Die Skoenlapper-Effek I

1 Julie 2018

LITURGIE: 1_julie_2018

Ons het elke jaar ons WINTER-HOOP projek waar ons vir ʼn maand lank vir MES ondersteun in die insameling van noodsaaklike behoeftes. Dit word elke jaar ruim ondersteun maar om een of ander rede is daar 70 sakke wat gevat is steeds uitstaande. Kan ons ASSEBLIEF ʼn beroep doen om dit eerskomende Sondag vir ons te bring met die lysie goed wat nodig is? GROOT asseblief!
Daar is in die winter geen mooier plek in Suid Afrika soos die Kaap nie. Die lowergroen wat oral soos ʼn tapyt uitgerol lê veral na die verligting van die reën. Die koningsblou van die hemel as die wolke wegskuif en die sagte winterson se lig teen die berge wat lyk soos ʼn Pierneef skildery. Dit is geen geheim nie, ek is ʼn wintermens wat op my gelukkigste is as ek deur hierdie winterlandskap ry met ʼn serp om die nek en ʼn hart wat oorloop van dankbaarheid om in hierdie baie mooi gedeelte van ons land te woon.

Omdat Julie ook my geboortemaand is, is daar altyd ʼn stukkie introspeksie en nabetragting oor die jaar wat verby is. Die hoogtepunte en uitdagings, die lesse en hier en daar ʼn blou kol – gelukkig geen wonde nie. Onwillekeurig dink ʼn mens terug aan al die oorsaak-en-gevolg oomblikke van die laaste jaar en daarom gaan ons dié maand gesels oor: THE BUTTERFLY EFFECT.

The Butterfly Effect — wat bekendstaan as ‘the Chaos Theory’ kom basies daarop neer dat die kleinste aksie kan aanleiding gee tot ʼn katastrofiese reaksie, of wat ons dink is niksseggend kan verrykende (positiewe óf negatiewe) gevolge hê. Dean Koontz verwoord dit mooi in sy boek, ‘From The Corner of His Eye’ as hy sê, Each smallest act of kindness, reverberates across great distances and spans of time — affecting lives unknown to the one who’s generous spirit, was the source of this good echo. Because kindness is passed on and grows each time it’s passed until a simple courtesy becomes an act of selfless courage, years later, and far away.”

Klein wysigings in jou denke, en klein verskuiwings in jou energie, kan lei tot ʼn massiewe verandering in jou eindresultaat. Almal van ons pendel soms in die onheilige drie-eenheid van ‘would have, could have, should have ...’sonder om te besef dat ons gedagtes is eintlik soos ʼn movie wat ons kan pause, rewind, or slow down. Ons het die krag om enige oomblik, ongeag, nieteenstaande, desondanks ons omstandighede of situasie anders te reageer. Dis eers as ons besef dat 90% van ons emosionele pyn lê in ons RE-aksie, dat ons gaan begin om op te let wat tussen ons ore aangaan.

Dit is eers as ons ons denke gaan begin verander dat ons aksies (handel, wandel, doen en late) ook gaan verander. Alhoewel natuurrampe, oorloë, en gekke politici meestal die geskiedenis skryf, is die goed wat regtig die wêreld verander daardie klein gebeurtenisse, miskien self onbewustelike oomblikke wat ʼn kettingreaksie tot gevolg het wat die wêreld in sy fondasie skud en die mensdom op ʼn hele ander roete sit.

Hier is ʼn paar voorbeelde:

  • In 1905 doen ʼn jong Duitse seun aansoek om toegelaat te word by Academy of Fine Arts in Vienna. Hy word afgekeur. Tweemaal. Hy sluit aan by die Duitse weermag waar hy homself opwerk in die range. Sy naam was, Adolf Hitler. As die Weense Akademie vir Kuns maar net geweet het.
  • In 1924 was daar ʼn Deense skrynwerker met die naam Ole Kirk Christiansen. Hy het ʼn klein familiebesigheid gehad waar hy houtwerk gedoen het en baie lief was om speelgoed te maak. Sy hele besigheid brand een nag af en in sak en as (letterlik) besluit hy dat hy ʼn groter werkswinkel gaan bou maar die groot depressie slaan toe ook in sy land en daar is nie geld vir houtwerk nie. Hy besluit om mense te leer om te droom deur houtblokkies te maak waarmee hulle hul eie (speel-speel) huise kan bou. Plastiek kom op die mark en hy begin ʼn besigheid met die naam Leg Godt (wat beteken: speel goed) wat vandag bekendstaan as LEGO. Daar is sowat 500 biljoen LEGO stukke in die wêreld ... dit is 70 vir elke mens op die planeet — en dit alles omdat sy werkswinkel afgebrand en hy besluit het om anders te reageer.
  • In 1990 word die Hubble Teleskoop in die ruimte gestuur maar met die eerste foto’s wat terugkom besef hulle dat daar iets groot fout is want alles is uit fokus. DRIE jaar, en biljoene dollars later om die Space Shuttle heen en weer te stuur, was die fout ʼn vlek op die glas van die teleskoop wat veroorsaak is deur ʼn verfspatsel, 25 kleiner as die dikte van ʼn menslike haar.

Die Bybel het ook vele sulke voorbeelde waarvan die verhaal van Josef maar net een is. Sy broers gooi hom in ʼn put en verkoop hom as ʼn slaaf. Jare later sou hy sy hele familie se lewe red as hulle vir kos gaan bedel in Egipte. Maar dit is Jesus se gelykenis van die mosterdsaadjie wat ons fokus plaas op die spirituele oorsaak-en-gevolg beginsels van die Butterfly Effect. Ons kan Sondag hierdie gelykenis verken met ʼn boodskap vir elke vrou, en kind en man — jy is hier om ʼn verskil te maak; jy het die krag en die mag om die wêreld waarin jy leef te verander.

Hoe gouer ons wakker word vir hierdie Realiteit, hoe gouer sal daar ʼn balans kom tussen ons fisiese en spirituele welstand ... ʼn harmonie tussen liggaamlike en die geestelike geluk.

Onthou daardie sakke ... en bring Sondag vriende en familie saam vir ʼn uur se ONTHOU!

GEDAGTE VIR DIE WEEK"Don't count the days;
make the days count."

― Mohammed Ali ―
A COURSE IN MIRACLES
— Weer na die SKOOLVAKANSIE --
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights