“What happens when people open their hearts?"
“They get better.” ― Haruki Murakami —Ons almal loop met ons letsels en kneusplekke, en as jy nie doen nie het jy gewoon nog nie geleef nie. Min mense erken ʼn ‘wond’ en wil beslis nie hê dat ander daarvan weet nie.
Vir party is daardie ‘wond’ ʼn leeftyd van teleurstellings en mislukkings. Vir ander is dit die gevoel dat jy nooit net goed genoeg is nie.
Wat ook al die oorsaak van die ‘wond’ is, is ek daarvan oortuig dat dit gaan oor ʼn gebroke verhouding. Of dit met ʼn ouer of ʼn kind, ʼn vriend of familielid, jou man of vrou, óf die gevoel van ʼn disconnect met God is.
Rumi sê, “The wound is the place where the Light enters you.” — en Leonard Cohen sing, “There is a crack in everything. That's how the light gets in.”
Ons wil almal ʼn stempel nalaat om darem te kan sê dat ons hier was. Dis net hartseer dat daardie merk meer as dikwels ʼn letsel is.
Persoonlik het ek nog nooit omgegee om oor my ‘wonde’ te praat nie. Nie om simpatie te soek nie (allermins!) maar omdat elke litteken sê, “My past is real, and a scar is what makes it whole.”
Ons gesels hierdie maand oor ʼn paar aspekte van ons menswees wat diepte aan ons siel gee, en ons in staat stel om ʼn beter weergawe van onsself te wees.
Laas week het ons begin met ʼn gesprek oor kreatiwiteit — wat dit is en hoe om dit te ontgin. Vandag gaan oor die begrip: healing.
In Afrikaans vertaal ons beide ‘cure and healing’ met: genesing.
In ʼn fisiese konteks word ‘cure and healing’ dikwels as sinonieme gebruik maar daar is ʼn duidelike onderskeid in die betekenis van hierdie twee woorde. Beide kan verwys na die proses van herstel en genesing maar in fokus en doelwit is daar ʼn verskil.
‘Healing’ is ʼn breër konsep wat ons fisiese, emosionele, en spirituele wese insluit terwyl ‘cure’ hoofsaaklik fokus op die fisiologiese aspek van genesing.
Groot was my verbasing toe ek die dag ontdek dat die drie woorde wat in Grieks gebruik word as daar van ‘genesing’ gepraat word, het almal één ding in gemeen:
Dit lyk vir my dat in elke geval waar ‘genesing’ ter sprake is in die Nuwe Testament gaan dit oor — to make us whole!
Healing and Wholeness gaan hand aan hand. Healing is daarop gemik om balans en harmonie in ʼn persoon se fisiese, emosionele, en geestelike lewe te bring. Healing gaan na die bodem van ons siektetoestand en poog om langdurige veranderinge te maak wat ons algehele welstand verbeter.
Wholeness bring insig en wysheid, dit maak die leivore oop sodat ons emosionele beddings weer Lig en Lewe kry, en in die meeste gevalle (nie altyd nie) kry die liggaam dan kans om te doen wat die lyf die beste doen — naamlik, om homself te genees.
Healing erken dat ʼn persoon se fisiese simptome ʼn manifestasie van dieper emosionele of spirituele probleme / tekortkominge kan wees.
Dink daaroor voor jy tot die konklusie spring dat dit esoteriese fluff is — kroniese rugpyn wat gebuk gaan onder die emosionele bagasie of trauma uit ons verlede wat nie geadresseer word nie. Probleme met jou maag (gut) omdat daar ʼn enorme hoeveelheid emosionele spanning is wat nie verteer word nie.
“Your biography becomes your biology. This biography includes the totality of your choices, the things you feed your body – your thoughts, your actions, your food – the thing you feed your life.” — Caroline Myss, uit haar boek: ‘Anatomy of the Spirit’
Wholeness (h)erken die interkonneksie van ons denke (mind), lyf (body), en gees (spirit). Healing is veel meer as net jou patologie, en gaan na die diepte van jou menswees — daar waar ons weerloos probeer sin maak van ons emosionele pyn.
Kom ons verken Sondag ʼn paar goed wat ons kan doen om hierdie Healing and Wholeness in ons lewe te bewerkstellig:
• Fisiese Gesondheid — natuurlik is dit belangrik om oefening te kry, gesond te eet, genoeg slaap te kry, en gereeld vir 'n ondersoek gaan.
• Kultiveer gesonde Verhoudings — omring jou met mense wat ons ondersteun en aanmoedig, en wat waarde toevoeg tot jou lewe. Laat gaan toksiese verhoudings, want dit maak die wonde septies.
• Maak tyd vir jou Self — selfversorging (me-time) is ontsettend belangrik vir ons intellektuele, emosionele, en spirituele welsyn. Dit stel ons in staat om perspektief te vind, grense te stel, en om meer in beheer van ons lewe te voel.
• Vergiffenis is die Sleutel — soos al dikwels gesê, vergiffenis het niks te doen met dit wat iemand aan ons gedoen het nie, en alles te doen met hoe ons DINK oor die goed wat gebeur het. Vergewe die gedagtes en emosies wat ons het, want dit maak ons vry van elke wrok, grief, en die kwaad wat ons koester.
• Be true to yourself — om eerlik met jouself te wees, help om eerlik met ander te wees. Om getrou te wees maak dit moontlik om vertrou te word.
JA, dit vra moed en ʼn bereidwilligheid van jou kant af. JA, dit vra ʼn verdieping in jou toewyding, liefde, en sorg.
Hoe maak ʼn mens ʼn wond gesond? Jy gee dit LIG en LUG.
Mag jy die seëninge van God sien — and may the Blessings heal you, and restore you to wholeness.
Met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.