“Live as if you were to die tomorrow.
Learn as if you were to live forever.”
― Mahatma Gandhi —
Ons sit ons gesprek voort oor hierdie maand se tema: “If not me, WHO? If not now, WHEN?”
Wat beteken hierdie woorde van Rabbi Hillel in sy interpretasie van die Torah?
Ek en jy moet verantwoordelikheid neem vir ons aksies en reaksies en nie wag vir iemand anders om in te tree nie. Dit beteken dat ek die waarheid van myself, vir myself kan sê, en om die wêreld ʼn beter plek agter te los as wat ek dit gekry het.
Daarom het ons laas week begin met die begrip ‘bereidwilligheid’ wat vra: “WAT WIL JY?” Dit gaan oor ʼn wilsbesluit om betrokke te raak. Dit gaan oor vriendelikheid (kindness), sagmoedigheid en barmhartigheid (compassion).
‘A Course in Miracles’ leer: God can only do FOR you what God can do THROUGH you.
In hierdie enkele sin lê ʼn groot waarheid opgesluit. Wil jy liefde ervaar, wees lief. Wil jy vrede hê, maak vrede. Soek jy gemoedsrus, leer om te vergewe. Wil jy verstaan, wees bereid om te leer.
“The capacity to learn is a gift;
The ability to learn is a skill;
The willingness to learn is a choice.”
— Brian Herbert
Dit bring ons by ‘bekwaamheid’ — om te leer bring verstaan, verstaan gee insig (waarheid), en insig gee uitsig (wysheid). Insig bring altyd uitsig, en uitsig gee insig.
Doelbewus wil ek wegstuur van een of ander filosofiese oefening en wil regtig hê jy moet vandag se paar woorde verstaan en jou eie maak.
ALMAL het die bekwaamheid om te leer. Dit het weinig te make met Intellektuele Intelligensie (IQ), en het alles te doen met ons Emosionele Intelligensie (EQ).
Jy kan ʼn baie hoë IQ hê en steeds intensely stupid wees. Emosionele intelligensie (EQ) is die vermoë om goed in konteks te sien. Dit is om te verstaan dat alle emosies is net reaksies en dat ek ʼn keuse het hoe ek gaan reageer. Dit bring ʼn groter perspektief om anders te dink, anders te ervaar, anders te reageer.
EQ is iets waarmee ons elke dag besig is. Jy moet elke oomblik van die dag bewus wees daarvan en dit koester en kultiveer. Dit geld vir jou besigheidsbesluite, jou interpersoonlike verhoudings, en elke faset van jou lewe.
Wat ons bring by Spirituele Intelligensie (SQ).
Die Hebreeus en Griekse woorde in die Bybel vir ‘ken/weet’ verstaan hierdie aspek baie goed:
Ken Wilber definieer SQ soos volg — “Spiritual intelligence is an ability to access higher meanings, values, abiding purposes, and unconscious aspects of the self and to embed these meanings, values, and purposes in living richer, more creative, more meaningful lives.”
SQ vra: wat herken, erken, ken (verstaan) ek van my verhouding en verbintenis met God, die natuur, my medemens, en met myself?
Waarheid is altyd waar! Ons interpretasie en ervaring van hierdie waarheid is soepel en aanpasbaar. Ons sekerhede is so vlietend soos die wind. Waarvan ons vandag doodseker is, is môre net ʼn opinie.
“Let go of certainty. The opposite isn't uncertainty. It's openness, curiosity and a willingness to embrace paradox, rather than choose up sides. The ultimate challenge is to accept ourselves exactly as we are, but never stop trying to learn and grow.” — Tony Schwartz
Hoe gereeld vra jy jouself: besef ek my waarde; kan ek daarvan oorloop na ander; is ek ontvanklik dat ander waarde kan toevoeg tot my lewe?
Is ek bereid om te leer uit my konflik, wrewel, vrees, en emosies van onvoldoende en gebrek?
Wat is die prys van onkunde (ignorance)? Wanhoop, moedeloosheid, agterdog, selfgeregtigheid?
Om nie die omvang van ʼn mens se onkunde te besef nie is seker die beste definisie van ‘onnoselheid’ — en goeie genugtig, as Covid enige iets na die oppervlakte gebring het dan is dit die feit dat die meeste mense net eenvoudig nie die vermoë het om te onderskei tussen sin en onsin nie.
Daarom is dit belangrik om ons te omring met mense wat intellektuele, emosionele, én spirituele waarde toevoeg. Daar is gewoon nie genoeg dae en jare oor om in ʼn geut te leef nie. Die energie en krag ontbreek om voetpaadjies te probeer trap in dryfsand, of van ʼn loopgraaf ʼn leivoor te probeer maak.
Almal van ons dra enorme wysheid in ons. Gee jy hierdie wysheid lug en lig om te floreer?
If not me, WHO?
If not now, WHEN?
Meer as ooit moet ons onsself bring op die punt om te sê: ek wil weet wat motiveer my tot in die murg van my bestaan; ek wil weet waarvoor ek staan en wat my diepste oortuiging is en dit met ander deel sonder vrees vir veroordeling of verwerping; ek wil die groter prentjie sien en die verband verstaan; ek sal verantwoordelikheid vat om met nugterheid en deursettingsvermoë ʼn positiewe verskil te maak.
Die eerste stap om te verander, is die bereidwilligheid om te verander. Die bekwaamheid kom deur te verstaan waarom ek dink dis só moeilik… en onthou: wat ons nie verstaan nie sal ons altyd ontken
Gaan maak jou lysie vandag oor die goed wat jy graag sal wil verander en langs elkeen skryf jy HOE jy dit gaan doen — sonder om die woorde ‘nie, geen,’ of ‘moenie’ te gebruik.
As jy wil kan jy dit Sondag saambring en dan raak ons prakties.
Tot dan wens ek vir jou ʼn geseënde week
Met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.