Herfs — Tyd om te laat gaan III

12 Mei 2021

“Forget what hurt you
but never forget
what it taught you.”
― Shannon L. Alder —

Hierdie maand se gesprek gaan oor HERFS en die les wat hierdie seisoen bring naamlik — om te laat gaan.

Ons het Sondag afgesluit met dié aanhaling van Akiroq Brost …

“Stop questioning everything. Stop second-guessing yourself. Be firm in your intentions. Be firm in your decisions. If it doesn't work out, return to your intention. Do not introduce judgment. Do not engage in negative self-dialogue. Consistently do your best, with what you know, with what you have, with who you are. Even if you understand things differently tomorrow, it does not matter. You can only ever do your best in the moment. Celebrate yourself for doing your best. We are all growing and learning. We are all fallible. We all make mistakes. Your mistakes do not define you. You are not your mistakes. I repeat: You are not your mistakes. Let go. Stay with the present moment.”

HERFS is die seisoen om te snoei aan die goed wat nie werk nie sodat die winterreëns kans sal kry om dit wat geskroei is weer lowergroen te laat uitloop.

Ons het afgeskop met twee hande vol goed wat ons moet LAAT GAAN:

Our judgementalness — let it go! ons spyt en selfverwyt, ons wit en swart mentaliteit, om alles te wil beheer — let it go! ons obsessies, ons projeksies en persepsies, 'the disease to please' — let it go! onhigiëniese verhoudinge, en die illusie van gebrek — let it go!

HERFS weet iets moet verander en as ek vasskop of eers ʼn tantrum wil gooi, gaan dit wat ek nie wil verander nie MÝ verander en glo my, ons gaan nie baie daarvan hou as Moeder Natuur dit vir ons doen nie.

Ons sukkel met verandering want ons is bang om te laat gaan. Ons dink oorgee is opgee, en as ek moet laat gaan, gaan ek van voor af moet begin. Die hele idee om ‘van vooraf te begin’ is ook ʼn illusie want niemand kan ‘van voor begin’ nie. Wat wel gebeur is dat ons leer om anders te dink en anders te reageer. Ons dóén goed anders.

Helaas is dit waar vir die meeste van ons dat ons eerder sal voortfoeter alvorens ons iets gaan verander. We would rather play the victim than being victorious.

Op iemand se Facebook lees ek: If you don’t heal what hurt you, you’ll bleed on people who didn’t cut you.

Wanneer ons seerkry, bou ons ʼn muur om ons om onsself te beskerm teen emosionele pyn in die toekoms. So word ons vreesagtige verlede ʼn vreesaanjaende toekoms. Gister en môre geweef in vrees. Wat ʼn verdrietige situasie as my vrees van gister en vrees oor môre maak dat ek vandag mis. Hoe droewig as vandag spandeer word om gister aan môre te knoop.

“The more you talk about it, rehash it, rethink it, cross analyse it, debate it, respond to it, get paranoid about it, compete with it, complain about it, immortalize it, cry over it, kick it, defame it, stalk it, gossip about it, put it down or dissect its motives, it continues to rot in your brain. It is dead. It is over. It is gone. It is done. It is time to bury it because it is smelling up your life and no one wants to be near your rotted corpse of memories and decaying attitude. Be the funeral director of your life and bury that thing!” ― Shannon L. Alder

Daarom is HERFS ʼn tyd om tot rus te kom. Ná die uitbundige oormatigheid van Somer is daar ʼn seisoen van Herfs. Die jaargety van kalmte en rustigheid.

Tussen al die artikels en YouTube video's oor die onderwerp kom ek af op — SEVEN TYPES OF REST.

  1. Physical: The rest that relieves your body of muscle aches and tension and helps us to improve and get more sleep — siestas, deep breaths, relaxation.
  2. Mental: When you quiet your mind and focus on what’s really important — music, meditation, silence, solitude.
  3. Emotional: The ability to express your deepest feelings and be your genuine self — offloading emotional baggage, talking to a good listener, counselling, therapy.
  4. Sensory: Gives you a respite from background noise, including negative self-talk and digital devices — turn off social media, find the quiet, less noise and more poise.
  5. Social: You spend time on relationships you cherish and with people who adds value to your life — catching up with an old friend or family, taking a break from social responsibilities, quality time of sharing and caring.
  6. Creative: The type that inspires and motivates you — reading a book, taking a walk in nature or on the beach, stimulate curiosity and creativity.
  7. Spiritual: You feel that you are part of something bigger, as well as a sense of belonging and fitting in — doing things that give you sense of purpose and meaning.

Om tot rus te kom, gee vir ons die tyd en spasie om weer te besin oor wat nodig is om te verander en om te besef dat goed gaan net verander as ons verstaan wat aan die hand is, en verstaan waarom ou patrone bly herhaal.

Dit is nie net ʼn kognitiewe verstaan nie maar ten diepte ʼn spirituele verstaan. Daarom lê my ‘tot rus kom’ ook in my verhouding met God. My ‘laat gaan’ is ʼn diep vertroue in God.

HERFS is waar Somer en Winter, Ewigheid en Tydelikheid, Hemel en Aarde aan mekaar raak.

Moenie dat dit ongesiens verbygaan nie.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Eternal life doesn't start
when we die; it starts now.
It's not about a life that begins
at death; it's about experiencing
the kind of life now that can
endure and survive even death.”

― Rob Bell 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights