“Acknowledge the good that you already have in your life is the foundation for all abundance.”
― Eckhart Tolle —Vir ingeval jy dit nie weet nie, Kersfees word bepaal deur die son — 21 Desember is die Winter Solstice in die Noordelike Halfrond en vir drie dae en drie nagte lyk dit of die son stilstaan (dood is) en dan stadig maar seker kom die son terug om die Lente te bring.
Goeie Vrydag word bepaal deur die maan — 21 Maart is die Lente Equinox in die Noordelike Halfrond, en Goeie Vrydag is die eerste Vrydag na die eerste volmaan na 21 Maart.
Kersfees gaan oor ‘geboorte’ en Paasfees oor ‘wedergeboorte’. Eintlik behoort ons in die Suidelike Halfrond dit op die gepaste tyd van ons seisoene te vier want dan maak die betekenis daarvan sin.
Vir Christene is dit die seisoen van ‘opstanding uit die dood’ met ʼn baie persoonlike ervaring wat Paasfees beteken: reawakening, rebirth, revival, restore, renewal.
Met Kersfees onthou ons:
As ons net hierdie twee versies gehad het, wonder ek hoe anders sou ons aksies en reaksies gewees het veral as dit waar is van elke liewe mens wat hierdie planeet met ons deel, ongeag of ons dit weet of daarvan bewus is.
Met Paasfees onthou ons:
Paulus het dit dikwels oor die begrip ‘metanoia’ — wat in Afrikaans vertaal word met “bekeer” en in Engels as “repent” maar wat dit eintlik beteken is: to go beyond the mind; re-orientation of one’s life; a change of mind.
Elke Paasfees behoort ʼn metanoia te wees!
Ons het laas week vyf praktiese lesse gegee hoe om ‘nuut’ te begin as jy voel jou lewe is in ʼn doodloopstraat. Hier is nog ʼn handvol aanwysings hoe om die seisoen van ‘wedergeboorte’ sinvol toe te pas —
Soos ons ouer word verander ons fisiese en emosionele welstand. Wat ons wel kan beheer, is waarmee ons ons liggame en gedagtes voer. “Kry meer oefening!” geld nie net vir die lyf nie maar ook vir die hart, siel, en verstand. Dit vat oefening om entoesiasties, optimisties en blymoedig te leef. Helaas spandeer ons meer tyd in ʼn gym as om sorg te maak met dit wat die siel voed want glo my — when all is said and done — is dit al wat jy het.
Rebirth is a reset of balance and harmony.
In Caroline Myss se boek ‘Anatomy of the Spirit’ sê sy, “Your biography becomes your biology.” Ons word nie gebore met gewoontes (habits) en oortuigings (believes) nie — dit word aangeleer! Hoe meer ons dit herhaal hoe meer word dit deel van ons karakter. In Afrikaans praat ons van ‘geloof’ as ons na beide ‘believes’ and ‘faith’ verwys en tog is daar ʼn groot verskil tussen die twee. Ons kan, nee ons móét, van tyd tot tyd onsself vra of ons gewoontes en oortuigings ons geloof voed.
Rebirth is a renewal of faith.
Bemeester die vermoë om vir die stem in jou kop te sê, “SHUT UP!” want ons is geneig om strikkies te bind om elke teleurstelling in ons lewe. Om te kla en te blameer maak geen bydrae nie. Nie in jou of ander se lewe nie. Wanneer jou emosionele pyn altyd groter, en jou terugslag altyd meer is, sal ons niks leer en nooit groei nie. Niemand wil by iemand wees wat oor alles moan nie. Verander jou “Ek kan nie” na “Ek sal.” Verander jou “Dis nie maklik nie” na “Dit is moontlik!” — positiwiteit bring verandering.
Rebirth is a restoration of mind.
Ons almal leef met spyt en selfverwyt. As jy nie doen nie, het jy nog nie geleef nie. Herken die ‘regrets’ wat jy het oor die verlede maar wees versigtig vir die ‘skuldgevoelens’ want die ego sal dit teen jou gebruik en jou gevange hou in al die gisters van jou lewe. Erken wat jy nodig het om te verander. Wys dat jy berou het. Vat verantwoordelikheid. Verander wat jy weet nodig is, en vergewe die gedagtes wat jy het oor die emosionele pyn wat jy ervaar.
Rebirth is a revival of new beginnings.
Daar is ʼn lewenswaarheid waarin ek onwrikbaar glo: “Only gratitude will give us joy!” Ek glo dit met my hele hart. Dieselfde vreugde wat ons vul met Kersfees om saam geliefdes te wees en geskenke te deel, is daar ʼn diep dankbaarheid met Paasfees oor alles wat ons is en het. Daar is ʼn deurleefde waardering vir die Asem wat in en deur ons asem, ʼn Liefde wat in en deur ons vloei, ʼn Teenwoordigheid wat ons in staat stel om die beste weergawe van onsself te wees.
Rebirth is a reawakening of love.
Vra elke moeder — geboorte gaan gepaard met pyn, daar is bloed, en ʼn weerlose naaktheid. Maar dan lê hulle daardie bondeltjie tone en vingertjies op jou skoot en al die pyn verdamp.
‘Wedergeboorte’ gaan ook met pyn gepaard. Ons moet laat los aan dit waaraan ons vasklou. Ons moet vertroue hengel uit ʼn plek wat onbekend voel. Ons moet oorgee sonder om op te gee.
Mag Paasfees 2023 werklik ʼn tyd wees van ‘wedergeboorte’ en ʼn nuwe begin.
Soos altyd
Met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.