Dualisme V

“Just as the rational mind can see that all matter is energy, the spirit can see that all energy is love.”― Juan Mascaro —

Net van ʼn handvol mense kan gesê word dat hul die geskiedenis van die mensdom verander het. Paulus is een van hulle.

Wie was hierdie man van wie 14 van die 27 boeke in die Nuwe Testament opgedra is? Wat was sy aspirasies, motivering, inspirasie, oortuigings?

Sy Hebreeuse naam was Sha’ul ha-Tarsi (Saul van Tarsus) en ons maak kennis met hom in die boek Handelinge, die brief van Lukas (ʼn dissipel van Paulus) aan Theophilus.

Lukas vertel van sy radikale verandering op pad na Damaskus waar sy naam verander word van Saul (beteken: Vra / Ask) na Paulus (beteken: Klein / Nederig). Die vervolger van Christene word ʼn navolger van Christus. Sy transformasie was só ingrypend dat hy feitlik man-alleen die boodskap van Jesus, die Christus, aan mense oor die ganse Romeinse Ryk sou bring.

Oor ʼn TIEN jaar tydperk sou hy drie epiese reise aanpak na die hoofsentrums van die destydse antieke wêreld. Van Antiochië in die noorde van vandag se Libanon na Ikonium in Turkye; van Rome na Efese, van Korinte tot in Spanje. Hy was soveel keer in ʼn tronk dat ʼn mens tred verloor, hoofsaaklik vanweë Joodse vervolging. My vermoede is dat dit nie net oor die inhoud van sy boodskap was nie maar dalk (net miskien) die vurige temperament waarmee hy dit oorgedra het.

Bybelkundiges argumenteer al vir eeue oor die vraag hoe dit moontlik was dat Paulus wat na homself verwys as ʼn “toegewyde Jood” so radikaal kon breek met die Torah en eerder ʼn inklusiewe, universele evangelie sou verkondiging onder mense wat nooit deel van die Jode was of sou wees nie?

As jy my sou vra, kan ons die boodskap van Paulus, en deurlopende tema in al die briewe in een sin opsom: How do you have the MIND of Christ in the BODY of Christ?

Oor en oor gaan dit oor die Goeie Nuus van wat dit beteken om ‘IN Christus’ en deel ‘VAN dieselfde liggaam’ te wees.

Kom ons sluit hierdie maand se gesprek oor Paulus af en vat dit saam in DRIE opskrifte:

[Die Engelse vertalings is so mooi uit die Grieks vertaal]

1. Christus is die ALLES en IN alles

Paulus het dit in alle opsigte verstaan en verkondig. Hy was vir my ‘the first Christian mystic’ wat die inhoud en betekenis van Christus in ʼn groter perspektief gesien het. Hy kon die eindelose potensiaal van ‘IN Christus’ sien, hoor, proe, en uitleef.

Lees wat skryf hy aan die gemeente in Kolossense —

“Here there is no Gentile or Jew, circumcised or uncircumcised, barbarian, Scythian, slave or free, but Christ is all, and is in all. Put on then, as God’s chosen ones, holy and beloved, heartfelt compassion, kindness, humility, gentleness, and patience, bearing with one another and forgiving one another, if one has a grievance against another; as the Lord has forgiven you, so must you also do. And over all these put on love, that is, the bond of perfection. And let the peace of Christ control your hearts, the peace into which you were also called in one body. And be thankful. Let the word of Christ dwell in you richly …” — Colossians 3:11-16

2. God se genade is vir ALMAL

Hoor wat skryf Paulus aan die Christene in Efese —

“For by grace you have been made whole** through faith; and that not of yourselves, [it is] the gift of God.” — Ephesians 2:8

** die werkwoord wat hy gebruik is σῴζω (sózó) wat beteken: to heal, to preserve, to make whole

Hoe jammer dat ons in Afrikaans al te dikwels die GENADE (grace) van God verwar met MERCY en dan verewig moet trippel om God, al smekende dat God ons nie seer moet maak nie. Dit is totaal, geheel en al nie hoe ek GENADE (loving-kindness) verstaan of ervaar nie.

“He (God) said to me, “My grace is sufficient for you, for the power is made perfect in weakness.”  — 2 Corinthians 12:9

Dit het my baie jare, en baie littekens gevat, om te begryp wat die krag van my ‘swakheid’ (vulnerability) is.

3. Die LIEFDE is allesinsluitend

Daar kan geen twyfel of misverstand wees dat Paulus die LIEFDE sien as die fondasie van alles; dat alles in en deur die LIEFDE geweef is; en dat God se LIEFDE van niks afhang nie — dit kom nie met voorwaardes nie en werk nie met meriete nie.

“Die LIEFDE is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.” — 1 Korintiërs 13:4-5

Verder, NIKS kan ons skei van hierdie liefde nie —

“Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” — Romeine 8:38-39

Waarlik, hierdie drie pilare vorm die basis van my eie geloof. Met elke lees, en herlees van Paulus se woorde word ek gevul met hoop. Keer op keer vul sy inspirasie my met ʼn liefde wat alle verstand te bowe gaan.

In sy laaste dae skryf hy ʼn roerende brief aan die jong Timoteus wat my altyd met trane vul. Hy som ALLES wat hy gedoen en ervaar, gedeel en bereik het in een sin op: “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou.” — 2 Timoteus 4:7

Soms wonder ek oor die loopbaan wat my gekies het. Partykeer wonder ek oor die pad wat my raakgeloop het ... en elke keer vind die woorde van Paulus weer my eie getuienis.

Hiermee volstaan ek. Hierin sal ek die ewigheid ingaan —

“Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.” — Handeling 20:24

Met liefde, net liefde, liefde genoeg.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“If you don't see Christ in everything and everyone, you cannot call yourself a Christian.”
― Richard Rohr ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights