Die Skoenlapper-Effek II

“In the end what matters is not how good we are but how good God is. Not how much we love Him but how much He loves us. And God loves us whoever we are, whatever we’ve done or failed to do, whatever we believe or can’t.”
— Desmond Tutu —

Iemand wat ek glad nie ken nie bel my oor die naweek. Sy stel haarself bekend en sê ʼn familielid het gesê dat ek haar sal kan help.

“Weet nie of ek sal kan help nie, maar ek kan luister…” antwoord ek.

Sy vertel dat sy die laaste handvol jare skrywers soos Brad Blanton, Wayne Dyer, en Thomas Merton ontdek het. Hulle het haar op ʼn nuwe reis van spiritualiteit gesit wat veel meer met haar siel resoneer as “die eng NG-manier waarmee ek grootgemaak is.”

Maar hoe sy nou dink en glo het haar op ʼn kruispad van konflik met haar familie gesit. Sy vertel hoe elke oproep, elke familiebyeenkoms, ʼn plek geword het van konfrontasie. “Hulle raak gemeen en sê goed wat regtig seermaak.” En toe begin sy huil, “… wat moet ek sê as ek hoor dat ek reguit hel toe gaan omdat ek anders glo as hulle?”

Hoe dikwels in my lewe het ek al gesien dat dit makliker is om ʼn geharde misdadiger te lei tot bekering as om ʼn Christen te red van veroordeling, agterdog, en selfgeregtigheid.

Wat ek hoor, is iemand wat vertel dat haar vriende en familie nie haar pad van inspirasie en transformasie verstaan nie — en wat ons nie verstaan nie, word gevrees.

Op ʼn sagte, liefdevolle manier het ek probeer verduidelik dat die “NG manier” is nie verkeerd óf sleg nie. Dit kom uit ʼn bepaalde kultuur-historiese raamwerk waarin ‘tribal religion’ steeds ʼn baie groot rol speel. Haar manier, of hulle manier is nie die regte manier nie, dit is net ʼn ander manier van dink en glo …

… en haar manier van glo verdien om met liefde, aanvaarding, respek, en deernis behandel te word want DÍT is die regte en beter manier.

Dawid skryf in een van sy Psalms —

“Die Aarde is die Here s'n, in die volheid daarvan; die Wêreld, en almal wat daarin woon.” — Psalm 24:1

Paulus beaam dit in sy brief aan die gemeente in Efese —

“ÉÉN God en Vader van almal, wat oor en deur en in alles is.” — Efesiërs 4:6

Ek het haar aangemoedig om aan te hou lees, aan te hou om haar eie gedagtes en geloofsoortuigings uit te brei vir ʼn groter, dieper verstaan van wie en wat God is en hoe God hom-/haarself in haar lewe manifesteer.

Ek het voorgestel dat sy by die eerste en beste geleentheid vir haar familie moet sê — “ek kom na julle toe met liefde en respek en waardering vir die manier hoe julle God ken en ervaar. Mag ek vra vir dieselfde liefde, respek en aanvaarding, want wanneer julle die goed sê wat julle doen, maak dit my regtig seer. Wanneer julle manier van glo iemand se menswaardigheid skend, is dit miskien tyd om julself te vra: wat sou Jesus doen?”

Daarna het ek vir haar hierdie Spaanse Geloofsbelydenis gelees en gesê dat as sy haarself daarmee vereenselwig, sal ek dit vir haar stuur en kan sy dit gerus met haar familie deel.

Ons glo in God die Almagtige,
Skepper van die hemel en die aarde;
Skepper van alle nasies en kerke;
Skepper van alle tale en rasse.
Ons glo in Jesus Christus, sy Seun, ons Heer,
God wat vlees geword het as 'n mens vir die mensdom
God wat vlees geword het in tyd vir alle tye,
God wat vlees geword het in een kultuur vir alle kulture,
God wat vlees geword het in liefde en genade vir die hele skepping.
Ons glo in die Heilige Gees
deur wie God in Jesus Christus sy teenwoordigheid bekend maak in ons mense en in ons kulture,
deur wie God, die Skepper van alles wat bestaan,
aan ons die krag gee om nuwe skepsele te word,
Wie se oneindige gawes ons een liggaam maak — die liggaam van Christus.
Ons glo in die kerk wat universeel is omdat dit die teken van God se heerskappy is,
Wie se getrouheid in al sy skakerings getoon word,
waar al die kleure saam net een landskap teken,
en alle tonge dieselfde lof besing.
Ons glo in die heerskappy van God — die dag van die groot Fiësta
wanneer al die kleure van die skepping 'n harmoniese reënboog sal vorm,
wanneer alle mense sal deelneem aan 'n vreugdevolle feesmaal,
wanneer alle tonge in die heelal dieselfde lied sal sing.
En omdat ons glo, verbind ons ons:
om te glo vir hulle wat nie glo nie,
om lief te hê vir hulle wat nie liefhet nie,
om te droom vir hulle wat nie droom nie,
tot die dag wanneer hoop 'n werklikheid word.

Gister stuur sy ʼn boodskap wat sê — “Ek het dit Sondag om etenstafel hardop gelees. My pa het opgestaan en my ʼn druk kom gee. Ek dink dit was sy manier om te sê: ek verstaan.”

Kom ons kyk vandag na al ons spanning en onsekerheid, ons vrese en konflik, en dan vra ons onsself — wat sal verander as ons dit met LIEFDE doen?

Met liefde. Net liefde. Liefde genoeg.
Soos altyd

NS: Baie dankie vir almal wat positief reageer het op laas week se versoekskrif om ons finansieel te ondersteun. Dit is met groot waardering ontvang. As jy dit oorweeg om ons te help, is Neo-Spektrum se inligting onderaan hierdie blad beskikbaar.

  • Vir enige navrae kontak Edward Smuts by 0827881824
  • Vir elke bydrae — hoe klein of hoe groot ook al — sê ons dankie.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Love is giving up control. It’s surrendering the desire to control the other person. The two – love and controlling power over the other person – are mutually exclusive. If we are serious about loving someone, we have to surrender all the desires within us to manipulate the relationship.”
― Rob Bell 

 

Belangrike skakels om te besoek:

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Voorlopig weer opgeskort weens Covid reels.
-andersins-
Elke Sondag om 10:00

Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights