Die Lewe voor die Dood I

2 SEPTEMBER 2018

Tradisioneel is September die begin van Lente. Deesdae is dit steeds winter met verspreide Lente-buie. Die Kaap kan maklik nog sneeu kry tot einde Oktober. Een ding is wel waar van September en dit is die feit dat wanneer die maande wat eindig met -ber aanbreek, is die jaar verby. In die Kaap is niks ooit vinniger as derde rat nie maar as September eers hier is dan gaan alles en almal in neutraal. Die herinnering van Tolstoy, “Lente is die tyd vir planne en projekte”(Anna Karenina) is helaas vir die meeste van ons ʼn tyd om te begin afskaal tot die somervakansie aanbreek. Iemand het eenkeer gesê, “In die Lente moet jy aan die einde van elke dag na grond ruik.” Helaas het Lente vir baie ʼn seisoen geword wat ruik na einde.

Yoko Ono het dit eenmaal mooi opgesom: Spring passes and one remembers one's innocence. Summer passes and one remembers one's exuberance. Autumn passes and one remembers one's reverence. Winter passes and one remembers one's perseverance.

Gister sit ʼn vrou by my met ʼn lysie vrae en eintlik gaan al die vrae oor net een vraag: is daar ʼn lewe na die dood? Die antwoord is natuurlik ʼn eenvoudige ‘JA!’ want Lewe het geen begin of einde nie; dit is allesinsluitend; waarvan die middelpunt oral en die omvang allesomvattend is. Dit vibreer in die uitspansel van die heelal en vind Sy refleksie in die liggaam waarin ek gebore is. Een ding is ek van oortuig, en dis maar my persoonlike gevoel, daar is nie ʼn hemel met poorte waar ek aankom met oë en ore en soort van ʼn lyf met arms en bene nie. Wat en hoe die manifestasie van Lewe is ná ons dood sal ons wel aanstons weet, vir nou bly dit spekulasie op sy beste en hersenskim op sy ergste ... maar kom ons gesels oor “LEWE VÓÓR DIE DOOD,” beveel ek toe aan “dit is, after all, LENTE!”

Indien jy al ooit herstel het van ʼn ernstige siekte, sal jy die geseënde gemoedstoestand van dankbaarheid ken wat sonder enige rede kan glimlag. Jy sal bekend wees met die salige geestestoestand van afwagting en verwondering wat bewus is van LEWE in die kleinste detail daarvan. Dit is wat Lente beteken: dit is ʼn moment in jou lewe waar jy gereed, en OOP is vir méér. Meer kleur. Meer konneksie. Meer harmonie. Meer vrede. Meer vreugde. Is dit nie die boodskap van LENTE nie?

Ons leef in ʼn tyd van baie verandering. Vir baie is dit ʼn tyd van diep onsekerheid wat gepaard gaan met spanning en angs. Ons vra voortdurend oor die pad vorentoe; as ons net kan weet of ons ons bestemming sal bereik? Dit is ten diepte ook waarom ons soek na sekerheid oor ʼn ‘lewe na die dood’ sodat ons met ʼn stukkie gemoedsrus kan weet, maak nie saak wat gebeur nie, ons sal okay wees wanneer als gesê en gedoen is voor ons ons asem uitblaas.

Om te wil praat oor LENTE, is om te praat oor vernuwing. Dit is om bewus te wees van herlewing, transformasie, inspirasie, ontwaking, verandering, herstel. Dié seisoen van bloeisels wat bot wil iets sê oor ons emosionele, intellektuele, en spirituele renovasie, restourasie, en rehabilitasie. Is die vraag dan nie eerder of ons nog weet, tussen ons gejaagde lewe en ons holderstebolder bestaan, wanneer die tyd van Lente aangebreek het nie? Gary Zukav vra in sy boek, ‘Seat of the Soul’ die volgende, “The spring wakes us, nurtures us and revitalises us. How often does your spring come? If you are a prisoner of the calendar, it comes once a year. If you are creating authentic power, it comes frequently, or very frequently.”

Ons nooi jou om Sondag vir ʼn uur by ons aan te sluit vir ʼn gesprek oor die LEWE VOOR DIE DOOD. Kom ons gesels oor — blomme in die bedding van ʼn groter tuin; die seisoen van herlewing; die gety van transformasie; altyd ʼn kans om opnuut te begin; niks is vir altyd, alles verander; elke einde is ʼn geleentheid om te groei; koester die interkonneksie en interafhanklikheid tussen elke vorm van lewe; kultiveer die potensiaal van verandering; wees geduldig, wees dapper; en kom in harmonie met die Groot Melodie.

WE MUST BLOOM WHERE WE ARE PLANTED — herinner 1 Korintiërs 7:20-24. Ruik die hemel in die reën. Voel die liefde van God op jou gesig. Sien en hoor die gras groei. Maak versies vir die liedere van die voëls ... en onthou: “The birds sang their songs of love. And the flowers serenaded with their sublime fragrances. And the whole world fell in love in spring!” ― Avijeet Das

“Moenie net aan die vroeër dinge dink nie, moenie ag slaan om wat vroeër gebeur het nie. Kyk, ek gaan iets nuut maak, dit is besig om uit te spruit. Sal julle dit nie opmerk nie?” (Jesaja 43:18-19) “Want kyk, ek skep ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word nie en hulle sal nie in jou hart opkom nie.” (Jesaja 65:17) “En trek vir julle ʼn nuwe self aan, geskep in die gelykenis van God in ware geregtigheid en heiligheid.” (Efesiërs 4:24)
September is ʼn nuwe begin. Moenie dat dit ongesiens verby gaan nie.
Bring Sondag blomme saam kerk toe
en ons sal dit besorg by hulle wat honger en dors na ʼn nuwe seisoen.

GEDAGTE VIR DIE WEEK
“It is spring again.
The earth is like a child that knows poems by heart.”

― Rainer Maria Rilke
 ― 

A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 30 Augustus @ 19h30 --
— Stad: 3 September @ 19h30 --

Lessons 122-125
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights