“Gratitude makes sense of our past,
brings peace for today,
and creates a vision for tomorrow.”
― Melody Beattie —
Met ons Spirituele GPS in die hand het ons dié maand gesels oor: ʼn Pad terug na God.
Van OORGAWE na AANVAARDING na
Op universiteit is die drie geloofsbelydenisse van die kerk in ons ingedril. Ek kan min daarvan onthou, miskien te wyte aan die swaar kerklike taal waarin dit vertaal is uit die Duits, of miskien vanweë die feit dat ek toe reeds besef het dat ʼn geloofsbelydenis wat geskryf is in 1563 kan en mag nie die enigste of laaste woord wees wat ons geloof in, en ervaring met God verwoord nie.
Daar is wel ʼn paar goed wat ek onthou waarvan Sondag 1, Vraag 2 van die Heidelbergse Kategismus my nog altyd bybly —
Met ander woorde — ek moet wéét wat is die goed wat maak dat ek my doel (calling, purpose, vocation) mis; ek moet die pad terug na God kén met my hele hart, my hele siel, en met my hele verstand; sodat ek sal onthou om ʼn lewe van dankbaarheid (gratitude, appreciation, thankfulness) te lei.
► Een van die spirituele beginsels waarin ek nog altyd onwrikbaar glo, is — thankfulness releases the power of God.
— nie omdat God jou seën as jy dankbaar is nie (God het nie dankbaarheid nodig om God te wees nie) maar omdat dankbaarheid jou bewus maak van die seëninge van God wat reeds, en nog altyd, vir almal daar was.
► Dankbaarheid weet wanneer is genoeg, genoeg.
► My dierbare pa het altyd gesê — “Maak dankbaarheid die kussing waarop jy elke aand kniel …”
Die mees sinvolle gebed het meer as dikwels net één woord, ‘DANKIE’ — en hierdie ‘dankie’ ontsluit ʼn ‘vrede’ wat alle verstand te bowe gaan (Filippense 4:7); en daardie ‘vrede’ bring ʼn ‘vreugde’ wat nie afhang van omstandighede nie (Habakuk 3:17-19).
► Give with joy … accept with gratitude
Wanneer ek met dankbaarheid en waardering van iemand iets ontvang, in daai oomblik, kry ek die mooiste en beste van wie en wat hulle is. Daardie gedeelde vreugde is ʼn vlam wat verlig (ligter maak) en verlig (verhelder).
“Two kinds of gratitude: The sudden kind we feel for what we take; the larger kind we feel for what we give.” – Edwin Arlington Robinson
Dit is ʼn vlam wat ons verwarm en beskerm. Dis ʼn vlam wat ons voed en suiwer. Dis ʼn vlam wat ons wys waar is die pad terug na God.
Helaas, ons vat baie dinge vanselfsprekend — ons gesin, vriende, ons gesondheid, die dak oor my kop, die kos op my bord, die motorsleutel in my sak, die kaart waarmee ek vir goed betaal. ÓF, miskien is dit die enigste goed waarvoor ek elke dag dankie sê …
… maar, kan jy ook dankie sê vir jou hartseer en verdriet omdat dit jou op ʼn punt van oorgawe gebring het? Kan jy dankie sê vir jou onsekerheid en twyfel omdat dit jou bring om eerlik met jouself te wees? Kan jy dankie sê vir jou siekte omdat dit jou nader aan jouself, jou medemens, en God gebring het?
► Dankbaarheid word gebêre in die spens van jou hart.
Dit verander weerstand in oorgawe, ontkenning in aanvaarding, onverskillig in verantwoordelik, stagnasie in verandering, onvergenoegd in dankbaarheid.
“The more grateful I am, the more beauty I see.” — Mary Davis
Dankbaarheid maak jou fisiese én jou spirituele sintuie oop. Ons sien die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek anders as dit deur die bril van dankbaarheid bekyk word. Ons luister en hoor beter. Ons gevoel word nie gedryf deur emosies nie. Ons proe en ruik net soveel beter as dit kom uit ʼn plek van dankbaarheid.
Maak geen fout nie, dankbaarheid vorm die basis van jou verstandelike, fisiese, en geestelike welstand. Dit gee betekenis. Dit help jou om sin te maak en koers te hou wanneer alles om ons wegval.
Maar dankbaarheid is ook ʼn dissipline. Dit is iets wat jy kweek, koester, en kultiveer. Soms raak ons so verdwaal in die loopgrawe van ons kop.
Kom ons sluit Sondag hierdie maand se tema af met ʼn fontein van dankbaarheid.
Ons laat die leivore van waardering toe om te vloei na die beddings van ons huis en die boord van ons werk en vriendekring.
Vandag kies ek om te fokus op dankbaarheid, want sien — my seun is vandag 23 jaar oud.
Met 'n hart vol waardering
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
"Be mindful. Be grateful.
Be positive. Be true. Be kind."
― Roy T. Bennett ―
Elke Sondag om 10:00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville
Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek