Facebook het die gewoonte om ʼn 'MEMORY' te stuur van iets wat jy in die verlede geplaas het en so kry ek gister ʼn herinnering van 7 jaar terug (waar is die tyd heen?) — FAITH is not a drug to sedate us through a miserable life. It's a force that transports us to another realm of reality. An awakening into an awareness of our endless potential and infinite possibilities. And the key to this is forgiveness. For me, forgiveness IS resurrection just as faith is transformation.
Met ʼn nuwe maand kom ʼn nuwe tema en vir die vyf Sondae in Junie gaan ons stilstaan by — DIE LIEFDE VAN GOD — en vir mekaar vra: wat beteken dit om te sê, “God is Liefde” en hoe manifesteer dit in ons lewe; waarom het kerklike dogma ʼn spanning geskep tussen ‘die liefde VAN God’ en ‘vrees VIR God’ en is daar ʼn manier om dit nuut te formuleer sodat dit nie ʼn abstrakte gedagte is nie, maar ʼn gevoel wat oorloop vanuit die hart; en ten slotte, as ‘die liefde van God’ inklusief is, waar kom ons aan die selfgeregtigheid om sekere mense uit te sluit namens God?
Soos al ʼn paar keer die jaar genoem, Neo-Spektrum hou haarself besig met ʼn Progressiewe uitkyk op ʼn moderne Christendom. Wat beteken dit? In Roger Wolsey se boek, ‘Kissing Fish: Christianity for people who don’t like Christianity’ maak hy die volgende stelling — “Progressive Christianity is defined simply by its willingness to question and to be changed when it can be shown that change is necessary. It is willing to examine itself, to reform(ulate) itself in the context of the world in which it lives. Progressive Christianity lives; it lives and breathes; it grows and develops; it lives in the tension between valued and trusted historic, traditional formulations and the need to always express anew what the gospel means, and can mean, to the world.”
Wat hy hiermee bedoel is die volgende — ons leef in die 21ste eeu, ons verstaan van die wêreld is in sy totaliteit verskillend as die Bybel se verwysingsraamwerk oor hoe die wêreld lyk en funksioneer; ons het ʼn uitgebreide kennis en verstaan van al die wetenskaplike dissiplines waaroor niemand in die Bybelse tyd beskik het nie; waaronder ons insig en interpretasie van die Bybel in feitlik elke woord en sin ʼn ander konteks het as wat die skrywers van die ou tekste dit geskryf het. ʼn ‘Progressiewe’ interpretasie lê meer klem op Jesus se inhoud as die persoon; dit gaan meer oor die inwonende krag van God as ʼn bonatuurlike God êrens in die heelal; dit gaan oor ʼn geloof, hoop, en liefde wat tasbaar is eerder as ʼn metafisiese Godsbegrip wat verwyderd is van als en almal; dit gaan oor ʼn lewe van floreer en gedy hierdie kant van ʼn graf as om ʼn hemel voor te hou vir ʼn eendag ná die dood; dissipelskap lê klem op ons sosiale geregtigheid en betrokkenheid in die herstel van ons natuur; die moderne mens soek na relevansie en ʼn betekenisvolle ervaring in ons interafhanklike verhoudinge met mekaar en met dit wat ons ervaar en beskryf as God.
Terug na — DIE LIEFDE VAN GOD — wat hoor/verstaan jy as jy lees: “God het die wêreld (nie ‘die Jode’ of ‘Christene’ nie maar die wêreld) so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Johannes 3:16) — en — “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” (Romeine 8:38-39) — en — “Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.” (1 Johannes 4:7-8)
Met ʼn volledige verstaan van die konteks van die Bybel wat gewortel lê in ʼn ‘tribal religion’ en die mens se stryd vir oorlewing weet ons vandag dat die dualisme/paradoks waarmee ons grootgeword het, hou nie meer water nie — byvoorbeeld: God kan nie ʼn God van liefde wees wat jy moet vrees nie; die idee dat God iets van ons verwag wat God nie het/is nie en as ons dit nie gee nie dan word ons gestraf en as ons aanhou om dit nie te gee nie word ons in ʼn hel gegooi; aan die eenkant glo ons dat God almagtig is, maar aan die anderkant kan God niks doen aan moord, siekte, of natuurrampe nie; in die een hand lê God se vergiffenis en in die ander hand lê God se oordeel ... al hierdie menslike konstruksies het van God ʼn karikatuur gemaak — even worse, a God that is in the reward and punishment business.
Gaan word êrens stil vandag en vra jouself af — wat beteken dit vir JÓÚ as jy hoor dat GOD IS LIEFDE en dat die liefde van God allesinsluitend is en nie kom met voorwaardes en verwagtinge nie? Verander dit enige iets in jou Christelike geloof as jy hoor dat God se liefde volledig, volmaak, voldoende is vir Jood, Christen, Moslem, Hindoe, Boeddhis, en Ateïs — en is dit ons, net ons, wat ʼn hel wil skep vir hulle van wie ons nie hou nie?
Ek is ʼn Christen — dit is die tradisie waarin ek gebore is en waarmee ek grootgeword het. Binne hierdie tradisie staan Jesus sentraal om my te herinner dat God ʼn God van liefde is. Ek neem die Bybel baie, BAIE ernstig op, maar nie noodwendig letterlik nie. Ná jare en jare se studie maak ek ʼn onderskeid tussen die metaforiese en simbole-taal wat gegiet is binne verhale, gelykenisse, en kronieke van mense wat soek na God en soms vind op die mees onwaarskynlike plekke.
Kom ons gesels dié komende maand oor die God van liefde ... God is liefde ... ons God, is liefde!
Soos altyd,
Terblanche
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Hierdie week se liturgie: 2 Junie 2019
.
.
STAD: 10 Junie 2019 @ 19:30
KOLPING: 6 Junie2019 @ 19:30
Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]