“Ou swerwer
swerf nog bietjie langer
nog bietjie verder
miskien sal jy eendag
jou pad huis toe kry
Ou soeker
soek nog bietjie langer
nog bietjie dieper
miskien sal jy eendag
die antwoord kry
Maar dit maak nie meer saak nie
want die dice het geval en gerol en vertel
ek wens dit was nie waar nie
maar ek sallie ooit weer
met jou kan dans nie
Ou dromer
droom nog bietjie langer
jy sal weet wanneer
die droom verby is
dan's dit tyd om te gaan”
— Ou Swerwer, deur Piet Botha
Op ʼn vreemde manier raak Piet Botha se dood my met dieselfde rou emosie as wat gevoel is met Ralph Rabie (Kerkorrel) se dood. Dis asof daar nie genoeg van hierdie Afrikaner bome oor is om een enkele een te verloor nie. Oral waar mense hulde bring aan Piet is daar net liefde en getuienis op getuienis van sy liefde vir almal wat sy pad vir ʼn rukkie of langer saam met hom gereis het. Die liefde — om iemand te onthou vir nét dit: die liefde — en alles te doen vir nét dit: die liefde.
Dit sluit dan ook aan by ons maand se tema — DIE LIEFDE VAN GOD — ons is swerwers, soekers, dromers na die LIEFDE ... ons kaarte, ons sleutels, ons hartstog, ons verlange na die LIEFDE.
Ons het laas week afgesluit met die aanhaling: “Though we are incomplete, God loves us completely. Though we are imperfect, He loves us perfectly. Though we may feel lost and without compass, God's love encompasses us completely ... He loves every one of us, even those who are flawed, rejected, awkward, sorrowful, or broken.” ― Dieter F. Uchtdorf
Die eerste ding wat ons moet verstaan van die liefde van God, is die waarheid dat God se LIEFDE is genoeg ... GOD LOVES YOU ENOUGH! Daar is niks wat ons kan doen om dit minder te maak nie en soos laas week reeds gesê, dit is allesinsluitend — wat beteken dat niks en niemand is uitgesluit in die volkome genoeg LIEFDE van God nie. “I have cared for you since you were born. Yes, I carried you before you were born. I will be your God throughout your lifetime—until your hair is white with age.” (Isaiah 46:3-4)
Die tweede ding om te weet, is dat Liefde is liefde is liefde, is LIEFDE. Daar is nie ʼn ander liefde vir jou vrou as vir jou kind as vir ʼn familielid as vir ʼn vreemdeling nie. Liefde is God en die LIEFDE van God is al wat daar is. JA, ons demonstreer dit op ʼn ander manier teenoor ons kind as teenoor ons beminde ... JA, ons wys dit dalk op ʼn ander manier teenoor ʼn vreemdeling as teenoor ʼn vriend maar LIEFDE bly liefde in elke manifestasie daarvan.
“Perhaps you think that different kinds of love are possible. Perhaps you think there is a kind of love for this, a kind for that; a way of loving one, another way of loving still another. Love is one. It has no separate parts and no degrees; no kinds nor levels, no divergencies and no distinctions. It is like itself, unchanged throughout. It never alters with a person or a circumstance. It is the Heart of God, and also of His Son.” — ACIM (Lesson 127)
Die derde ding om te besef, is die feit dat die afwesigheid van liefde is vrees. LIEFDE het nie ʼn teenoorgestelde nie, want soos gesê, LIEFDE IS ALLESINSLUITEND, maar in ons menslike illusies en verwarring oor wat die liefde is, verwar ons ons menslike behoeftes, verwagtinge, en verpligtinge met wat liefde is. Al die emosies van haat, woede, afguns, jaloesie, en ons desperate poging om control-freaks te wees, word alles gebore uit die afwesigheid van liefde — i.e. VREES.
Net soos duisternis die afwesigheid van LIG is, is vrees die afwesigheid van liefde. Nou weet ons dat ‘duisternis’ het geen mag of krag nie. As jy die deur van ʼn kamer vol lig oopmaak, kom die donker nie in die lig in nie — NEE, “die lig skyn in die duisternis en die duister sal dit nie oorweldig nie” (Johannes 1:5) Dieselfde geld vir waar ons die LIEFDE toelaat om in en deur ons te vloei. Liefde en vrees KAN NIE in dieselfde hart woon nie!
Die vierde en laaste aspek om vandag te onthou, is dat die LIEFDE van God het nie ʼn bietjie vir jou en baie vir my nie — dit het nie witbroodjies en voortrekkers nie. God het nie Christene méér lief as Hindoes nie en hierdie Liefde van God is volkome, volledig, volmaak teenwoordig in jou lewe. Met ander woorde — die volheid van hierdie LIEFDE is in totaliteit deel van jou en my as mens. Al wat jy moet doen, is om dit the ONTHOU en dan die deure en vensters oop te maak sodat dit in en om en deur jou kan vloei.
Ons kyk na hierdie LIEFDE soos iemand wat op ʼn strand staan en na die golwe kyk. Ons ervaar en beleef die Oseaan in die golwe wat hier om ons voete klots en kan onmoontlik nie die omvang van die diepte van die Oseaan begryp nie, maar ons sien en voel dit in die golwe wat om ons lywe breek. Dít is die LIEFDE van God.
Dieselfde Les 127 van ‘A Course in Miracles’ (ACIM) sê dit mooi — “If you achieve the faintest glimmering of what love means today, you have advanced in distance without measure and in time beyond the count of years to your release.”
Ons gaan dit Sondag verder verken en nooi jou om saam met ons te deel in die volheid van God se liefde.
Soos altyd
Terblanche
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Hierdie week se liturgie: 9 Junie 2019
.