Dualisme III

“The horizon changesbut the sun does not.”― Proverb —

Ons sit ons reis voort op die voetspore van Paulus en hierdie week kyk ons na die ‘Epistolé pros Korinthios’ (die Brief aan Korintiërs).

Korinthos lê (soos die kraai vlieg) 50km wes van Atene en so 90km per motor.

Die geskiedenis van hierdie stad dateer sover terug as 800BC en daar is verskeie redes waarom dié stad so belangrik was:

1. Korinte lê op 'n smal ‘land-brug’ (dit staan bekend as Isthmus) wat die Griekse vasteland van die Peloponnese Skiereiland, en die Mediterreense See van oos na wes met mekaar verbind. Sedert 600BC sou skepe vasmeer en dan hul bote, of vrag as die boot te groot was, oor hierdie 6km geplaveide pad vervoer sodat dit aan die anderkant verder kan vaar.

2. Net buite die stad is 'n berg wat so 700m bo seevlak is. Op hierdie berg is 'n stad gebou wat bekendstaan as Akrocorinthos (boonste Korinthos). Indien daar gevaar was, kon die stad onder by die see na bo vlug waar fonteine hul onbeperk kon voorsien om te oorleef en met die ligging kon hulle hulself verdedig.

3. Elke vier jaar was dit die Olimpiese Spele wat die grootste sportbyeenkoms in die destydse wêreld was — maar, elke twee jaar was die Isthmian Spele wat in Korinthos plaasgevind het. Dit het atlete, toeskouers, en handelaars van regoor die Mediterreense wêreld na dié stad gebring, asook hooggeplaastes uit die Romeinse Ryk insluitende die Caesar.

4. Maar Korinthos was ook 'n bestemming vir religieuse pelgrims — 'n kosmopolitaanse stad wat geken is vir sy vryheid en toleransie. Tot op datum is 26 tempels uit die antieke tyd in Korinthos gevind wat opgedra is aan verskeie gode en godinne.

   Die bekendste is natuurlik die Tempel van Apollo (seun van Zeus en regter van religieuse wette) en op die Akrocorinthos was die Tempel van Aphrodite (the goddess of sexual love and beauty).

   Daar was ook die Tempel van Asclepius (the god of spiritual and physical healing). Net buite die tempel was winkels waar replikas van liggaamsdele (wat genesing nodig het) gemaak is met klei of keramiek. Met een van die opgrawings is honderde sulke terracotta liggaamsdele gevind ... voete, bene, arms, hande, geslagsorgane, en selfs 'n keramiek skedel met 'n brein.

Hiermee blaai ons nou deur hierdie briewe wat Paulus geskryf het aan die gemeente in Korinthos.

Die twee briewe wat ons het, is eintlik deel van VIER briewe wat aan dié gemeente geskryf is: 1 Korintiërs 5:9 verwys na ʼn vroeër brief en 2 Korintiërs 2:3-2 verwys na sy ‘bedroefde en ernstige brief’ — ons het met ander woorde sy tweede en vierde brief as deel van ons Bybel.

Met bogenoemde as agtergrond gaan ons Sondag kyk na drie spesifieke gedeeltes waar Paulus verwys na die Isthmian Spele (Atletiek), die Tempel van Asclepius (eenheid van die Liggaam), en die Tempel van Aphrodite (die Goddelike Liefde teenoor losbandige erotiese liefde).

  • 1 Korintiërs 9:24-27 — “Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.”
  • 1 Korintiërs 12:12-27 — “Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus…” en ʼn entjie verder, “As die voet sou sê: “Omdat ek nie 'n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie…” en sluit dan af met, “Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.”
  • 1 Korintiërs 13:1-13 — “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”

Ons weet dat Paulus saam met Pricilla en Aquila tentmakers was in die stad. Ons weet dat Korinthos ʼn groot Joodse gemeenskap gehad het. Ons weet daar was ʼn sinagoge wat Paulus gereeld besoek het om te praat oor Jesus en toe hy daar verdryf is, het hy langsaan in die huis van Titius Justus ʼn gemeente gestig.

Hy sou later vir sy lewe vlug uit Korinte en terugkeer na Efese (in vandag se Turkye) van waar hy sy briewe aan dié gemeente sou skryf.

Ons gaan Sondag drie vrae antwoord:

  •    Wat beteken dit om die wedloop met dissipline en toewyding te hardloop?
  •    Wat beteken dit om die liggaam van Christus te wees?
  •    Hoe manifesteer die Agapé (liefde) waarvan Paulus praat in ons lewe?

Dit beloof ʼn wonderlike, insiggewende gesprek te wees.

Hoop om jou daar te sien, want dis ook my verjaarsdagnaweek.

Liefdegroete

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“It doesn't have to bethe blue iris, it could beweeds in a vacant lot, or a fewsmall stones; just payattention, then patch a fewwords together and don't tryto make them elaborate,this isn't a contest but thedoorway into thanks, anda silence in which anothervoice may speak.”
―  Mary Oliver, ‘Praying’ 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights