Gesprekke met God III

24 Junie 2018

LITURGIE: 24_junie_2018

Ons jaag en word opgejaag ... van bakboord na stuurpoort, van een busyness na die ander. Nog ʼn afspraak, nog ʼn vergadering, nog ʼn ‘iets’ om te móét-doen en ʼn ‘êrens’ om te móét-wees; nog ʼn ‘iemand’ wat my moet laat beter voel dat al die gejaag wel ʼn doel het. Hoe besiger my dag, word geglo, hoe groter die bewys dat my lewe ʼn sukses is. As ek 12 goed gelyk kan doen en op 20 plekke gelyk kan wees, kan ek myself op die skouer klop. Vir lank was dit my lewensfilosofie dat ek die dag as ek sterf opgebruik wil wees. Kapot. Daar moet nie ʼn druppel energie oor wees nie. Busy, busy in my busyness business. [Sug] Siestog!

“My worthiness is NOT in my busyness!” sê Nadia Bolz-Weber en dié sewe woorde ruk my tot stilstand. Ons rede (en verskoning) is altyd “TYD!” Ons het nie genoeg ‘tyd’ nie ... “places to go, people to see” oortuig ons onsself. Nog ʼn dag, nog ʼn week, nog ʼn maand gaan verby tussen tien-oor-twee en half-drie want ons glo tyd is 'n prioriteit. In plaas van om te sê, “Ek het nie tyd nie.” verander dit na “Dit is nie ʼn prioriteit nie.” In plaas van sê, “Ek het nie tyd om dokter toe te gaan nie,” verander dit na “My gesondheid is nie ʼn prioriteit nie.” In plaas van, “Ek het nie tyd vir myself nie,” verander dit na “My well-being is nie ʼn prioriteit nie.” In plaas van sê, “Ek het nie tyd vir stiltetyd nie,” verander dit na “God is nie ʼn prioriteit in my lewe nie.”

Een van die grootste, miskien seerste ontdekkings wat ek in my lewe gemaak het, is die feit dat ek gedink het ek het ‘iets’ nodig om gelukkig te wees. Ek het gedink ek moet ‘êrens’ wees om vervul te voel. Ek het gedink ‘iemand’ anders moet vir my lief wees voor ek geliefd voel.

“Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”(Lukas 12:20)

Al die gejaag, al die geruk-en-pluk, al die spoeg en sweet om ‘iets-êrens-by-iemand’ te kry wat eintlik nog altyd in die spens van my hart vir my gebêre was. Hoeveel keer in my lewe getrek opsoek na ʼn plek wat tuis voel; hoeveel keer van werk verander en geglo dit sal help om my verpligtinge na te kom; hoeveel keer in ʼn verhouding opsoek na liefde en aanvaarding. Tot die pennie gedrop het — waar ek ook al is, is waar ek tuis is; waarmee ek ook al besig is, is my verantwoordelikheid; wie ook al die pad saamstap, drink van die liefde waarvan ek oorloop.

Wat ons terugbring by ons gesprek dié maand oor GESPREKKE MET GOD. Ons het reeds gesels oor GOD SE STEM IS ‘N FLUISTERING, en toe GOD SE STEM IS ‘N VERLIGTING, en eerskomende Sondag sluit ons die maand af met GOD SE STEM IS ‘N ONTHOU.

Daar is ʼn Franse woord, ‘sillage’ wat beteken om ʼn sekere indruk te ‘onthou’ — die parfuum van ʼn vrou in 'n hysbak; die linne van ʼn hotel tien jaar gelede; die lied wat in die winkel gespeel het toe jy ʼn geskenk gekoop het; ʼn dogtertjie in ʼn Katolieke kerkie in Amsterdam wat haar ma vra hoe jy jouself kruis en die ma wat haar handjie vat en verduidelik. Sillage! To be awake. To remember.

Ons het vergeet wie ons is want ons is opgelos (soos Disprin) in iets, êrens, iemand anders. Ons het vergeet waar ons vandaan kom en wat ons gebring het tot hier. Ons vergeet om te luister na die fluistering van God as ons vir almal om ons raad vra omdat ons nie vir ʼn minuut kan stil word nie. Ons het vergeet van padkos, van stilhou, van bene rek, van kyk en sien, van luister en hoor, van ervaar en voel, van uitsig en insig. Ons het vergeet om te onthou wat ons enigste doel op Aarde is: to explore and co-create a world of meaningfulness and to contribute to the wholeness of our planet!

Suzy Kassem skryf in haar boek ‘Rise Up and Salute the Sun’ die volgende, “I have been finding treasures in places I did not want to search. I have been hearing wisdom from tongues I did not want to listen. I have been finding beauty where I did not want to look. And I have learned so much from journeys I did not want to take. Forgive me, O Gracious One; for I have been closing my ears and eyes for too long. I have learned that miracles are only called miracles because they are often witnessed by only those who can see through all of life's illusions."  [LEES DIT WEER!]

Ons is in ʼn tyd wat ek noem: A Civil Rights Movement of the Soul — wat beteken, om te ONTHOU wie ons is as individu maar nog meer belangrik, wie ons is as ʼn spesie. Om te ONTHOU wat ons blue-print is en ons dogmatiese fiksasies oor wie is in en wie is uit, wat is reg en wat is verkeerd te laat staan want 2000 jaar later is daar meer verdeeldheid, vrees, verwydering, veroordeling in ons godsdienste as ooit vantevore. Dit is NIE ʼn verwerping van die waarhede waarmee ons grootgeword het nie maar ʼn uitbreiding daarvan. Dit gaan nie oor wie is ‘verkeerd’ nie maar oor die moontlikheid om ons verstaan van God te verbreed. Moenie wag vir tyd nie, máák tyd om met jou Self te wees en te onthou wie jy is, in die mooiste en beste weergawe van jouself.

Kom sluit Sondag by ons aan vir ʼn gesprek oor ONTHOU — “my worthiness is NOT my busyness” — in the meaning and application of our collective remembering. 
Wie weet, miskien onthou ons selfs waar ons die motorsleutels gesit het.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Remember your connection with the Cosmos.
Remember your connection with the Infinity
and that remembrance will give you freedom.”

―  Amit Ray, ‘Enlightenment Step by Step’ ―

ACIM — Stad 2 Julie (19h30)  — en Kolping 31 Mei (19h30)
— Lessons 60-64 --

[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]

 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights