Die pad terug na God III

11 Augustus 2021

“There can be no personal liberty,
without personal responsibility.”
― Wolfgang von Goethe —

Met die nalees van laas week se brief, en na aanleiding van Sondag se gesprek in ons Sirkel, het ek besef dat die PAD TERUG NA GOD begin met OORGAWE (surrender). Die tweede wegwyser is VERANTWOORDELIKHEID en pas daarna is dit AANVAARDING.

Met ʼn beter perspektief verstaan ek beter hoe die roete lyk.

Kom ons gesels vandag oor ‘verantwoordelikheid’ — toerekenbaarheid, sorgsaamheid, en aanspreeklikheid is waardes wat gepaardgaan met volwassenheid. Sonder verantwoordelikheid verval ons in onsekerheid, kleingelowigheid, en wantroue.

“… iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.” — Jakobus 1:6

Nog ʼn aspek wat saam met ‘verantwoordelikheid’ gaan, is betroubaarheid.

Betroubaarheid gaan hand aan hand met integriteit. Om betroubaar te wees, is om iemand te vertrou. Om te weet iemand vat verantwoordelikheid vir sy / haar aksies en reaksies.

As Jesus praat van hulle wat “rein van hart” is, dan dink ek hy praat onder andere van hulle wat betroubaar is, diegene wat met integriteit optree.

Wanneer Paulus praat van verantwoordelikheid dan sê hy vir die gemeente in Efese —

“... ons sal nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind nie.” — Efesiërs 4:14

Daar is baie redes waarom ons nie verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Soms is dit omdat ons gewoon te lui is. Ander kere is dit omdat ons bang is vir teleurstelling of verwerping, maar dit kan ook wees dat ons oorweldig voel deur die omvang van omstandighede.

Wat is die top TIEN goed wat ons kan doen om emosionele, intellektuele, en spirituele verantwoordelikheid te vat vir ons lewe —

  1. Neem verantwoordelikheid vir jou gedagtes, woorde, emosies, aksies, en reaksies — ons is nie net verantwoordelik vir wat ons doen nie, maar ook vir wat ons dink. Wat ons doen begin by wat ons dink. Our thoughts determine our reality. Full stop.
  2. Verantwoordelikheid begin by intensies — voor ek nog iets gedink het, voor ek dit nog woorde en aksies gegee het, lê daar ʼn intensie agter alles. Wees eerlik met jouself oor hoekom jy iets dink en doen. As jy dit doen om waarde toe te voeg, doen dit. As dit is omdat jy suur, suinig, of sinies is, stop dit.
  3. Stop blaming, stop complaining — dis maklik om te verval in 'n ‘victim mentality’ waar ons die hele tyd simpatie soek sodat ons nie verantwoordelikheid hoef te aanvaar nie. Dis gerieflik om te kerm en kla oor als wat nie regverdig of jou skuld is nie. Dit vra eerlikheid, integriteit, betroubaarheid om te sê: ék vat verantwoordelikheid. Ek is nie 'n slagoffer van omstandighede nie.
  4. Verstaan dat jy altyd 'n keuse het — ek weet ek het dit al 21 374 keer gesê, maar steeds nie genoeg nie. Ons het nie altyd 'n keuse wat met my gebeur nie, want soms word mens siek, soms verloor jy jou werk, soms besluit iemand om uit 'n huwelik te stap, soms is jy in 'n ongeluk waarin jy onskuldig is, maar nie een van hierdie goed vat die keuse van jou weg hoe jy daarop gaan reageer nie.
  5. Hou op om verskonings te maak — “ek het nie tyd nie”; “ek weet nie hoe nie”; “ek kan nie anders nie”; “ek moet eers dit of dat doen” … so gaan daar ʼn hele lewe by jou verby sonder dat jy enige iets leer, of groei, of verander.
  6. Groei 'n ruggraat — ek het 'n koshuisvader gehad wat altyd gesê het, ‘die gatkruipers kuier by die slapgatte’ as niemand verantwoordelikheid wil vat vir iets nie. Staan vir iets, anders val jy vir alles. Neem 'n besluit. Doen wat jy belowe het om te doen. Moenie net wil doen wat maklik, gerieflik, geleë is, of sodat ander van my sal hou nie.
  7. Dink vir jouself — my pa en ma het my van kleinsaf geleer dat die resep vir 'n gelukkige lewe is: 1 koppie geduld, twee eetlepels common sense, klits en meng dit met 'n sin vir humor en jy sal gelukkig wees, my kind. Beterweters en napraters vat nooit verantwoordelikheid nie. As jy nie weet nie, vind uit! As jy onseker is, vra raad.
  8. Hou op om vir alles bang te wees — we live in a world ruled by anger and driven by fear … ons sien dit daagliks om ons waar mense besluite neem gebaseer op vrees. Mense gaan in verhoudings uit vrees vir alleen wees; ons glo in God uit vrees vir die hel; en offer ons self-waarde en self-respek op uit vrees vir verwerping.
  9. Fokus op wat NOU aan die hand is — dit verskerp nie net jou fisiese sintuie nie maar ook jou spirituele sintuie. The past is history, the future a mystery, today an opportunity. Take responsibility for today, right now, right here. Daar is baie wat ons kán doen en nog meer wat ons wíl doen, maar gaan doen vandag wat jy móét doen.
  10. Leer die gawe van vergiffenis — miskien is dit die grootste en belangrikste punt van verantwoordelikheid. Vergewe die manier wat jy dink oor dit wat met jou gebeur het. Weet wanneer om te laat los aan die goed waaraan jy so swaar dra. Vra vergiffenis waar jy iemand seergemaak het. Vat verantwoordelikheid vir die konsekwensies en implikasies van jou aksies en reaksies.

JA, verantwoordelikheid is ʼn keuse. Soms is daardie keuses ondraaglik swaar, maar nooit onmoontlik nie. Om te sê dat ek nie ʼn keuse het nie, is om weg te stap van my verantwoordelikheid en dis nie hoe iemand met integriteit optree nie.

As Christen is verantwoordelikheid ook ʼn roeping — “wees vriendelik, bewys medelye, vergewe mekaar soos God jul vergewe het,” (Ef 4:32); en “dra mekaar se laste, want dit vervul die wet van Christus.” (Gal 6:7); “want God het aan ons ʼn Gees gegee, nie van vrees nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (1 Tim 1:7)

Kom ons gesels Sondag oor ʼn sin van verantwoordelikheid as die Pad terug na God.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

"If you can take responsibility for your own life, then you will begin to realize that you can change it"
― H. K. Abell 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights