In ons gesprekke oor die laaste paar weke weet ons dat ‘HOME’ nie ʼn plek is nie ... dit het die bakstene of ʼn dak, deure of ʼn adres nie. Soos reeds gesê, ‘HOME’ is a safe space of renewal, blossoming, expansion, love, and joy! Waar ʼn mens se broosheid en kwesbaarheid nie onder verdenking geplaas word nie ... ʼn veilige ruimte waar ʼn mens jouself met jou Self kan wees.
Laas Sondag het ons gesels oor — ‘how to make a house a home’ en dié week gaan ons verskeie spirituele metafore verken wat ons vind in ons geestelike tuiste: daar is ʼn deur wat ʼn mens moet oopmaak om in te gaan; die sitkamer waar ons vriende en (van tyd tot tyd) vreemdelinge ontvang; ons het ʼn kombuis waar ons die vrugte van die Gees voorberei vir ʼn maaltyd wat ons spirituele honger en dors sal les; daar is die studeerkamer waar ons in afsondering tyd spandeer om te lees en ons verwysingsraamwerk verbreed maar ook ons stiltetyd hou; elke huis het ʼn slaapkamer waar ons ons lewenskrag herwin en onsself toelaat om te rus; daar is ʼn badkamer waar ons die sorge en spanning afwas en dit saam met die water laat wegvloei om skoon en verfris óf ons dag aanpak óf voor ons onsself neerlê vir die nag; en elke huis het vensters waar die lig inkom, soms oopmaak sodat ʼn vars bries deur die huis kan waai of soms net voor die ruit staan vir die uitsig wat ʼn nuwe insig bring.
Ons kan huise koop en verkoop. Ons kan die een groter en mooier bou as die vorige een, maar ‘HOME’ is iets wat jy saam met jou vat. ‘HOME’ is iets aan die binnekant, dit is die spasie waar die siel tuisgaan. Vir lank in my lewe het ek op ʼn plek gebly maar my koffers was in Amsterdam, ʼn sleutel uit Parys, ʼn landkaart van Spanje — my gedagtes, drome, wense, ideale, aspirasies, en verlange was oral maar nooit 'tuis' nie. Die laaste sewe of agt jaar het ek tuisgekom ... ‘HOME’ was skielik die klop van my hart en soms my wakker lê met musiek in my donker kamer. Die skadu’s teen die mure was soms spoke uit my verlede en soms engele uit my hede is. Die maanlig deur my oop gordyne en die geluid van enkel motor in die straat het ʼn blywende gedagte gevestig: ‘HOME’ is vry van mure en heinings, alarms en hekwagte ... en geen deur is ooit gesluit nie want ons is TUIS met God.
“The rain came down, the streams rose, and the winds blew and beat against that house; yet it did not fall, because it had its foundation on the rock.” ― Matteus 7:25
Dit waarna Spreuke 24:3-4 verwys, “Daar is verstand nodig om 'n huis te bou, insig om sy fondamente te lê, kennisom sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed.” Hierdie huis is nie gebou met sement en bakstene nie, dis nie ʼn huis wat deur ʼn vloed weggespoel of na jare ʼn ruïne word nie. Dit is ʼn altaar wat Jesaja 32:18 beskryf as, “My people will abide in a peaceful habitation, in secure dwellings, and in quiet resting places.”
Karen Maitland verwoord dit as volg, “Home is the place where life is born, not the place of your birth, but the place where you seek rebirth. When you no longer have to remember which tale of your own past is true and which is an invention, then is the time to seek out your home. Perhaps only when you have come to understand that, can you finally reach home.”
Hoe dikwels het ons dié drie vrae al gevra: Wie is ek? Waar kom ek vandaan? Waarheen gaan ek na toe? — waarom raak meer en meer mense ontsteld en gekwel deur hierdie vrae? Want ons verwar vorm met inhoud. Ons kan nie meer onderskei tussen dimensies en intensies nie. Ons is deel van die beeldkultuur waar ons selfbeeld bepaal word deur die media en ons selfwaarde deur die vraag of ons aanvaarbaar is of nie. As deel van die stedelike kultuur sit elkeen in sy eie kot en maak ons seker ons mure is hoog genoeg dat niemand kan in of uit nie. Elkeen vir homself. Ons vra nie meer vrae oor die goed wat op ons afgedwing word nie. Ons huise is vol genoegens maar voel nêrens tuis nie.
As die enigste identifikasie van ons identiteit bepaal word deur die kosmetiese herkonstruksie van ons voorkoms, die adres van ons huis, die hoeveelheid vakansies waarop ons per jaar kan gaan ... dan bly die hoop maar slegs dat ons dit alles sal kan volhou.
Ons is die generasie van hype (excitement) & kick (thrill) — tot ons met teenstand of teëspoed te make kry dan stort ons hele hype-kaartehuis inmekaar. Ons leef in die banaliteit van ‘te veel’ en nooit ‘genoeg’ nie, hoe groter die kick, hoe groter die genot. Die mens probeer die gevoel van leegheid kompenseer deur prikkels van buite te soek. Steeds meer. Steeds groter. Geen wonder dat die virtuele wêreld meer werklikheidswaarde het as die egte wêreld nie. Daagliks word meer tyd spandeer in die skep, en die onderhoud, van ons virtuele identiteit as die bestaanswerklikheid. Virtuele emosies het geen plek vir egte gevoel nie. Tyd vir die werklikheid, vir die realiteit van lewe, staan al hoe meer op die agtergrond. Die geniet van die gewone, die genoegsaamheid van gewonigheid, vind ons vervelig. In die lewe wat gevul is met hype & kick is daar weinig wat ons motiveer, is ons met niks tevrede nie en is die meeste nie meer genoeg nie. Dit moet altyd meer. Altyd beter. Ons is by die huis maar nie tuis nie.
Kom ons sluit Sondag af met ons tema — TUIS VIR GOD -- en bring die maand se gesprekke saam in die herinnering van Psalm 127:1-2
As die Here die huis nie bou nie,
swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs.
As die Here die stad nie beskerm nie,
waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.
Tevergeefs dat julle vroeg opstaan
en laat gaan slaap
om met moeite 'n bestaan te maak.
Vir dié wat Hy liefhet,
gee die Here selfs in hulle slaap.
GEDAGTE VIR DIE WEEK“Every day is a journey,
and the journey itself is home.”
― Matsuro Bashô ―
A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 8 en 22 November @ 19h30 --
— Stad: 12 en 26 November @ 19h30 --
Lessons 125-130
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]