Die Skoenlapper-Effek II

8 JULIE 2018

Ons gesels dié maand oor: THE BUTTERFLY EFFECT — wat ʼn verwysing is na die fenomeen waar ʼn klein dingetjie aanleiding kan gee tot iets GROOT ... positief óf negatief. So word daar gesê dat ʼn skoenlapper wat sy vlerke klap in China veroorsaak ʼn sandstorm in die Sahara. Ons het laas week ʼn hele paar voorbeelde genoem en vandag staan ons stil by die slinger wat die hele effek aan die gang sit naamlik: INTENSIE. Elke oorsaak (aksie) en gevolg (reaksie) word gebore in die wêreld agter ons oë. Elke voorneme, bedoeling of plan word gebore uit ons intensies. Intensies is wat gebeur die split sekonde voor daardie eerste gedagte en lank voor enige aksie of reaksie.

Onthou: alle emosies (vreugde, hartseer, kwaad, onseker, ontspanne, stres, ens) is reaksies en pendel altyd tussen oorsaak en gevolg — en dit is hoekom LIEFDE ʼn gevoel is en nie 'n emosie nie. Ons kan sekere emosies hê wat reageer op liefde maar liefde is die oorsaak van liefde en liefde is die gevolg van liefde ... en dit is hoe jy onderskei tussen emosies en gevoel. Vra jouself of dit wat jy voel ʼn oorsaak en ʼn gevolg het, as die antwoord JA is, is dit ʼn emosie (reaksie). But alas! people seek attention and not intention!

Dit is nie vreemd dat ons 99% van die tyd ons emosies (reaksies) kommunikeer en nie ons intensies nie. Soos Seneca tereg sê, “A gift consists not in what is done or given, but in the intention of the giver or doer.” Maar dan moet ons kan onderskei tussen wat ons dink is intensies en wat ons ervaar as drome, planne, voornemens, en goeie bedoelings want jou intensies gee geboorte aan hierdie lysie behoeftes en verwagtinge wat teelaarde is vir die ego se tantrums. Intensieis met ander woorde iets wat gebeur vóór ons (re)aksies, of anders gestel, intention is what guides us into thoughts, actions, and experiences. Wil jy anders reageer op die oorsaak-en-gevolg van die Butterfly Effect dan gaan ons moet begin let op wat tussen ons ore aangaan? Wat gee vorm en inhoud aan ons gedagtes voor dit oorgaan in aksies-en-reaksies?

Ons sê weer: die eerste ding wat ons moet verstaan van intensies is dat dit ʼn ‘energie’ is wat gebeur vóór enige gedagte, en soos ons weet gee gedagtes aanleiding tot dade en dade bepaal wat ons ervaar en wat ons ervaar se oorsprong lê in intensies. Die tweede ding is dat mense dikwels verwys na intensies as motiewe. Ons wonder altyd oor ander se motiewe, selde oor ons eie. Interessant is dat in die Ou Testament kom die woord ‘motief’ net op een plek voor en dit is in Spreuke 16:2 — “Al die weë van ʼn mens is rein in sy eie oë, maar die Here weeg sy motiewe.” Die woord vir ‘motief’ wat hier gebruik word is RUAG — gees, asem, siel, wind. Dis dieselfde woord wat dwarsdeur die Ou Testament voorkom as die RUAG JHWH – die Gees van God. Dis asof dit vra: waarop fokus jy, wat is jou bron, hoe bring ons intensies ʼn ruspunt tussen aksies en reaksies?

Maar dit is die derde hoek wat regtig die skoenlapper se vlerke aan die klap kry — intensies gaan oor purpose’ en die Hebreeuse woord is MATZIMMAH wat beteken: purpose, discretion, frame, mindful ... of die Griekse woord BOULEUO wat vertaal word met: purpose, tenacity, drive, mindful. Ons het al só baie hieroor gesels, dat die doel van elkeen van ons se lewe is ʼn vraag oor purpose and meaningfulness, which we obtain through our mindfulness! Ons kan dit saamvat deur te sê — waar ons intensies geanker lê in die Groot Energie en ons motiewe vloei uit die Gees van God kom daar ʼn ander doel wat ons gedagtes, aksies en reaksies, en ervaringe skoei tot ʼn lewe met ʼn groter en meer betekenisvolle bewussyn. Ons asem sagter en meer sensitief, ons luister meer as praat, ons doen meer as net droom, en so reflekteer ons intensies in ons aksies.

Ons het ʼn keuse — kies ons vrede of konflik, vergiffenis of verwyt, teerheid of woede, liefde of vrees? Elke keuse het ʼn effek ... gaan ons reageer vanuit ego-denke of siel-denke? Kan ons ons intensies kultiveer vanuit ʼn deurleefde spiritualiteit of is ons intensies niks meer of minder as: needs pleased, expectations satisfied, desires fulfilled ...? Dis hier waar GEBED so belangrike rol speel en ʼn verrykende invloed het op ons aksies en reaksies want, soos ook al baie gesê, gebed is gefokusde intensies. Ek bid nie om God te herinner dat ek aan hom dink nie, ek bid om myself te herinner dat God bewus is van my. Ons bid nie sodat ons ‘needs, expectations, and desires’ vervul sal word nie, ons bid om ons intensies te verfyn en te verskerp.

Met ons intensies gefokus op die vernuwing van ons gedagtes (Rom 12:2) kan ons Sondag die volgende verken:
Intensies wat gebore word uit ons verhouding met God beteken ʼn sinvolle lewe. Dit beteken om in diens te staan van ʼn liefde teenoor medemens en God. Intensies beteken dissipline en toewyding. Om bereid en beskikbaar te wees vir hulle wat geval het. Om compassion te koester en ʼn gesindheid te kweek van verstaan (truly understand) en om in alles wat ons doen bewus te wees van die Stem wat ons roep na ʼn betekenisvolle lewe waarin en waardeur dié Lewe vloei en ons tot seën is vir hulle wat oor ons pad kom. Intensies wat net in diens van onsself staan, bloei dood.

Die laaste woord behoort aan Akiroq Brost wat ek nog dikwels gaan aanhaal die volgende paar weke. Sy is ʼn skrywer by McGill International Media Network en sê die volgende oor intensies“Believe in your potential. Believe in your capabilities. Keep focusing on what you can do, and not on what you can't. Constantly work to empower yourself. Trust in your goodness and in love. Know your intentions, and hold on to those intentions no matter the outcome. No one can take your power away from you without your permission. Reclaim you power. Empower yourself. You are capable. Focus on the steps and the doing and you will soon find yourself doing and experiencing things you never imagined you could be. One brave step at a time. Perseverance, diligent, and consistent effort are incredibly powerful.”

Sien Sondag — en groot seblief versprei die kennisgewing vir 4 Augustus aan al jou vriende en familie.
SPIRITUALITEIT KONFERENSIE 2018: Bespreek so gou as moontlik by Lourita — lolitakiddies@gmail.com of 071.579.45.39 vir ons jaarlikse Spiritualiteit Konferensie saam met Dr Jurie van der Heever (Ewolusie en die Bybel)Dr Piet Naudé (Ewolusie en Besigheidsetiek); en Dr Willie Koen (Ewolusie en die Geneeskunde). Bring vriende en familie saam op 4 Augustus van 9am-1pm by SANLAM HOOFKANTOOR se ouditorium teen slegs R200 pp.

GEDAGTE VIR DIE WEEK“Alles wat waar is, alles wat edel is,
alles wat reg is, alles wat rein is,
alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is
– watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees –
daarop moet julle julle gedagtes rig.


― Filippense 4:8 ―
A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 19 Julie @ 19h30 --
— Stad: 23 Julie @ 19h30 --

[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights