GESEËND om tot SEËN te wees

Potgooi:

 

“Being blessed is not the goal.
Being a blessing is.”

 Rick Warren —

Omrede dit my geboortemaand is, het ek gedink om hierdie maand in te kleur met die tema: GESEËND om tot SEËN te wees (Blessed to be a Blessing).

Ons is nie damme of reservoirs nie, maar riviere en leivore waar elke seëning — geestelik, emosioneel, materieel — nie bedoel is om opgegaar te word nie, maar gekanaliseer te word sodat dit kan vloei na elke verhouding waarin ons staan.

Dit is ʼn uitnodiging om daaroor na te dink wat ons ontvang, hoe dit ons vorm, en hoe dit oorloop na ander — in ons huwelik, ouerskap, vriendskappe, en persoonlike lewe.

Hier is die VIER goed wat die laaste jaar se seisoene my geleer het as leraar, as pa, vriend, en geliefde.

Lente: Jy kan nie skink uit 'n leë beker nie

My rol as geestelike leier, as ouer, en vriend vereis om elke dag gegrond te wees in die hier en nou — en dit begin met liefde, sorg, en omgee vir myself… wie ek is as mens, my drome, aspirasies, verlange, en die waarde wat ek toevoeg tot ander se lewe.

Uiteraard van my werk, is dit ʼn roeping wat ander moet inspireer en bemoedig, raad gee en begelei, en dit vra dat ek my emosionele, spirituele, en fisiese welstand sal koester en versorg met dit wat my beker sal laat oorloop.

Ek kry dit nie aldag reg nie, maar ten minste is ek bewus daarvan om met dissipline en toewyding, tyd te maak vir ‘stilte’ en self-refleksie.

As my gemoed onstuimig, en my hart seer is, dan loop ek leeg. As daar liefde en waardering is, dan loop ek vol, daarom omring ek my met mense wat my laat vol loop.

Somer: Genade is groter as om die heel tyd ‘REG’ te wil wees

Soveel dae, soveel geleenthede gaan by ons verby omdat ons een of ander vorm van ‘perfeksie’ najaag. Ons dink as ons net dít het, of net dáár kan wees DÁN sal ons gelukkig wees. Die ironie is dat werklike geluk kom nie van buite nie, ons moet dit hengel vanuit die binnekant.

Ek besef dit meer en meer dat as ek nie bewus is van die liefdevolle-goedheid van God nie, sal ek nooit weet hoe om met kindness, grace, compassion, and understanding, op te tree teenoor ander nie.

“Blessed people bless people. It’s the natural flow of grace.”
— Barbara Brown Taylor

Stel jou voor God se seëninge is net as jy die regte goed doen en glo? As God se liefde onvoorwaardelik is, wie is ek om lief te hê met ʼn agenda of net solank ek my sin kry?

Ek wil nie meer ‘reg’ hoef te wees nie, ek wil gelukkig wees.

Herfs: Minder gejaagd en meer teenwoordig

Op Netflix is daar ʼn reeks genaamd, ‘Orange is the New Black’ waarin die een karakter dit goed opsom as sy sê — “Adventure is just hardship with an inflated sense of self. Eventually, you want someone you can curl up with. Someone who knows when it’s time to order Chinese.”

Dit voel of die eerste 40 jaar van my lewe een groot gejaag was. Ek was permanent besig met 10 goed tegelyk, en derhalwe het tyd verdamp in die miswolk van my geheue.

Ek het ʼn knapsak vol avonture, en plek vir nog baie meer, maar wat werklik my karakter gevorm en my sielswese diepte gegee het, was die oomblikke waar ek volledig teenwoordig was — die dood van my broer, die geboorte van my kind, my eerste solo-vlug, en die afgelope Sondag in ons kapel.

As geestelike herder van Neo-Spektrum, as ouer, as vriend, en reisgenoot besef ek meer as ooit die waarde van ʼn ‘presence’ wat ʼn stil kalmte en rustigheid bring in storms om met wysheid vir ander ʼn sin van betekenis en ‘belonging’ te gee.

“Adventures make great stories, but belonging makes a life.” — Ernest Hemmingway

Soos al dikwels gesê, wil ek elke dag iets vir die eerste keer ervaar, en opgebruik wees as ek die dag sterf, maar in die tussentyd het my fokus geskuif van jaag na nog, na ten volle teenwoordig wees vir hulle vir wie ek lief is en wat vir my lief is. Vandag weet ek: avontuur beteken om met nuwe oë te sien.

Ek wil nie meer die vashou en take-away oomblikke van die lewe mis nie!

Winter: Tel my seëninge, een vir een

My ouderdom word nie bepaal in die aantal jare nie maar in die kwaliteit van my verhoudings. Hoe geseënd ek is met die brûe van hoop wat gebou word tussen mense wat opreg omgee vir mekaar.

Dit was juis in die winterdae van die afgelope jaar dat ek gesien het hoe die seëninge van ander maak dat ons die seëninge van God sien, en dan besef ons moet verantwoordelikheid vat vir ons seëninge veral as dit kom by alles wat ons so vanselfsprekend aanvaar.

Ja, ek wil die seëninge wat ek so milddadig ontvang nie net tel nie, ek wil dit gebruik, uitdeel, skink, en toelaat om deur my te vloei sodat dit tot seën sal wees vir ander.

Ja, ek tel nie meer die dae in my jare nie, maar die aantal lewens wat ek kon raak en elkeen wat my lewe verryk om ʼn verskil te maak. Van nou af is ʼn verjaarsdag nie net ʼn celebration nie maar ʼn rededication tot als wat mooi en goed en lief is.

Ons gaan Sondag kyk na die seëninge van OM GESIEN TE WORD — vir wie jy is, wat jou waarde is, en hoe God jou sien sodat ek jou op dieselfde manier kan sien.

Met liefde soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Your birthday is not about becoming someone new, but more fully becoming yourself.”
― Henri Nouwen 

SONDAGBYEENKOMSTE

Om ons weeklikse "Broodjie vir die Week" per e-pos te ontvang, voltooi asseblief:

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights