sapiens—our species—would emerge at around 11:45 pm … and all that has happened in recorded history would occur in the final minute of the year.”

Miskien het jy, soos ek, nodig om dié paragraaf ʼn paar keer te lees sodat dit goed insink ...

Om te dink dat ons as mens, hier in die laaste sekondes van dié tydlyn, steeds glo dié planeet (and the whole universe for that matter) draai om ons met ons Trumps en coronas, ons religieuse konstruksies oor ʼn hemel en ʼn hel — om nie te praat oor ons mikroskopiese klein persepsie oor God nie — is en was nog altyd ons grootste denkfout.

Saam gaan ons moet besin oor elke aspek van ons lewe. ʼn Verandering in ons gedrag (aksies en reaksies) vra ʼn RETURN na ʼn deurleefde ervaring met God. ʼn Terugkeer na ons True North in elke verhouding waarin ons staan. Dit begin met jouself. Dit begin in jou gesin. Dit begin in jou onmiddellike sirkel met die hoop dat die rimpelings sal uitkring tot by hulle wat teen die grensdrade van ons samelewing vasgewaai het. Nou of nooit!

Met corona het ek besef dat die grootste probleem van die mensdom is dat die mensdom nie weet wat die mensdom se grootste probleem is nie. Ons sien die effek van die probleem oral om ons. Ons sien die gevolge van ons vervreemding (separation, detachment, disconnect), maar gooi hande in die lug en sug dat daar niks is wat EK daaraan kan doen nie.

Nou is die vraag — en daarmee gaan ek stoei vir die res van die maand: wat gaan ek daaromtrent doen; wat gaan ons doen met die sekonde van die laaste minuut van hierdie planeet se tydlyn?

Ons gaan begin met die lewensbelangrike vraag: Is it possible — just possible — that there is something we don’t fully understand about ourselves, about life, and yes, about God … the understanding of which would change everything?

Ons móét stop met ons destruktiewe gedrag; ons móét stop met ons blame-game en om ons verantwoordelikheid af te skuif op iemand anders of op God as God vir ons meer as genoeg gegee het om te deel, meer as genoeg gegee het sodat niemand honger hoef te gaan slaap nie; meer as genoeg gegee het sodat vrede elke konflik kan genees.

As ons onsself Christene noem en daarmee die lewe, leer, inhoud en betekenis van Jesus verstaan as ʼn oproep tot ‘a new humanity’ dan is hierdie pandemie ʼn Godgegewe opdrag om ons act together te kry!

Nou, meer as ooit, is dit ons geleentheid om anders te dink, anders op te tree, anders te reageer, om sodoende ʼn andernuwe, ervaring van die Werklikheid en Waarheid te hê. Ek los dit vir jou om te dink hoekom dit met hoofletters geskryf is.

En dis waarmee ek myself besig gaan hou in my verjaarsdagmaand. Hoop jy sal die reis saam my aanpak.

Soos altyd,
Met waardering
Terblanche

YouTube Video's: Ons YouTube-video's van Hoop en Bemoediging 
https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw/videos

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“We are very, very small,
but we are profoundly capable
of very, very big things.”

― Stephen Hawking 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Ons begin weer Sondag 12 Julie @ 10vm met ons Sirkel-Dienste.
Kontak Ronel (083 631 1468) vir meer inligting en om te bespreek.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights