LITURGIE: 18_maart_2018
Met goeie intensie neem ek laas naweek ‘af’ met die doel om iets lekker die naweek te doen ... tot groot ontnugtering word ek toe Saterdagoggend beroof terwyl ek pakkies uit die motor die huis indra. Wat ʼn ‘af-naweek’ moes wees ontaard toe in ʼn stop van alle kaarte, twee en half ure by ʼn polisiestasie, en sonder ID en bestuurlisensie of ʼn sent op my naam is dit toe ʼn naweek van tjoepstil vir die stad se liggies sit en kyk. Weet nie of ek my GPS of my brille wat gevat is die meeste gaan mis nie maar na so ervaring voel jy jou rigting kwyt en tas jy blind rond na die betekenis van alles.
Twee weke terug het ons afgesluit met — ‘Take up your cross’ - is Jesus’ way to say, ‘Place me in the centre of your life’ as a glorification of what it means to be whole; to be real; to be loving; to be inclusive; to be all that you can be. For the call to carry your cross is a call to be human, to be all that God is in our humanity. To see it as a cherished symbol of atonement, forgiveness, grace, wholeness, love. Only then will we understand the meaning of John 10:10, “I came (not to make you religious, or moral, or Christian, or powerful) but that you may have LIFE, and have it abundantly!”
Ons gesels dié maand wat oploop na Paassondag oor die betekenis van die woorde -- NEEM JOU KRUIS OP EN VOLG MY!
Soos ook reeds gesê, is dit nie ʼn oproep om dieselfde verdriet, vernedering, en verwerping as Jesus deur te gaan nie. Dit gaan ook nie oor die idioom, ‘laat Gods waters oor Gods akker vloei nie’ waarmee ons in versugting te kenne gee dat dit is nou maar eenmaal ons lewe, ons lot is en ons moet daarby berus dat seer en skade, teleurstelling en mislukking, skuldgevoel en vrees is deel van die lewe en ons moet ons kruis dra want, soos die sentimentele cliché dan byvoeg, God gee nie vir ons méér as wat ons kan dra nie. Wat ʼn loutere onsin! Stel jou voor, ʼn God wat êrens van buite besluit wat ons verdienstelike ‘kruis’ sal wees en as jy jou lewe gee vir dié godheid is dit die ultimate sacrifice ...
Nee, nee, en ʼn duisend keer NEE! — dit is nie wat Jesus bedoel met “groter liefde het niemand as die een wat sy leweaflê vir sy vriende nie” (Joh 15:13) want dit gaan nie oor ons bios (fisiese lewe) nie maar oor ons psigos (is die woord wat in Grieks gebruik word) wat beteken: siel, of Goddelike lewe. Met ander woorde, “Groter liefde het niemand as die een wat sy Goddelike Lewe vir sy vriende neerlê nie!” As Paulus praat van, “ons ou mens is saam met Christus gekruisig” (Rom 6:6) dan praat hy eweneens nie van ons fisiese liggaam nie maar van ʼn lewe wat aanhoudend sy doel mis (sonde); voortdurend verval in ego-denke, aanmekaar struikel oor aardse skuldgevoelens en vrees.
‘Neem jou kruis op en volg my’ — is Jesus se manier om te sê, herken jou skadukant ... erken jou skadu-self ... kenjouself deur eerlik te wees met jouself. Bring daai donkerkant na die lig. Dis waarna Jung verwys as hy praat van “To become conscious of the shadow involves recognizing the dark aspects of the personality as present and real. This act is the essential condition for any kind of self-knowledge.” Soos met feitlik alle ander groot waarhede was Jesus eerste met sy waarneming en die metafoor wat hy gebruik is, ‘neem jou kruis op en volg my!’
Hendri Nouwen verwoord dit mooi, “As long as your wounded self remains foreign to your adult self, your pain will injure you as well as others. Yes, you have to incorporate your pain into yourself and let it bear fruit in your heart and in the hearts of others.” Wat beteken, ons elkeen het ons ‘kruis’ en daardie kruis is waar ons emosionele pyn lê en waar ons leer om daardie kruis te dra, is ons getrou aan die Waarheid van onsself vir ons Self.
Die eerste twee verse van dieselfde Johannes 15 wat hierbo genoem word, sê, “ek is die ware wingerdstok en my Vader is die landbouer; elke loot in my wat nie vrug dra nie vat hy weg en elke loot wat vrug dra, snoei hy sodat dit nog meer vrug kan dra.” Hierdie woorde het ʼn hele nuwe betekenis vir my geopen oor wat lyding beteken en dís waaroor ons Sondag gaan gesels. Self al doen ek wat ek glo is reg en goed, word daar gesnoei. Om die waarheid te sê, VERAL wanneer ek doen wat goed en reg is. Daar waar mense met dank hul waardering uitspreek oor jou gunste en gawes; daar waar ons met empatie, medelye, en erbarming ander ophelp en weer rigting gee, word ons gesnoei.
Neem jou kruis op en volg my — is nie soseer ʼn oproep tot spirituele nederigheid as wat dit ʼn oproep is om ons spirituele luiheid op te gee nie. ʼn Gesnoeide wingerdstok is nie ʼn mooi ding om na te kyk nie maar ai, die smaak van die wyn wat kom van daai vrugte maak die seer-snoei die moeite werd ... want dan, dan besef ons weer, die boer is op die naaste aan sy lote as hy hulle snoei.
🌺 ACIM — Stad 19h30: 19 Maart — en Kolping 19h30: 15 Maart — Lessons 51-61 (which is a REVIEW on everything we’ve been reading the last 3 years!)
Gedagte vir die Week:
“The purpose of pruning is to improve the quality of the roses, not to hurt the bush.” — Florence Littauer