“It's funny how ‘a part’ and ‘apart’ are complete opposites, yet only differ by a little space.”
― Wade Rouse —Daar is tans 3 BILJOEN mense op ons planeet wat Facebook gebruik, en 30 MILJOEN daarvan is in Suid-Afrika.
Sean Parker, medestigter en eerste president van Facebook, het ʼn paar jaar terug in ʼn onderhoud erken, “The thought process was: How do we consume as much of your time and conscious attention as possible?” — in other words: Facebook was founded not to connect us, but to distract us.
Elke keer as daar ʼn dopamienvonk deur jou brein gaan as jy ʼn thumbs-up of hartjie onder jou plasing sien, is daar ʼn glimlag op Facebook (shareholders) se gesig. Maak geen fout nie, alhoewel Facebook ons ook in kontak bring met vriende en familie en met groot sukses gebruik word vir bemarking en promosies, is daar ook ʼn donker en sinister kant.
Almal wat jou volg, word ‘FRIENDS’ genoem — maar beteken dit: vertroueling en steunpilaar? Die illusie van duisende ‘vriende’ op Facebook of derduisende volgelinge op Instagram skep die valse gerustheid dat jy nie alleen is nie en dat soveel mense omgee wat jy doen. Niks kan verder van die waarheid wees nie.
Verder maak die simbiose tussen Facebook (wat ook Instagram besit) en Google dat elke beweging wat ons maak, gevolg word. As jy op Google soek na ʼn restaurant, word jy môre gebombardeer met advertensies oor kos, wyn, en uithangplekke.
Dieselfde op YouTube of Instagram. Kyk jy na ʼn video of foto van jou gunstelingplek oorsee, word jy oorval met advertensies oor bestemmings en vakansies waarvoor jy nie eers gevra het nie, want dis met advertensies dat hul geld maak… BAIE GELD… om presies te wees: Facebook het net in 2021 alleen $118 biljoen (R2 triljoen) gemaak.
Hoe is dit moontlik dat in ʼn wêreld waar die Internet alles met als verbind ons onsself so alleen en vereensaam voel?
“We are disconnected from the Earth herself, separated from the delicate web she has woven, divided from each other by arbitrary encumbrances, detached from the very meaning of our existence, and disassociated from the awe and mystery of the world and the universe. Our daily lives are filled with more events than our elaborate diaries can contain, we live by the litany “oh, if there were only more hours in the day,” and we bemoan our lot in life.” — Jackie Alan Giuliano
Die vyf woorde wat ek hoor, is: disconnected, separated, divided, detached, and disassociated.
Dit is nêrens duideliker sigbaar as wanneer iemand deur ʼn krisis gaan nie — jy of iemand na aan jou word siek; in konflik met iemand; jy verloor jou werk; moet verhuis; of gaan deur ʼn egskeiding — dan kom die diep, oorweldigende behoefte tot verbinding na vore.
Wanneer ons magteloos voel en die onsekerheid net te veel is, is dit ook die tyd waar die behoefte vir verbintenis die sterkste is. Dis juis dan wanneer ons gesien en gehoor, aangeraak en vasgehou wil word.
As alles om ons wegval, het ons ʼn behoefte aan nabyheid, velkontak, en saamwees om met vrymoedigheid ons hart te wys sonder vrees vir veroordeling en verwerping.
Trouens, dit is hoe ons aanmekaar geweef is. Dis in ons biologie. Van geboorte af het ons verbinding met ander nodig om emosioneel, fisies, geestelik, en intellektueel te floreer.
In ons land is daar ʼn uitdrukking: “Umuntu ngumuntu ngabantu” (mens word mens deur ander mense) ons ken dit as Ubuntu wat die beste vertaal kan word met: ek is wat ek is deur wie ons almal is.
Hoe dikwels hoor ek mense sê, “Ek het niemand nodig nie…” asof dit een of ander prestasie, of bewys van sukses is.
Hoor my as ek sê: ons het ALMAL mekaar nodig. Die mens is nie ʼn eiland nie.
“It is an absolute human certainty that no one can know his own beauty or perceive a sense of his own worth until it has been reflected back to him in the mirror of another loving, caring human being.” ― John Joseph Powell
Nou is die vraag: Waarom is ons so vermoeid, só moeg? Waarom het ons almal ʼn diagnose? Waarom die sinnelose gejaag na meer en méér wat nie die honger na betekenisvolle konneksie of die dors na ʼn deurleefde verbinding versadig nie?
“Our innate need for connection makes the consequences of disconnection that much more real and dangerous. Sometimes we only think we’re connected. Technology, for instance, has become a kind of imposter for connection, making us believe we’re connected when we’re really not—at least not in the ways we need to be. In our technology-crazed world, we’ve confused being communicative with feeling connected. Just because we’re plugged in doesn’t mean we feel seen and heard. In fact, hyper-communication can mean we spend more time on our phones than we do face-to-face with the people we care about.” — Brené Brown
Daarom pleit ek vir minder ekkigheid en meer nabyheid.
Sit neer jou damn iPhone, iPad, iDesire, iPay, iSay, iMeMyself en spandeer meer kwaliteit tyd met hulle vir wie jy lief is.
Maak in besonder tyd vir die een met wie jy jou hart deel… kyk haar in haar oë en vra hoe was haar dag en LUISTER vir ʼn slag na haar woorde én haar lag. Hoor haar as sy vir jou sê wat haar bly én wat haar hartseer maak. Jy sal verstom wees wat dit aan JÓÚ hart doen om net te luister en te sien.
Gaan sit langs die man wat jou hart in sy hande vashou en hoor weer as hy sy drome en aspirasies inkleur met woorde wat soms oormekaar struikel. Knipoog vir sy onbeholpenheid om oor emosies te praat omdat die woordeskat hom ontbreek.
Kom ons gesels Sondag oor gesonde konneksies wat die buitengewone in die gewonigheid van elke dag vind.
Mag ons almal hierdie week ʼn bietjie nader aan mekaar staan.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.