LITURGIE: 1_april_2018
... en so breek Paasnaweek aan, die hoogtepunt van elke Christen se geloof en godsdiens ... as die kerk van alle eeue eerskomende Sondag die Opstandingsdag van Jesus vier! In hierdie één sin lê 2000 jaar se dogma, teologie, geloofsoortuiging, geskiedenis, belydenis, en tradisie opgesluit. Vra ʼn mens wat dit beteken, is die antwoord: Jesus, wat die Seun van God is, is gekruisig maar het op die derde dag opgestaan uit die dood.
Maar wat beteken dit? Vergeet die feit dat Paassondag val op die eerste Sondag na die eerste volmaan van die Noordelike Halfrond se ‘lente-equinox’ op 21 Maart; sonder om dit te negeer as nietig of dit verduidelik met ʼn Sondagskool antwoord wil ek vra jy moet vir ʼn oomblik dink — wat beteken Paassondag vir jou; maak dit enige verskil in jou daaglikse lewe; het dit enige invloed op jou verhouding met jouself, jou ewemens, jou verhouding met die strukture waarin jy funksioneer, en jou verhouding met God?
Gister, in twee terapiesessies, sluit ek af deur te vra, “Wat beteken Paasnaweek vir jou?” In albei gevalle is die antwoord, “Ons gaan bietjie weg die naweek. Ons het ʼn ‘breek’ nodig!” Jip, ek kan net dink na die lang, droë somer kon Paasnaweek nie meer geleë wees as einde Maart nie en dan val dit nog op die tweede bloumaan van 2018. Kan net dink, jy moet gedaan wees, wegbreek is net die ding voor die winter arriveer! “So, wat beteken Paassondag vir jou?” vra ek weer voor elkeen van hulle die pad vat ... verlig om van dié priester se lastige vrae ontslae te wees.
Herfs is hier. Die dae is korter en die lig, veral met sonsopkoms en ondergaan, is sagter en langer. Die bome dra roesbruin en amber en swaeltjies vlieg vroeg saans in swerms sirkels asof hul oefen vir hul lang vlug noord voor die koue kom. Alles dui daarop: Herfs is hier. Dit is so tussen-in seisoen. Nie regtig meer somer nie maar ook nog nie winter nie. Noem dit ʼn intermezzo en gaan dit vir die meeste ongesiens verby. Vir drie maande, ± 100 dae van die jaar is ons in ʼn tussentyd. Nie koud nie, ook nie warm nie. Net lou-genoeg om te weet die seisoen is besig om te verander. Vir ʼn maand lank gesels ons oor die betekenis van — NEEM JOU KRUIS OP EN VOLG MY -- en het gepraat oor wat beteken ‘to be real’, ‘to be authentic’, ‘to stay true to the Truth’, ‘to find wholeness, meaning, and purpose’, and ‘the key of forgiveness’ — wat alles deel is van kruis opneem en volg ...
Ons het ook gesels oor die waarde van ‘kruis-dra’ as dit kom by — not surprised by suffering and emotional pain but by the teaching of joy; not surprised by drought but by the fountains; not surprised by the wrong road but by the journey; not surprised by death but by life! Hierin word die vrede van God ervaar. Hierop antwoord ons met ʼn deurleefde liefde. Hieruit maak ons lewe sin ... hengel ons daagliks vir inspirasie en sit ons saans die bedliggie af met dankbaarheid en waardering.
Kom breek Sondag saam met ons die brood as ʼn herinnering van ons verbondenheid aan mekaar, en deel die wyn om ons naelstring te onthou met dit wat ons God, i.e. LEWE noem ... en dan vleg ons die maand se tema saam en sluit af vir ʼn gesprek oor: DIE PAD NA DAGBREEK!
As Jesus sê, “Ek is die opstanding (Gr: anastasis / raising up) en die lewe (Gr: zoë / fulness of life). Wie in my glo, sal lewe, selfs als sterf hulle, en elkeen wat lewe en glo in my sal nooit sterf nie. Glo julle dit?” (Joh 11:25-26)gaan dit tog verseker nie oor die fisiese toestand van verganklikheid en afsterwe en nog minder oor een of ander metafisiese opstanding nie maar oor iets – profoundly true about our divine belonging that will overcome our humanness of form, definition, and dimension in order for us to experience an anastasis into the fulness of LIFE!
Dit is waarvan ons praat as ons sê, God se liefde is sterker as die dood! Dis waarvan ons praat as ons na Jesus verwys as die Inkarnasie van God se liefde! Dit is waarna ons verwys as ons praat van die Heilige Gees as die Lewende Asem van God se oneindige erbarming (compassion) en genade (grace)! En DÍT my liewe broer en suster is waaroor Paasnaweek gaan! DÍT is wat ons vier op Paassondag! As ons Kersfees ons spirituele geboorte vier in Jesus as Seun van die Mens, dan vier ons Paassondag ons spirituele opstanding in Jesus as Seun van God.
If anything is worth celebrating in your life, then this is it -- of soos Mark Twain dit sou sê, “The two most important days in your life are the day you are born and the day you find out why.”
🌺 ACIM — Stad 19h30: 9 April — en Kolping 19h30: 28 Maart — Lessons 51-61 (which is a REVIEW on everything we’ve been reading the last 3 years!)
Gedagte vir die Week:
“Love taught me to die with dignity that I might come forth anew in splendour. Born once of flesh, then again of fire, I was reborn a third time to the sound of my name humming haikus in heaven’s mouth.” ― Aberjhani, ‘The River of Winged Dreams’