Emmanuel: Liefde in Aksie III

Potgooi:

 

“The birth of Christ is God’s answer to humanity’s deepest longing
for love and belonging.”
— C.S. Lewis —

Ons gesels verder oor — EMMANUEL (God met ons) is liefde in aksie.

As ek aan Kersfees dink, kom daar ʼn paar woorde op in my gedagtes — reconnect, restoration, renewal, reinvention, reparation, rejuvenation, and rebirth.  

Dit is die seisoen waar ons as Christene die LIEFDE van God vier in die geboorte van ʼn seuntjie sowat 2,000 gelede sodat ons die LIEFDE van God sal onthou wat manifesteer in elke geboortekreet van ʼn nuwe lewe — hetsy dit die eerste asemteug van ʼn pasgebore kind is, of die wedergeboorte van elkeen wie se hart ʼn herberg geword het wat geboorte gee aan die Liefde van God.

Kersfees is liefde in aksie!

Die meeste mense vat verlof om tyd met vriende en familie te bestee. Ons intensie is om kwaliteit tyd met mekaar te spandeer in die genoeglik- en hartlikheid wat gepaardgaan met die feesseisoen.

Waarna ons verlang is om lekker te gesels, stories uit te ruil, weer ons konneksie te vind met ons geliefdes. Ons wil met belangstelling die goed en die sleg, die soet en die suur van die laaste jaar met mekaar deel. Ons wil weet alles maak weer sin.

Daar is ook ʼn hunkering om dit as gesin te ervaar. Ons wil ons daaglikse afleidings (sosiale media, fone, e-posse) afsit en net fokus op die by-mekaar-wees.

In ons huwelik wil ons miskien vir die eerste keer in ʼn lang, lang tyd meer sagter met mekaar wees — more compassion and kindness — om mekaar net weer te hoor ná ʼn jaar van gejaagdheid om als bymekaar te hou.

In die rustigheid van ʼn vakansie wil ons minder EGO en meer vergiffenis, minder tantrums en meer sagmoedigheid, minder disconnect en meer intimiteit, minder ‘als-wat-verkeerd-is’ en meer kom-ons-werk-aan-die-goed-wat-werk.

Ons wil ons tyd van rus en herlaai gebruik om weer entoesiasties te raak oor die lewe in die algemeen en mekaar se lewe spesifiek. Dink hoe opgewonde is almal om die meedoënlose ritme van elke dag te vervang met ʼn rustigheid waar ons mekaar net weer sien, hoor, en voel.

Vat nou AL hierdie emosies en intensies en sit dit vir ʼn oomblik op die altaar van jou hart se ‘sacred space’ en vra jouself of dit net nóg ʼn Kersfees gaan wees, of is daar ʼn dieper geestelike betekenis wat geboorte sal gee aan ʼn nuwe, ander jy wat ALTYD, in alle omstandighede, weet: God is met my?

Met ander woorde — how will we put Christ back in Christmas?

Dis nou te sê as jy jouself ʼn Christen noem en enigsins ernstig is oor jou geloof.

Ek luister gister na iemand wat sê, “Ek haat Kersfees, dis géén vakansie vir my nie. Ons is wéér by my skoonouers waar ek die hele tyd onder die vergrootglas van my skoonma is. Ek en my man wat ‘pretend’ alles is okay terwyl dit GLAD NIE IS NIE. Al waarna ek die hele tyd uitsien, is om weer terug by die huis te wees.”

Hoe verdrietig as dit jou vooruitsig vir Kersfees is. Hoe hartseer om te dink dat Kersfees vir haar, soos vir BAIE ander, geen ‘kers’ (lig) of fees gaan wees nie.

“Waar is God in dit alles?” vra ek haar.

Daar is ʼn lang stilte voor sy mompel, “Ek weet nie.”

Wat sy eintlik sê, is dat sy so oorweldig voel in lae van onvervulde drome dat al wat oorbly is die bitterheid van ʼn onvervulde lewe. Haar seerste seer is dat haar lewe doelloos voel, en sy weet nie of God omgee of enige iets daaromtrent kan of wil doen nie.

Sy voel nie goed-genoeg nie en te gebroke om dit te (h)erken. Miskien is die verskoning van “ek weet nie,” ʼn verdedigingsmeganisme omdat dit makliker is om ‘ignorance’ te pleit alvorens ʼn mens jou broos- en weerloosheid in die oë kyk.

“Ek hoor jou,” sê ek saggies, “die lewe ploeg ons soms in 'n bedding waar daar min son of water is, en dan is dit moeilik om te sien (óf te voel) waar God in dit alles is.”

Sy huiwer ʼn oomblik voor sy sê, “Miskien is ek te kwaad om God in enige iets te sien.”

Weer laat ek toe dat die stilte haar bring na die hier en nou.

“Hoe sal dit lyk as jy God se teenwoordigheid sou voel in hierdie situasie?” Ek kan aanvoel sy weet nie, maar is te bang om dit te sê.

“Jou vrese, angstigheid, en seer is nie tekens dat God weg is nie, maar 'n roep om jou nader te trek aan jou Self waar God jou Ware Noord is.”

“Emmanuel – God (is) met ons, beteken nie die afwesigheid van hartseer of uitdagings nie, maar 'n kalm vrede dat ons okay is, selfs al is ons nie okay nie. Jy is nie kwaad nie, jy is hartseer — it’s not anger, it is grief,” sê ek toe vir haar.

Ek stel toe voor dat haar Kersgeskenk aan haar skoonma en man hierdie jaar gaan wees om met elkeen afsonderlik te gaan sit en te vra, “What will change if we do this with LOVE?” want só sit ons God terug in dit alles.

“Begin by jouself,” sê ek voor ek aflui, “be kind and gracious with yourself, want dit is waar ‘God met ons’ tasbaar, sigbaar aangevoel word. Dit is eers as ons inloop en vol loop van God se liefde vir ons, dat ons kan oorloop na ander om ons.”

DÍT is waaroor Sondag se gesprek gaan: HOE doen ons daardie ‘wat sal verander as ons dit met LIEFDE (i.e. ‘God met ons’) doen’?

‘Emmanuel’ is die verhaal van liefde wat deur elke muur en heining breek. Kersfees is ʼn pad huis toe — the real journey, is ʼn reis na die hart.

Doen dit met liefde.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“To be in God’s presence is to be fully alive, fully loved, and fully known.”  
― Thomas Merton ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights