Herfs — Tyd om te laat gaan IV

19 Mei 2021

“Nothing real can be threatened.
Nothing unreal exists.
Herein lies the peace of God.”
― A Course in Miracles —

In hierdie openingswoorde van A Course in Miracles lê ʼn enorme waarheid opgesluit, naamlik: waarheid is altyd waar en geen leuen, illusie, of onsin kan dit ooit onwaar maak nie. As iets NIE waar is nie, is dit net ʼn kluitjie tussen die ore. Om te kan onderskei tussen werklikheid en sinsbedrog, hierin lê die vrede van God.

Ons tema vir die maand is: HERFS: tyd om te laat gaan — en het reeds gesels oor twee hande vol ‘blare’ wat ons lewensboom moet laat gaan.

  1. Laat gaan aan veroordeling (... our judgementalness)
  2. Laat gaan om alles so persoonlik te vat (... to be something you are not)
  3. Laat gaan aan spyt en selfverwyt (... our guilt and regrets)
  4. Laat gaan aan vrees (... 'cause fear is the absence of love)
  5. Laat gaan aan ʼn wit-en-swart mentaliteit (... the need to be perfect)
  6. Laat gaan aan obsessies om als te wil beheer (... do you want to be happy or do you want to be right?)
  7. Laat gaan aan verwronge verwagtinge (... unhealthy needs and expectations)
  8. Laat gaan aan ‘the disease to please’ (… what other people think)
  9. Laat gaan aan onhigiëniese verhoudings (... toxic relationships)
  10. Laat gaan aan die idee van gebrek (... the illusion of 'not enough')

Ja, dit vra moed om te laat gaan, maar meer as dapperheid vra dit VERSTAAN. As ons verstaan, kan mens anders daaroor dink en as ons anders daaroor dink, kan ons anders daarop reageer en wanneer ons anders daarop reageer, word dit moontlik om te laat gaan aan dit wat nie werk nie.

Die sleutel — kom ons noem dit ‘die wind’ — wat hierdie blare laat gaan, is VERGIFFENIS.

Hoor hoe mooi verwoord Chuck Spezzano dit in sy boek: If It Hurts, It Isn’t Love —

“The beauty of forgiveness is that it releases us from patterns where we are caught. It releases us from being a victim and being caught in situations we do not like. Forgiveness changes our perception. When we see situations differently, things actually are different for us. Basically, all healing has to do with changing our perception and seeing things in a new light. Forgiveness allows us to live in a way that raises us above the situation, thus, the situation changes.”

Forgiveness means letting go of the past —

Laat ek dit net wéér sê, vergiffenis het niks te doen met wat jy aan my gedoen het nie en het alles te doen met die manier hoe ek DINK oor die goed wat jy aan my gedoen het.

Om te sê dat ek myself moet vergewe, is om die gedagtes van spyt en verwyt, mislukking en teleurstelling, wrewel en woede te LAAT GAAN (i.e. vergewe).

As ons bly vasklou aan hierdie negatiewe emosies, en onthou alle emosies is net reaksies op iets wat gebeur het, dan bring dit emosionele pyn.

“You can only lose what you cling to.” — sê die Zen-spreuk. As ons krampagtig vasklou aan iets of iemand is dit net ʼn kwessie van tyd voor iets breek.

Wat gaan gebeur as ʼn boom sou besluit om nie sy mooi herfsblare te laat gaan nie? Sou daar plek wees vir enige iets nuut as die Lente kom, en wat gaan van so boom word as sy dooie blare nie die kompos word wat hom juis aan die lewe hou nie?

Bhagwan Shri Rajneesh (a.k.a. Osho) skryf in sy wonderlike boek: The Mustard Seed —

“Suffering is not holding you. You are holding suffering. When you become good at the art of letting sufferings go, then you’ll come to realize how unnecessary it was for you to drag those burdens around with you. You’ll see that no one else other than you was responsible.”

Hoeveel keer praat Jesus oor ‘vergiffenis’ …? Hoeveel keer is dit sy opdrag aan sy dissipels en volgelinge? In Matteus 18:22 sê hy vir Petrus dat ons “70 x 7” keer moet vergewe. SEWENTIG = 7x10 — die mistieke betekenis van SEWE is ‘totaliteit’ en die mistieke betekenis van TIEN is wholeness / completeness”.

Vergiffenis is ʼn keuse. Dit is om ʼn sekere situasie, persoon, of gebeure vry te laat. Meer nog, vergiffenis is iets wat ons toelaat om deur ons te gebeur.

Chuck Spezzano sê — “It is a choice that allows the grace to move through us to transform the situation.”

Vat ʼn stuk papier vandag en skryf VYF goed neer wat jy van jouself hou, en VYF goed wat jy graag sal wil verander (laat gaan). As dit meer as vyf is, is dit ook goed. Kyk en dink vir ʼn oomblik oor dit wat jy neergeskryf het. Probeer verstaan, regtig verstaan, wat dit is wat jy woorde gegee het.

Draai die bladsy om en skryf dan agter elkeen van die goed waarvan jy hou wat jy gaan doen om dit te kultiveer en daarin te floreer.

Agter dit waarvan jy nie hou nie en graag sal wil laat gaan, skryf jy HOE jy dit gaan verander — sonder om die woorde ‘nie, geen, of moenie’ te gebruik.

Doen hierdie oefening ten minste elke 100 dae (3 maande) sodat jy kan sien hoe goed geskuif het en of daar werklik verandering is.

ONTHOU — ons kan net gee wat ons het. As jy woede en bitterheid het, is dit wat jy gaan gee. As dit liefde en vergiffenis is, sal jy dít gee.

Ten slotte: vervang, ‘dit is moeilik’ met ‘dit is moontlik’ en kyk wat gebeur.

Seënwense vir die week.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Discover yourself,
otherwise you have to depend
on other people's opinions
who don't know themselves.

― Osho 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights