... en toe word ons stad en ons land stil,
toe ek vanoggend op my stoep in Tamboerskloof staan, kon ek sweer ek hoor 'n hond in Vredehoek blaf.
Kom ons beskou die volgende 21 dae as 'n tyd van konneksie — eerstens met onsself deur tyd te maak sodat kop, lyf, en siel weer by mekaar uitkom; tweedens met ons familie en vriende deur belangstellend kontak te maak en te hou met almal, veral hulle wat alleen is in hierdie tyd; en derdens ook 'n sinvolle konneksie met God deur (weer) tyd te maak vir Stiltetyd. Kom ons sien hierdie tyd van afsondering as 'n geleentheid om te groei, 'n tyd om die sin van onsin te skei, 'n tyd om onsself te vra wat is regtig belangrik in die lewe.
In die afwesigheid van al ons byeenkomste het ons besluit om kontak te hou met ons Neo-Spektrum sirkel via YouTube-boodskappe van hoop en bemoediging. My eerste video is hier:
Gee dit 'n duime-op, en deel dit met vriende en familie!
Ons nuutste Sirkelflitse is ook beskikbaar met sommer baie nuus oor wat in en om Neo-Spektrum plaasvind. Gaan lees gerus hier: https://neospektrum.co.za/sirkelflitse
Baie mense is ontsteld en gespanne oor die weermag se teenwoordigheid in ons strate. Ons Staatspresident het 'n roerende mooi boodskap gelewer aan ons manne en vroue in uniform, wat gerusstellend is en gemoedsrus bring. Hier is 'n opsomming van wat hy gesê het:
Ons wil jou ook herinner dat jy vir ons 'n bydrae kan maak in hierdie tyd wat alle byeenkomste opgeskort is. Jy kan dit doen per EFT in die volgende rekening, of onderaan dié webblad is ons SnapScan sticker as jy dit op so 'n manier wil doen.
ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4083481065
Vir elke bydrae sê ons BAIE DANKIE.
Indien jy nie self by winkels kan uitkom vir kos of medisyne nie, kontak ons asseblief want ons het mense wat dit by jou kan besorg. Moenie huiwer om op ons knoppie te druk nie.
Wees veilig en bly gesond! Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Met liefde en waardering