If not me, WHO? If not now, WHEN? IV

“Attitude is a choice. Happiness is a choice. Optimism is a choice. Kindness is a choice. Giving is a choice. Respect is a choice. Whatever choice you make makes you. Choose wisely.”
― Roy T. Bennett —

Ons het ons jaar begin met twee vrae uit die Talmud, “If not me, WHO? If not now, WHEN?”

Dit verdien ʼn antwoord, en ons antwoord hierop sal ʼn invloed hê op elke aspek van ons lewe.

Ons het na ʼn paar temas gekyk wat ons help om die HOE te ontsluit: As ek nie verantwoordelikheid vat nie, wie gaan? As ek dit nie vandag doen nie, wanneer dan?

  1. BEREIDWILLIGHEID — “Wat WIL jy?” Word ons WIL gevoed met die ‘Vrugte van die Gees’ wat ons ken, erken, herken as liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing?
  2. BEKWAAMHEID — “Wat is GELEER? Hoe pas ons dit toe?” Ten spyte van al die informasie tot ons beskikking, is ons meer dom, blind en doof as voorheen. Om verantwoordelikheid te vat, behels die vermoë om te verstaan, en ervaring om te sit in wysheid.
  3. BARMHARTIGHEID — “Is jou hart oop, en ontvanklik?” Dit vra ʼn hartlikheid, ʼn omgee met erbarming (compassion) en menswaardigheid (dignity), liefdevolle-deernis (loving-kindness) en seëninge (blessings).
  4. BLYMOEDIGHEID — “Waar hengel ons ons uithouvermoë, en is ons dapper in ons keuses?” Dit is waarmee ons hierdie maand se gesprek afsluit.

Bly ons moedig in elke aksie en reaksie? Het ons die moed van ons oortuiging om te doen wat ons móét doen? Opgee en wegstap is maklik… om te bly en te sorg dat die vuur bly brand, vra karakter… dit vra integriteit.

Maar ons is só bang vir alles. Oor en oor hoor ons die ego fluister, “Jy gaan misluk, jy is ʼn teleurstelling, jy gaan dit nie maak nie, jy is nie goed genoeg nie!”

Om te wag dat iemand anders doen wat ek geroep is om te doen, is lafhartig. Maar, hoe sal ons weet wat ons roeping is as ons ons entoesiasme verloor het, en net begaan is oor wat dit my gaan kos?

Wat het intellektuele, emosionele, spirituele waarde as ons oor niks meer geesdriftig voel nie?

Blymoedigheid is om met dapperheid aan te hou, en om met vreugde ons entoesiasme en ywer vol te hou.

“Courage is the most important of all the virtues because without courage, you can't practice any other virtue consistently.”
― Maya Angelou

Bereidwilligheid is ʼn keuse. Om vir jouself te dink en bekwaamheid te kultiveer, is ʼn keuse. Vriendelikheid, tederheid, ontferming, barmhartigheid is ʼn keuse. Net so is blymoedigheid, geesdrif en ywer ʼn keuse.

Menigmaal het ons al geskryf oor die verskil tussen geluk (happiness) en vreugde (joy). ‘Geluk’ kom van buite, en ‘vreugde’ kom van binne. Geluk hang af van wat gebeur en wat ons ontvang. Vreugde hang nie af van omstandighede nie. Vreugde word gevind in ons gee en omgee — onthou ons weer, “Al sou die vyeboom nie bot nie...” (Habakuk 3:17-19)

Dieselfde met blymoedigheid — vir die meeste van ons is daar ʼn fokus op dit wat ons nie het nie, of ʼn vrees om te verloor wat ek het; ons waardeer wat ons ontvang maar vergeet die dankbaarheid vir dit wat ons kan gee.

Wat het hierdie VIER attributes in gemeen?

Al vier begin met: ja, ek KÁN.

Ons spandeer soveel energie om ʼn slegte gewoonte af te leer, wat daarvan ons spandeer dieselfde (en selfs meer) energie om ʼn goeie gewoonte aan te leer.

Wees optimisties. Soek die goed, beter, beste in elke situasie. Glimlag meer. Kom ʼn bietjie uit — mens kan nie oorleef in die bedompigheid van jou vrese en onsekerheid nie. Leef aandagtig en bewustelik — live life alive.

Omring jou met dapper (bereidwillig, bekwaam, barmhartig, blymoedige) mense. Neem verantwoordelikheid vir wat jy WIL en wat jy doen, en onthou die Heilige Drie-Eenheid van ʼn sinvolle en vervulde lewe: gratitude, thankfulness, and appreciation.

Haal diep asem, hoor jou hart klop, maak tyd vir stiltetyd sodat jy jou gedagtes en intensies kan fokus. Ruim op (declutter) wat nie waarde toevoeg of ʼn bydrae maak nie. Draai die volume van die nuus en sosiale media af want daar is hopeloos te veel negatiwiteit. Praat met mense! Hoor hul stem en kyk hul in die oë.

Herevalueer jou roeping (calling & vocation). Laat gaan aan spyt en selfverwyt, leer om te laat los (vergewe) wat jou gestremd hou. Kies liefde bo vrees. Ek herhaal, kies liefde bo vrees.

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.”
― C. JoyBell C.

Wees bly. Kweek meer moed. Wees blymoedig.

Dan sal vandag regtig, soos ʼn rêrig, ʼn mooi en goeie dag wees.

Soos altyd

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Excitement about things became a habit, a part of my personality, and the expectation that I should enjoy new experiences often engendered the enjoyment itself.”
―  Doris Kearns 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights