“Give, and it will be given to you. They will pour into your lap a good measure—pressed down, shaken together, and running over.”
― Luke 6:38 —Vir ʼn maand lank het ons gesels oor die invloed en betekenis van Paasfees op ons persoonlike lewe.
Die ganse skepping is in ʼn konstante staat van verandering en werk op die beginsel van geboorte-en-wedergeboorte (birth and rebirth) en nêrens is dit meer sigbaar as op hierdie wonderlike planeet waarop ons woon nie.
Ons liggame is voortdurend besig om te vernuwe, ons gedagtes en emosies ontwikkel en groei, en ons persoonlike verhoudings verdiep en verbreed die hele tyd.
Hierdie ‘wedergeboorte’ waarvan ons praat is nie ʼn eenmalige gebeurtenis nie, maar gebeur aanhoudend.
Elke dag is ʼn geleentheid om oor te begin, en dinge nuut en anders te doen. Ons ervaar ‘opstanding en wedergeboorte’ in die manier wat ons dink, glo, liefhet, en in die manier hoe ons omgaan met die wêreld om ons.
As Christene kyk ons na die leer en lewe van Jesus en sien dat die essensie van sy boodskap is: vernuwing en transformasie.
Hy moedig sy volgelinge aan om dit wat nie werk nie en wat maak dat ons ons doel mis te laat gaan vir ʼn nuwe manier van lewe wat gegrond is op liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing.
Vir ons is om ‘in Christus’ te leef ʼn essensiële deel van ons spirituele reis op Aarde. Dit is hier en nou waar ons met liefde, menswaardigheid, deernis, en respek dit moontlik maak vir ander om dieselfde ‘opstanding en wedergeboorte’ te ervaar. So kry ons lewe betekenis en leef ons ʼn vervulde bestaan.
Het jy al ooit gevoel dat jy 'n nuwe begin nodig het? Daai gevoel van ‘rock bottom’ as alles in jou lewe in- of uitmekaar val.
Miskien voel jy vasgevang in 'n groef of geboei deur jou omstandighede en verlang jy na 'n nuwe begin. Ons het almal oomblikke wanneer ons voel dat ons oor moet begin, die reset-knoppie moet druk en 'n nuwe pad vir onsself moet skep.
Hier is ʼn paar vrae wat jy êrens vandag vir jouself kan antwoord oor die doel, passie, en vreugde van jou lewe:
Die metafoor van kruis en graf in ons eie lewe is vir ons almal bekend. As ons eerlik is met onsself sal ons erken dat ons almal al die woorde van Psalm 22:1 geprewel het, “My God, my God, waarom het U my verlaat?”
Maar soos al dikwels gesê — met insig (waarheid) kom daar uitsig (wysheid). Uitsig bring insig, en insig gee ʼn groter uitsig, en so sien ons goed in perspektief, en waar ons goed in hul geheel kan sien, kom daar heling (wholeness and healing).
Wanneer gaan jy hierdie ‘rebirth, renewal, revival, transformation’ ervaar?
En die antwoord is: Wanneer jy dit WIL.
Paasfees 2023 is verby. Die invloed daarvan nog lank nie.
Met dank en waardering vir jou saamreis dié maand.
Hoop om jou Sondag in ons Sirkel te sien.
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.