Die Koringkorrel moet Sterf III

13 Oktober 2021

“What you are is God's gift to you,
what you become is your gift to God.”
― Hans von Balthasar —

In hierdie enkele sin lê alles wat ek moet weet oor ʼn sinvolle lewe. Dit raak die wese van my geloof, en die omvang van my menswees. Dit is die inhoud van alles wat ek het, en die betekenis van alles wat ek is.

Die oomblik as ons besef dat alles wat ek is en alles wat ek het, is ʼn geskenk dan breek die Lig deur op elke aspek en dimensie van jou lewe. Ons sien anders, ons proe en hoor en ruik anders, ons voel en reageer anders. Dit bring ʼn liefde en vrede wat alle verstand te bowe gaan. Dit voeg waarde toe tot jou lewe, en gee ʼn Goddelike insig oor jou plek en taak in hierdie groot heelal.

Dit is maklik om die geskenk te sien in alles wat mooi en goed en genotvol is. Dit vra ʼn bietjie dieper delf om dit te sien in ons onsekerheid, hartseer, en verlange — maar glo my, dit is daar.

Hierdie maand se gesprek gaan oor Jesus se woorde aan ʼn klomp Grieke wat hom graag wou ontmoet as hy sê, “As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in.” (Johannes 12:24)

Ons het reeds gesels oor TRANSFORMASIE — wat ʼn proses is, ʼn geloofsreis, en nie ʼn bestemming of iets wat jy bereik nie. Laas Sondag het ons gesels oor RECOGNITION (herken, erken, ken) en die waarheid wat alle godsdienstradisies leer: spiritual knowledge is recognition and not cognition.

Die kop, brein, verstand is ʼn BEHEERTORING. Nie van waarheid nie, maar beheer. Die brein kan net reageer. Dit sien iets en dit reageer. Dit ruik iets en reageer. Dit hoor iets en reageer. Dit pendel die hele tyd tussen oorsaak en gevoel, aksie en reaksie. Niks tussenin nie.

Maak geen fout nie, die brein is belangrik om vir jouself te dink, al is dit ʼn geskenk wat min mense bereid is om oop te maak. Dit is nodig vir die verstand om te oefen soos die res van jou lyf. Om te leer sodat ons goed sal verstaan en nie als wat op ons bord beland vir soetkoek opvreet nie.

From Transformation to Recognition to APPRECIATION — en dit is waaroor hierdie week gaan.

“Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” — Matteus 6:21

Waar is jou SKAT? Is dit onder ʼn maatemmer of êrens begrawe omdat ons bang is iemand vat dit van ons? Voel jy steeds minderwaardig, want jy glo nie dat jy so 'n geskenk verdien nie?

Dit is al baie in hierdie webjoernaal gesê: die Heilige Drie-Eenheid vir ʼn gelukkige lewe is: thankfulness, appreciation, gratitude — as die Engels drie verskillende invalshoeke gee tot hierdie skat.

Thankfulness comes from our mindfulness (geestesdenke); appreciation comes from the heart (die spens van ons gevoelens en ervarings); and gratitude come from the soul (wat vloei uit die Alles-Insluitende Liefde van God).

Die EGO wil nie verander nie. Die EGO stel nie belang in transformasie nie. Die EGO kan nie enige iets herken, erken of ken nie, want die EGO kan nét reageer.

Om te praat van dankbaarheid en waardering kan nooit begryp word deur daardie klein spikkeltjie in die brein wat jou vertel dit is alles nie.

Wat verstaan die ego van:

“Elke aardse droom van rykdom en roem,
is net 'n skadu teen die muur.
Want wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.”
— Koos du Plessis

Om dit te verstaan, moet ek sterf in alles wat ek vanselfsprekend aanvaar. Sterf in die waansin dat ek net dankbaar kan wees as ek iets ontvang. Sterf in die sinsbedrog dat net as ek iets het of êrens anders is, DÁN sal ek gelukkig wees. Baie goed sal jou (tydelik) gelukkig maak, maar nét dankbaarheid en waardering sal vir jou vreugde bring.

Die geskenk van dankbaarheid is die koringkorrel, en seëninge so milddadig is die oes.

ONTHOU: God seën jou nie omdat jy dankbaar is nie, maar ʼn lewe van dankbaarheid lei ons om die seëninge wat die hele tyd daar was te sien.

Die Ou Testament vertel die verhaal van ʼn man wat ook gesukkel het om dit te verstaan —

“Miskien moet jy die diere vra om jou te leer, die voëls daarbo om jou te vertel, of praat met die aarde dat dit jou leer en met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê.
Wie van hulle weet nie almal dat die hand van die Here alles gemaak het nie?
Hy het al wat lewe in sy mag,
die asem van elke mens.
Moet die oor nie woorde toets
soos die verhemelte kos proe nie?”
— Job 12:7-11

Kom ons vra Sondag — wat is die koringkorrel van waardering; hoe kweek en kultiveer ons ʼn oes van dankbaarheid?

Mag jou hart sy skat vind hierdie week!

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“The meaning of life
is to find your gift.
The purpose of life
is to give it away.”

William Shakespeare

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10:00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights