Elvis Presley

Sondagdiens

22 Desember 2019

Hierdie week se liturgie: 22 Desember 2019

Ons sit ons reis voort met die tema — LESSE UIT DIE VERLEDE  en het reeds gesels oor Charlie Chaplin, Winston Churchill, en toe Emily Hobhouse. Hierdie week se naam het geen bekendstelling nodig nie — trouens, ek dink van Port Stephens in die Falkland Eilande tot by Ebelyakh in Siberië, van Mumbai in Indië tot Whangerei in New Zealand ken elke liewe siel sy naam.

Elvis Aaron Presley is gebore op 8 Januarie 1935 in Tupelo, Mississippi. Hy was een van ʼn identiese tweeling behalwe dat sy boetie, 35 minute voor hom, dood gebore is. Daar word vertel sy moeder, Gladys Love Presley (née Smith) se oumagrootjie was ʼn Cherokee Indiaan met die naam, Morning Dove White. Elvis was baie naby aan sy ouers, veral sy moeder. As lidmate van die "Assembly of God" kerk, sou Gospel Music ʼn lewenslange invloed op sy musiek hê. Later sou African-American Spirituals die basis vorm waaruit sy Rock & Roll gebore is as ʼn kombinasie van gospel, blues, country music ... en jazz.

Toe hy 13 jaar oud was, het hulle verhuis na Memphis, Tennessee. Sy onderwysers het hom beskryf as “average” en nadat hy die country song “Old Shep” vir ʼn onderwyser gesing het, het sy hom ingeskryf vir ʼn sangkompetisie. Hy het vyfde gekom.

Graad 6 is hy na ʼn nuwe skool waar hy gesien is as ʼn loner ... teen daardie stadium het sy ouers in ʼn hoofsaaklik "swart" woonbuurt gewoon. Daar sou hy musikante ontmoet wat hom sou blootstel aan Blues en Blues-Rock. ʼn Jaar later het hy begin om sy kitaar skool toe te bring. Hy was baie gespot en na verwys as “trashy” en sy musiek as “hillbilly music” ... en nadat hy ʼn C vir Musiek gekry het, het sy onderwyser glo aan hom gesê, “You have no aptitude for singing.”
... I wonder how that turned out for her?

Elvis was skaam en skugter en dikwels oorweldig om in die publiek op te tree. Op skool is hy geboelie en na verwys as, “Mama’s boy” — of which the sideburns and styled hair with rose oil and Vaseline did not help.

As ʼn tiener in die "deep-south" van Amerika se segregasie/apartheid-state, was hy diep beïnvloed deur Rosetta Tharpe, Mahalia Jackson, Arthur Crudup, Rufus Thomas, en B.B. King wat eens gesê het, “I knew Elvis long before he was popular.”

In 1954 het hy ʼn oudisie gedoen vir die groep "Songfellows" en dit nie gekry nie, want die leier van die groep, Jim Hamill, het gesê, “he (Elvis Presley) did not demonstrate an ear for harmony”. Later dieselfde jaar het hy begin werk as ʼn trokbestuurder vir Crown Electric Company waar hy gehoor het ʼn opkomende groep soek ʼn "lead-vocalist" en toe weer ʼn oudisie gedoen. Eddie Bond, leier van dié groep het vir Elvis laat weet, “Stick to truck driving, because you’re never going to make it as a singer.”
... again, I wonder how did it all turn out for the Songfellows and Eddie Bond’s band?

In Januarie 1956 teken Sam Philips met Elvis Presley ʼn plate-kontrak. “Heartbreak Hotel” was die eerste vrystelling en twee weke later was dit nommer 1 in Amerika. Met sy eerste voorblad op LIFE-magazine som hulle hom op as, “The leading figure of the newly popular sound of rock and roll. His energized interpretations of songs and sexually provocative style, combined with a singularly potent mix of influences across colour lines during a transformative era in race relations, made him enormously popular — and controversial.”

In November 1956 maak hy sy filmdebuut in Love Me Tender en die volgende twee jaar sou hy die wêreld tref met ʼn Elvis-tsunami van treffers, maar in 1958 word hy opgeroep vir Diensplig. Tydens sy basiese opleiding is sy moeder skielik oorlede aan hepatitis. Dit was vir hom ʼn geweldige slag. Kort daarna is hy uitgeplaas na Friedberg in Duitsland waar hy die 14-jarige Priscilla Beaulieu sou ontmoet. Elvis Presley was toe reeds wêreldwyd bekend en toe hy in volle uniform aan die deur klop van hul huis en haar pa met die hand groet, was dit nie lank voor pa ingestem het dat die 24-jarige met sy 14-jarige mag uitgaan nie. Vir sewe jaar was Elvis en Priscilla gekys voor hul in 1967 getroud is en by Graceland in Memphis ingetrek het. Kort daarna is hul dogter Lisa-Marie gebore.

Hy was op die kruin van sy loopbaan. Hy sou 33 films maak en die musiek vir 17 films skryf. Tot op datum is Elvis Presley steeds ‘the best-selling solo artist in the history of recorded music’ met meer as ʼn biljoen plate-verkope wêreldwyd. Hy het drie agtereenvolgende Grammys gewen en op 36-jarige leeftyd het hy die ‘Grammy Lifetime Achievement Award’ gewen.

Sy dood is voorafgegaan deur sy egskeiding met Priscilla alhoewel hulle steeds baie na aan mekaar was. Sy verslawing aan voorgeskrewe medikasie het hom sy dood gekos. Joernalis Tony Scherman skryf ʼn maand voor Elvis se dood, “Presley had become a grotesque caricature of his sleek, energetic former self. Hugely overweight, his mind dulled by the pharmacopeia he daily ingested, he was barely able to pull himself through his abbreviated concerts.”

Op Dinsdag 16 Augustus 1977 is hy dood. Hy was 42 jaar oud. Daar het 80,000 mense opgedaag vir sy begrafnis.

Vir die Sondag voor Kersfees sal jy seker vra: wat het hierdie skaam seun van Tupelo, Mississippi se verhaal te doen met Bethlehem, herders, en wyse manne ... of wat op aarde het die musiek van Elvis te doen met die boodskap en betekenis van Jesus ...?

Ek is bevrees, dié antwoord gaan jy Sondag moet kom haal, maar ek los jou met dié gedagte of twee — wie het jou, êrens in jou verlede, verkeerd gediagnoseer en vir jou gesê jy is nie (goed) genoeg nie; waar was jy al vêr van die huis, op ʼn plek wat jy nie geweet het wat jy daar soek nie en dat dit die plek sou word waar liefde jou sou raakloop; wie ken die pad van verslawing as ons vrees en agterdog die pille word wat ons daagliks sluk, en ons afhanklikheid van ander se applous die kapsule word om ons gebroke selfbeeld te voed?

Tot dan los ek jou met dié woorde:

When no-one else can understand me
When everything I do is wrong
You give me hope and consolation
You give me strength to carry on
And you're always there to lend a hand
In everything I do
That's the wonder
The wonder of you

Elvis Presley, ‘The Wonder of You’

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Adversity is sometimes hard upon a man;
but for one man who can stand prosperity,
there are a hundred that will stand adversity.”

― Elvis Presley 

.

A COURSE IN MIRACLES

Ons hervat weer in 2020 na skoolvakansie
Ons lees volgende jaar Brené Brown se boek
'Rising Strong'
[Koop solank die boek]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights