“Happiness is always for a reason.
Joy is happiness for no reason.”
― Deepak Chopra —
Die laaste paar jaar ontvang ek Dr Carel Anthonissen se daaglikse e-posse wat gelaai is met Wysheid en Inspirasie.
ʼn Paar dae gelede deel hy drie vrae wat ʼn antwoord verdien —
Die drie kan opgesom word in een vraag: “Waaraan het jy die meeste van jou tyd, energie en aandag gewy?”
Wat nog meer belangrik is, is die feit dat hierdie vrae nie los staan van alles wat ek is, en alles wat ek doen nie. Dit het te make met my persoonlikheid en karakter, dit het te doen met my familie, vriendekring, kollegas, en elke vreemdeling op my pad. Dit is hoe ons besigheid doen, hoe ek my maatskappy bestuur, en hoe ek ʼn lewe maak en skep.
Daarom is ons tema hierdie maand: EVERYTHING IS SPIRITUAL.
Alles wat bestaan — van die kleinste deeltjies (atome en selle) tot sterre- en sonnestelsels, van ekosisteme tot fauna en flora, staan in ʼn verhouding met mekaar.
Daar is ʼn planmatigheid in die ganse skepping — die effek van die grootste op die kleinste, en die invloed van die kleinste op die grootste.
Hoekom sal dit anders wees by ons as mens?
Ons reaksies (emosies) vorm ons aksies (doen en late); verwerping sluier ons vergiffenis; bitterheid affekteer ons vreugde; veroordeling beïnvloed ons empatie; en ons vrese loopgraaf ons liefde.
As ek kul in my besigheid, hoekom sal ek nie knoei in my verhoudings nie? As ek agterdogtig en skepties is oor alles en almal, is dit nie vanweë my eie onsekerheid en min selfwaarde nie?
Die oomblik as ek die Groter Prentjie sien en besef dat ek deel is van die Groot Tapisserie dan kom daar ʼn ander insig, ʼn dieper verstaan dat in elke situasie is daar iets om te leer — ʼn geleentheid om te groei…
“Anything that annoys you is for teaching you patience. Anyone who abandons you is for teaching you how to stand up on your own two feet. Anything that angers you is for teaching you forgiveness and compassion. Anything that has power over you is for teaching you how to take your power back. Anything you hate is for teaching you unconditional love. Anything you fear is for teaching you courage to overcome your fear. Anything you can’t control is for teaching you how to let go and trust the Universe”
— Jackson Kiddard
Wat het al hierdie ‘lesse’ ingemeen? Dit is geweef in my LIEFDE.
Is ek lief vir wie ek is en wat ek doen? Is liefde die wortels van elke verhouding waarin ek staan? Is liefde die anker wat my vashou in tye van storms? Is liefde die fondasie van my geloof, gesin, sosiale kring, en loopbaan?
Jy sou kon sê: “ek het behoeftes, ek het nodig, ek wil, ek verlang, bewaar, geniet, sorg, omarm, laat toe en deel” — en alhoewel alles MET liefde gedoen kan word, beteken dit steeds nie LIEFDE nie.
Weet ons nog wat LIEFDE werklik is, of het dit so verstrengel geraak in ons behoeftes en verwagtinge?
Die Grieks het sewe verskillende woorde vir ‘liefde’ waarvan die drie bekendstes is: eros — romantiese, erotiese liefde; philos — naaste- of broederliefde, of liefde vir ʼn subjek (e.g. philosofia = liefde vir die wysheid); en dan is daar agape — die Goddelike liefde wat “alle verstand te bowe gaan” (Ef 3:18).
“Agape doesn’t love somebody because they’re worthy.
Agape makes them worthy by the strength and power of its love.
Agape doesn’t love somebody because they’re beautiful.
Agape loves in such a way that it makes them beautiful.”
― Rob Bell
LIEFDE voed, heel, versorg, koester, en konsidereer. Dit kweek sagmoedigheid en mededeelsaamheid. Dit luister en hoor, dit kyk en sien, dit verstaan en voel. Dit bemagtig en omarm. Liefde het ʼn positiewe invloed op alles wat ons is en doen. Liefde is allesinsluitend en allesomvattend.
Miskien sal jy gaap of sug as jy die woord ‘liefde’ hoor, maar hoor wat ek vandag vir jou sê — as daar nie liefde is nie, is daar niks… jy kan ambisie en sukses jaag en sal steeds honger en dors na meer. Jy kan in die huwelik / verhouding bly uit vrees vir die finansiële implikasies, of “ter wille van die kinders”, of omdat jy nie op jou eie kan wees nie — as daar nie liefde is nie, is daar niks.
LOVE is everything,
and everything is spiritual.
Dalk wonder jy oor die liefde. Voel jy teleurgestel en onseker of dit waar en eg is. Miskien het jou drome oor ʼn liefde wat vir altyd sal hou op die puinhoop beland. Vermoedelik weet jy nie eers hoe om vir jouself lief te wees nie.
Dan onthou ons weer: God is LIEFDE. Ons God, is liefde.
Bring Sondag jou knapsak om dit te pak met ʼn herinnering wat LIEFDE is en beteken. Kom met ʼn oop kop, hart en hande om LIEFDE te laat insypel in elke faset en dimensie van jou lewe.
Daar is niks meer, en niks minder nie
— nét liefde, liefde genoeg.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“Love is always patient and kind. It is never jealous. Love is never boastful or conceited. It is never rude or selfish. It does not take offense and is not resentful. Love takes no pleasure in other people’s sins, but delights in the truth. It is always ready to excuse, to trust, to hope, and to endure whatever comes.”
― 1 Corinthians 13:4-7 ―