Neuroscientists hou daarvan om hierdie gedig aan te haal, onder andere die Nobelpryswenner, Gerald Edelman, wat dit as die titel vir sy 2004-boek gebruik, ‘Wider Than the Sky: The Phenomenal Gift of Consciousness.’ As mens hierdie wetenskaplikes lees, kry ʼn mens die indruk dat hulle Dickinson gebruik vir ʼn poëtiese regverdiging dat die verstand is net die brein, en geestesdenke (mindfulness) kan net doen wat die brein wil doen. Maar sê hierdie gedig werklik wat hierdie neuroscientists dink dit beteken — dat jy (net) jou brein is? En is dit die gepaste manier om te dink aan poësie — (net) ʼn diensmaagd van die wetenskap?
Dit is my beskeie gevoel dat die antwoord is ʼn volslae ‘nee, dit doen nie,’ en om dié gedig so te interpreteer is om geheel en al die betekenis daarvan te mis. Die gedig gee ʼn filosofiese insig van die brein met drie vergelykings: die wydte van die brein tot die wydte van die hemelruim; die diepte van die brein tot die diepte van die see; en die gewig van die brein tot die gewig van God. Die brein is wyer as die hemelruim, want dit sluit dit in ... dieper as die see, want dit omvat dit ... die gewig van God, want ook dit is ingesluit.
Dis hier waar Dickinson met woorde die diepte van ons ervaring met God verwoord as sy met koppelstrepe en hoofletters die mens se ervaringswêreld weeg op die skaal van “include” and“contain” — want vir haar is die brein veel meer as net ʼn orgaan. Dit word "geabsorbeer" in ons denkvermoë, gedagtes, herinneringe, en geestesdenke.
Emily Dickinson se gedig sê nie “you are nothing but a pack of neurons” (om nog ʼn Nobelpryswenner, die bioloog Francis Crick, aan te haal) en weier sy om die mens se ervaring en belewenis te reduseer tot net die brein, soos sy dit mooi in ʼn ander gedig van haar verwoord:
I felt a Cleaving in my Mind—
As if my Brain had split—
I tried to match it—Seam by Seam—
But could not make it fit.
En dis hier waar ons ons maand se tema hervat — DIE LIEFDE VAN GOD — en nog ʼn paar tree gee in ons verstaan van wat dit beteken en hoe ons dit ervaar.
Ons stel vir onsself ʼn strik as ons LIEFDE soek in ʼn vorm, dimensie en definisie ... net soos wat ons geheel en al die inhoud en invloed van God mis as ons dit soek in vorms, definisies en dimensies. Miskien (just maybe) lê die diepte, wydte, en gewig van God se liefde in Dickinson se “inclusive sublime” — en kan ons hierdie liefde nét ervaar wanneer ons toelaat dat dit deur ons vloei, deur ons gebeur, deur ons harte, hande in diens staan van mekaar.
Liefde maak jou OOP — “gans oop vir God se oop” (soos Sheila Cussons dit beskryf), liefde maak jou ontvanklik, liefde bring ʼn sensitiwiteit, en liefde laat jou sien, proe, hoor, ruik, en voel met sintuie wat nie van die liggaam is nie.
Liefde bring ʼn groter perspektief — in plaas van net vaskyk teen die vuil op die ruit (ons dag tot dag se gehakketak) laat die Liefde ons deur die venster kyk om die UITSIG (wysheid) te bekom wat ʼn ander, nuwe INSIG (waarheid) bring. Liefde fluister én luister, dra én verdra — want die Liefde “include” and “contain” alles wat God IS**.
God en liefde word só misverstaan, want dit is een en dieselfde ding.
In die Evangelie van Johannes is daar sewe “EK IS ...” uitsprake en eerskomende Sondag gaan ons hulle weef in die tapisserie van die LIEFDE van God.
**In Eksodus 3:14 kry Moses die Godsnaam: EK IS WIE EK IS — die ‘wie’ in Hebreeus is ‘ashêr’ wat beteken: wie, wat, omdat, wanneer, waarin ... en dit sou 1500 jaar later vat voor iemand ʼn woord ná daardie ‘IS’ sou sit as die skrywer van die Johannes briewe sê, “GOD IS LIEFDE” (1 Joh 4:7-21)
En dit is waaroor Sondag gaan — “the inclusive sublime and the weight of the heart”
Hoop om jou daar te sien.
Terblanche
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Hierdie week se liturgie: 23 Junie 2019
.
.
STAD: 24 Junie 2019 @ 19:30
KOLPING: 11 Julie 2019 @ 19:30
Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]