Die Skoenlapper-Effek V

29 JULIE 2018

Ons sluit Sondag ons maand se tema af oor — THE BUTTERFLY EFFECT — en gaan gesels oor ʼn klein woordjie wat ʼn enorme invloed kan hê op ons ganse lewe naamlik: ‘JOY’ — die bron van vreugde en blydskap. Ons het vreugde en blydskap as gevolg van JOY wat nie dieselfde is as HAPPINESS nie. Ons kan ongelukkig wees in sekere omstandighede of situasies en steeds JOY in ons gedagtes en gemoed hê. ‘JOY’ raak elke interpersoonlike verhouding maak nie saak hoe gestrem dit is nie; ‘JOY’ bepaal ons gesindheid teenoor ons werk en elke uitdaging wat oor ons pad kom; ‘JOY’ bring ʼn kwaliteit lewe en ʼn spirituele diepte wat jy nêrens anders gaan kry nie; “Joy is the infallible sign of the presence of God.” ― Pierre Teilhard de Chardin

Hierdie BRON van vreugde is nie iets wat met ons gebeur nie, dit is iets wat ons kies en aanhou kies, elke dag opnuut in elke situasie. Dit is ʼn keuse wat Liefde toelaat om in en deur ons te vloei. Vir ons wat ons Christenskap ernstig opneem, is JOY die suurstof van ons spirituele lewe. Niemand kan vir jou JOY gee nie en Goddank kan niemand dit van jou wegvat nie. Die BRON lê aan die binnekant, dit is ʼn fontein wat van binne af oorborrel in ons vreugde, blydskap en geluk. As ons sê, “h/sy maak my gelukkig” moet ons die sin verander na, “h/sy herinner my dat my vreugde kom van binne; h/sy is ontvanklik vir my vreugde wat oorloop!” Dit sal my BAIE gelukkig maak as iemand vandag sê, “Pak jou tas, ons gaan Barcelona toe” maar as ek nie ‘JOY’ inpak nie sal die reis niks meer of minder wees as net nóg ʼn besoek aan nóg ʼn stad nie.

Laat ek dit saamvat in een paragraaf: Goeters en geite en genoegens kan ons happy maak vir ʼn rukkie maar dit bring nie JOY nie. As ons JOY wil ervaar het ons nodig om ʼn verandering te maak in ons gesindheid, ons lewenstyl, ons aksies-en-reaksies. Baie mense is ongelukkig met hulself, ongelukkig in hul werk, ongelukkig in hul huwelike maar sal nie ʼn tree waag buite hul comfort-zone nie. Daar word gekonformeer vir ʼn vals-gerustheid na sekuriteit en die vrees van onsekerheid skree net soveel harder as ʼn innerlike vreugde wat jou bemagtig om dit te waag op “the road less travelled by” ... en skuil ons agter die verskoning dat ons “niks aan die situasie kan doen nie” en “dis die lewe, dis my lot.” 

JOY word gebore waar ons dit waag om ʼn nuwe ervaring te hê, ʼn totale ANDER reaksie op die same-old-same! Die BRON kry kans om haar water te laat vloei na jou boord waar die vrugte van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing fleurig groei. “When you do things from your soul, you feel a river moving in you, a joy.” ― Rumi

JOY and resentment cannot coexist, net so min as wat vrees en liefde onder dieselfde dak kan woon. Ek vra nou onlangs vir iemand hoe sy ‘PEACE OF MIND’ sal beskryf en haar weerlose antwoord, “ʼn dag sonder twyfel” Ons almal ken dit. Ons weet hoe twyfel en onsekerheid ons JOY versmoor en hoe verwyt en spyt ons roof van ‘the gift of joy’ wat God aan ons elkeen gegee het. As ons net kan laat los aan ons obsessiewe vasklou aan beheer, alles en almal wil control omdat ons glo hulle gaan/het ons JOY gesteel, in plaas van om elke oggend as jy jouself reg maak vir die dag hierdie mantra ʼn paar keer hardop te sê en dit aanhoudend deur die dag vir jouself herhaal: “I have control over how I plan to react, feel, think and believe in the present. No one guides the tone of my life, except me!”

By the grace of God, wees dan ontvanklik om die sluise van vreugde oop te maak. Haal die klippe uit jou leivoor wat vreugde verstop en vertroebel, en neem verantwoordelikheid vir die Godgegewe JOY om jou te stuur deur die kronkels van elke dag. Maak jou hart (die spens van vreugde) oop vir elke ontmoeting wat jy vandag gaan hê ― want ʼn sagte hart is ʼn sterk hart ... ʼn harde hart is ʼn swak hart.

We can feel vulnerable and still have joy because joy is the birthplace of love, belonging, courage, compassion, and empathy. Of soos Roy T. Bennett dit verwoord in ‘The Light in the Heart’ — “It’s important that what thoughts you are feeding into your mind because your thoughts create your belief and experiences. You have positive thoughts and you have negative ones too. Nurture your mind with positive thoughts: kindness, empathy, compassion, peace, love, joy, humility, generosity, etc. The more you feed your mind with positive thoughts, the more you can attract great things into your life.”

You can fake happiness, but you can’t fake JOY. JOY is always authentic because it comes straight from the soul. Kom ons sluit Sondag ons maand se gesprek af in ʼn oopgesprek oor die ‘THE GIFT OF JOY’ en dan praat ons oor wat ons kan doen om ons VREUGDE terug te kry waar ons voel ons het dit verloor; en hoe om dit te koester en kultiveer sodat dit die pols van ons elke dag bestaan word.
“Do not abandon yourselves to despair. We are the Easter people and hallelujah is our song.” ― John Paul II

Vir vandag — lag meer en worry minder; let op die klein goedjies wat vreugde bring en lig jou glas op JOY.
GROOT ASSEBLIEF versprei die kennisgewing vir 4 Augustus aan al jou vriende en familie:

SPIRITUALITEIT KONFERENSIE 2018: Bespreek so gou as moontlik by Lourita — registrasies.neospektrum@gmail.com of 071.579.45.39 vir ons jaarlikse Spiritualiteit Konferensie saam met Dr Jurie van der Heever (Evolusie en die Bybel)Dr Piet Naudé (Evolusie en Besigheidsetiek); en Dr Willie Koen (Evolusie en die Geneeskunde). Bring vriende en familie saam op 4 Augustus van 9am-1pm by SANLAM HOOFKANTOOR se ouditorium teen slegs R200 pp.

GEDAGTE VIR DIE WEEK
“Sometimes your joy is the source of your smile,
but sometimes your smile can be the source of your joy.”

― Thich Nhat Hanh ―

A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 2 Augustus @ 19h30 --
— Stad: 6 Augustus @ 19h30 --

[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights