“Being willing makes you able.”
― Rhonda Britten —
Hier is ons — ʼn nuwe jaar tegemoet met optimisme en ontvanklikheid om die beste te maak van 2022.
In die begin van elke jaar het ons allerlei voornemens. Ons wil meer van dit, en minder van dat. Ons wil anders dink, anders doen, anders reageer sodat ons nie verval in die same-old-same patroon wat pendel tussen skuldgevoel en vrees nie.
Ons almal dra swaar aan skuldgevoelens — die knaende stem in ons kop dat ons ʼn teleurstelling en mislukking is, en emosies van selfverwyt dat ons nie goed genoeg is nie. Dis maklik om terug te kyk en te sien waar ons goed anders kon gedoen het… die vraag is of ons in ʼn gegewe situasie die regte/beter besluit kan neem en die ‘gawe van onderskeid’ kan ontwikkel om die verskil te ken.
Ons almal gaan gebuk onder emosies van vrees — die onsekerheid oor die toekoms van ons land, die mense vir wie ons lief is, hoe lank hierdie pandemie nog gaan duur, en of ons kitty dit gaan hou om al ons verpligtinge na te kom. Ons vrese manifesteer in emosies van twyfel, agterdog, woede, afguns, en om als en almal te wil beheer.
LAAT LOS! Ons kan nie dié jaar ingaan en krampagtig vasklou aan goed wat ons laas jaar anders kon gedoen het nie. Ons kan vandag bewus wees van die keuses wat ons het, en moedig met nugterheid na elke situasie kyk. Ons kán vir onsself dink, ons kán vir hulp en raad vra, ons kán anders reageer.
Daarom gaan ons hierdie maand stilstaan by die twee vrae wat die Talmud vra —
“If not me, then who?
If not now, when?”
Dit gaan oor bereidwilligheid. Dit gaan oor bedagsaam, dit gaan oor behulpsaam en ondersteunend, dit gaan oor versorging, dit gaan oor betrokkenheid, dit gaan oor diensbaarheid.
Dit is ʼn nuwejaarsvoorneme wat ʼn daadwerklike verskil gaan maak.
Hoor ek weer my pa se sterwenswoorde, “Wees altyd bereidwillig. Maak elke dag merkwaardig!”
Sê vir jouself — hierdie jaar gaan ek tegemoetkomend wees, inskiklik, vriendelik, en gretig om te help.
Trek weer ʼn sirkel om jou en sê vir jouself: in hierdie sirkel gaan ek myself met liefde, aanvaarding, respek, deernis, menswaardigheid behandel… en elkeen wat in my sirkel stap, gaan ek met liefde, aanvaarding, respek, deernis, en menswaardig behandel — en vra om dieselfde behandel te word.
ÉK gaan verantwoordelikheid vat. Ek gaan nie sit en wag dat iemand my eers met liefde behandel voor ek dit aan myself en ander doen nie. Ek gaan nie kyk wie my met konsiderasie en empatie behandel voor ek dit vir ander gee nie. Ek gaan nie langer uitstel nie. Ek gaan nie wag om eers te kyk of iemand anders ʼn vinger lig nie.
Die gevaarlikste woord is: uitstel — en ek gaan nie langer ʼn slaaf of gevangene daarvan wees nie.
“If not me, then who?
If not now, when?”
English has a few words for willingness that’s worth remembering — helpful, kindness, neighbourly, generous, gracious, caring, devoted, accommodating, considerate, and benevolent.
“The word is 'willing.' It's an attitude and spirit of cooperation that should permeate our conversations. It's like a palm tree by the ocean that endures the greatest winds because it knows how to gracefully bend. ” ― Stephen Kendrick
As jy vir ander kyk om dit eerste te doen, gaan niks gebeur nie. As omstandighede eers moet verander voor ek verander, gaan niks ooit verander nie.
WAT WIL JY? — dit is ʼn belangrike vraag.
Baie mense het ‘wense’ maar min kan vir jou sê wat hulle ‘wil’ en die twee is glad nie dieselfde nie. Baie het ‘belangstellings’ sonder om ‘passievol’ iets aan te pak en dit deur te sien.
In ons spiritualiteit — my ervaring en uitlewing van ʼn verhouding met God — is bereidwilligheid ʼn gawe wat lankal verleer en vergeet is. Daarom het ons meer oortuigings (believes) as geloof (faith), meer reparasie (reparation) as restourasie (restoration), meer verwagting (expectation) as toewyding (devotion).
Soos al dikwels gesê, is die vraag nie: wat is die WIL van God nie? Die vraag moet wees: waarom doen ek nie wat ek sê nie?
In ons bereidwilligheid lê ʼn diep insig (waarheid). Daarin lê ʼn groot uitsig (wysheid). Dit bring betroubaarheid, dit gee integriteit. Dit is ʼn fondasie van sekerheid en standvastigheid.
“Believe in your potential. Believe in your capabilities. Keep focusing on what you can do, and not on what you can't. Constantly work to empower yourself. Trust in your goodness and in love. Know your intentions and hold on to those intentions no matter the outcome. No one can take your power away from you without your permission. Reclaim you power. Empower yourself. You are capable. Focus on the steps and the doing and you will soon find yourself doing and experiencing things you never imagined you could be. One brave step at a time. Perseverance, diligent, and consistent effort are incredibly powerful.” ― Akiroq Brost
Laat ons voetspore voetpaadjies maak om dié jaar sinvol te leef.
Mag dit ʼn geseënde 2022 wees!
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“You crown the year
with Your goodness;
and Your paths
drip with abundance.”
― Psalm 65:11 ―