“Kindness is the language
which the deaf can hear
and the blind can see.”
― Mark Twain —
Ons eerste tema vir 2022 is twee vrae uit die Talmud (kommentaar oor die Torah): “If not me, WHO? If not now, WHEN?”
Die gesprek het begin met, BEREIDWILLIGHEID. Te veel word daar geskuil agter die verskoning van, “ek kan nie” — wat eintlik sê, “ek wil nie, en ek sal nie.”
Dit gaan oor verantwoordelikheid vat, en nie wag dat iemand anders ʼn vinger lig om te doen wat ek moet doen, en nie langer uitstel vir ʼn later wat nooit gaan kom nie.
Laas week het ons gesels oor, BEKWAAMHEID. Almal, en ek bedoel dit, ALMAL van ons het alles wat ons nodig het om ʼn verskil te maak; om ʼn bydrae te lewer; en die vermoë om kennis om te sit in verstaan, verstaan in ervaring, en ervaring in wysheid.
Om te sê, “ek kan nie…” hou gewoon nie meer water nie. Om aanspreeklikheid te aanvaar, is om te wil. Om bereid te wees om hulp te soek, en te leer sodat ek verstaan wat, waar, en hoe my talente en deugde, my gawes en ervaring ʼn verskil kan maak.
Ons het Sondag se gesprek afgesluit met ʼn aanhaling uit die wonderlike boek ‘Boy’s Life’ van Robert McCammon en het belowe om dit in vandag se webjoernaal met almal te deel:
“When I was twelve years old, the world was my magic lantern, and by its green spirit glow I saw the past, the present, and into the future. You probably did too; you just don’t recall it.
See, this is my opinion: we all start out knowing magic. We are born with whirlwinds, forest fires, and comets inside us. We are born able to sing to birds and read the clouds and see our destiny in grains of sand.
But then we get the magic educated right out of our souls. We get it churched out, spanked out, washed out, and combed out. We get put on the straight and narrow and told to be responsible. Told to act our age. Told to grow up, for God’s sake.
And you know why we were told that? Because the people doing the telling were afraid of our wildness and youth, and because the magic we knew made them ashamed and sad of what they’d allowed to wither in themselves.”
Hierdie week gaan oor BARMHARTIGHEID wat in Engels vertaal met: kindness, compassion, grace, and gentleness.
Ek is seker ons almal kan daarvan getuig hoe ʼn gebaar van vriendelikheid, hoe klein of gering ook al, iemand anders se lewe kan verander.
Barmhartigheid wag nie tot jy iets vir my doen nie — dit gee omdat EK wil ...
Barmhartigheid vra wie jy is en wat jy vir my kan gee nie — dit sê wie en wat EK is.
Dit is my beskeie mening dat NIKS ʼn dieper insig (waarheid) bring en ʼn groter uitsig (wysheid) gee, as barmhartigheid nie.
“Love and kindness are never wasted. They always make a difference. They bless the one who receives them, and they bless you, the giver.” — Barbara De Angelis
Wie is daar onder ons wat nie smag en verlang na ʼn gebaar van vriendelikheid, of ʼn stukkie ontferming wanneer storms my son versper nie? Is daar enige iemand van ons wie se hart so verhard is dat ons nie ‘kindness, compassion, grace, and gentleness’ wil, sal, kan gee nie?
As daar een ding is wat my werk my geleer het dan is dit die feit dat niks my so vul met liefde en hoop as om hartlikheid, meelewing, en medemenslikheid te verleen aan ander nie. Dat niks so self-helend en self-vervullend is as om iets van myself te gee nie — en om dit onvoorwaardelik sonder enige verwagtinge te doen.
In die eerste bladsye van die Bybel lees ek ook twee vrae:
Dit is die storie van die mens — oor en oor, keer op keer hoor ons God vra: “WAAR IS JY?” — weer en nog ʼn keer, “WAAR IS JOU BROER?”
Ons kruip weg, want ons is skaam (not shy but ashamed). Ons kruip weg want ons is nakend (not nude but exposed).
Ons is so ingekruip in ons ekkigheid en genoegens dat ons nie eers weet wie of waar my broer en suster is nie.
“If not me, WHO?
If not now, WHEN?”
Dít is die vraag!
Kom ons verken Sondag twee handevol maniere om barmhartigheid te gee, en te ontvang.
Want soos die Spaanse uitdrukking sê — “¡La gente amable es la mejor clase de gente!” — kind people are the best kind of people.
Met liefde en deernis.
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“You cannot do kindness too soon,
for you never know
how soon it will be too late.”
― Ralph Waldo Emerson ―