God Moves in Mysterious Ways III

19 AUGUSTUS 2018

Met laas week se langnaweek en ʼn koue Sondag was daar min mense in ons Sirkel gewees en dan, na die tyd, kom die versoeke wat vra vir ʼn afskrif van my ‘preek’ ... Vir die wat gereeld Sondae daar is, sal weet dat ek net die Liturgie blaadjie in my hande het. Die dae van elke woord uittik is lankal verby want as dit nie van die hart kom nie, is daar gewoon niks te sê nie. Daarom het ek besluit om eerskomende Sondag dit dan DEEL II te maak oor die vraag of alles vooraf besluit is deur God; wat is my aandeel in my reis en bestemming; waar raak mý wil en God se wil die grond en is daar beweegruimte vir vrye keuses, of is dít ook reeds lankal vir my besluit?

Ons het Sondag afgesluit met die stelling — DESTINY IS A CHOICE! Daar is ʼn mate van oppervlakkigheid en onkunde om te glo in toeval(ligheid) of noodlot. Wat ons sien as ʼn sameloop van omstandighede of per ongeluk is niks anders as die ewigdurende siklus van oorsaak-en-gevolg nie. Die ganse skepping (danksy Newton se verstaan daarvan) werk op die aksie-en-reaksie beginsel. ʼn Brug stort na benede en 35 mense sterf. Daar is nie een of ander religieuse rede voor nie. Ons reaksie daarop, het wel ʼn spirituele 'les' te leer.

Die spirituele psigoterapie leer vir ons dat as ons die gevolg van iets verander, dan moet die oorsaak ook verander. Eenvoudig gestel: iemand maak jou seer (oorsaak) en jy besluit om te vergewe (gevolg), dan verander die seer (oorsaak) ÓF, iemand maak jou seer (aksie) en jy sweer wraak (reaksie), daardie persoon beantwoord dit met woede (aksie) en jy verloor jou waardigheid (reaksie). Die enigste manier om dié siklus te breek (verander) is om ʼn ander reaksie te hê. Die vraag is dan: is wat gebeur (oorsaak) die WIL van God, en is my reaksie (gevolg) ook die WIL van God? Of is MY WIL en die VOORSIENIGHEID van God een en dieselfde ding?

As ʼn student het ek eenmaal vir ʼn dosent gevra, “Is ALLES wat gebeur die wil van God?” Waarop hy geantwoord het, “Jy weet dit is Mnr Jordaan!” Na so paar oomblikke vra ek toe weer, “Ook my sonde professor?” Ek wag nou nog vir die antwoord.

Aan die eenkant sit ons met die predestinasie leer (dat alles vooraf besluit is) en aan die anderkant staan ons met vrye wil, vrye keuse, en selfbeskikking en tussen die twee lê wat ons beskryf as toeval, kans, lot, per ongeluk, sameloop van omstandighede, of net pure geluk.

Kom ons dink vir ʼn oomblik, en kan dit Sondag in meer detail verken, oor wat beteken dit as ons dié 15 woorde gebruik: accidental, providence, chance, fluke, luck, blessed, circumstance, serendipity, destiny, coincidence, fortunate, fate, destiny, karma, catch a break … en hoe weeg dit teen Deo Volente (God willing) en in hoe ʼn mate is ons aktief betrokke in die wentelbaan van oorsaak-en-gevolg versus aksies-en-reaksies?

Ons het al baie keer gepraat oor intensies en die krag van ons gedagtes. Hoe ons ‘dink’ oor goed gaan bepaal hoe ons dit ervaar. Die kwantumfisika leer ons dat alles is ʼn sameloop van ‘eindelose moontlikhede en potensiaal’ terwyl die dekonstruksie van die post-modernisme vir ons wys dat die lewe nie ʼn dualisme is nie. Ons reaksie daarop is ʼn paradoks. Ons bou die heinings tussen wat ons dink is reg en verkeerd, goed en sleg, in en uit ... en raak skitterend kwaad as iemand met ons mure en grensdrade torring. Maar is die lewe so eenvoudig soos my skoen wat vir almal moet pas?

Terug na — GOD MOVES IN MYSTERIOUS WAYS ... in die woorde van Spreuke 16:9 kan ons dit as volg opsom: “die hart van die mens beplan sy roete, maar God bepaal sy tree ...”Overgesetsynde — die mens beplan waarheen hy op pad is, God sal hom wys hoe! Dis nou te sê as jy hoegenaamd ingestel is of belangstel stel om God te vra en te luister. Wat ons, en al die diere en plante ingemeen het, is die feit dat ons geboorte en sterwe ʼn baie definitiewe oorsaak-en-gevolg het. Die ganse wetenskap werk op hierdie beginsel van determinisme. Daar is ʼn planmatigheid (wetmatigheid) in alles. Die Energie wat dit stuur noem ek vrymoedig, GOD. Hoe ons hierop reageer, lê geheel en al in ons skoot. Jy ontvang jou hand met kaarte en jy besluit hoe jy dit gaan speel. Ons almal (elke vorm van lewe, selfs ons planeet) dans die dans van hierdie misterieuse melodie. “Life calls the tune, we dance” — John Galsworthy of soos Max Ehrmann dit mooi verwoord in Desiderata, “Whether or not it is clear to you, no doubt the universe is unfolding as it should.”

“DAAROM!” is die antwoord op elke “WAAROM?” As ons die oorsaak verstaan van alles wat ons ervaar as emosionele pyn, het ons ʼn keuse om anders daarop te reageer. Die wysheid (insig) om te kan onderskei, is ʼn spirituele gawe. Waar ons sensitief bewus raak van God se teenwoordigheid, raak ons stil en luister ... maak ons ons oë toe sodat ons kan sien ... en dan staan ons op (choice), en gaan doen wat ons moet doen (commitment).

Elkeen van ons weet wat dit is om te verdwaal en om op ʼn plek te staan (hetsy met siekte, finansiële druk, egskeiding) met geen idee WAT om te dink of doen of te besluit nie. Almal van ons ken die donker nagte van die siel waar ʼn mens soek na antwoorde op lewensbelangrike vrae — die toekoms van ons kinders; ʼn besorgdheid oor ons ouers; die liefde van ʼn beminde wat opgedroog het; die mallemeule van verneuk, verneder, verwerp.

Gee God kans om te beweeg in al ons stukkies stukkend. Let God surprise you when our reactions drown every action and the effects overshadow every cause. Skoffel jou bedding, maak die leivore oop, trek die onkruid uit, plant die saad van jou gunsteling blomme ... en gee die hemelse reën en vrugbare grond kans om te doen wat dit doen. Die ganse heelal (i.e. God) werk saam om vir ons boodskappe te stuur, Divine Appointments wat nie ‘toeval’ of ‘geluk’ is nie maar God se manier is om te sê, “STOP! KYK! ERVAAR iets meer, iets dieper, iets groter as wat jy ooit verwag het!”

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“What you seek is seeking you."

― Rumi ―

A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 16 Augustus @ 19h30 --
— Stad: 20 Augustus @ 19h30 --

Lessons 121-125
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights