Die Koringkorrel moet Sterf II

6 Oktober 2021

“You are a beautiful creation…
perfectly imperfect
a work in progress…
you have everything you
need to fulfil your purpose…
don’t dilute yourself
for any person or any reason…
you are enough…
be unapologetically you.”
― Steve Maraboli —

Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer in jou lewe gedoen? Hoeveel keer ʼn dag verander ons ons manier van dink oor wat ons kan verander, of hoe ons dink oor wat ons nie kan verander nie?

Elke aand sluit ons ons oë in die kokon van slaap en word die volgende oggend wakker met ʼn nuwe geleentheid om te leef, te groei, te ervaar, te ken, en te verstaan. Elke aand sterf wat was, en staan die volgende oggend op in die potensiaal van wat kan wees.

As jy wil.

Ons gesels dié maand oor Jesus se woorde aan ʼn aantal Grieke wat hom wou ontmoet, as hy vir hulle sê — “As die koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ʼn groot oes in.” (Johannes 12:24)

Deur die loop van die jaar het ons ʼn paar datums wat ons sien as ʼn kans om nuut-te-begin. Daar is Nuwe Jaar en Verjaarsdae, Paasfees en Kersfees. Tussenin is daar gebeure soos ʼn kind word gebore, mense verhuis, ʼn nuwe werk, die begin of einde van ʼn huwelik, die dood van ʼn geliefde — alles koringkorrels met die kapasiteit om dinge anders te doen.

As jy wil.

Dan is daar ʼn handvol alledaagse gebeurtenisse wat die saad saai vir ʼn lewensveranderende oes: ʼn film wat jy sien; kuier met vriende om ʼn tafel; ʼn besoek aan ʼn stad met ʼn invloedryke kultuur en argitektuur; iemand nuut wat oor jou pad kom en jou verras met ʼn teenwoordigheid wat lank ná hul weg is jou steeds bybly; of dalk net weer ʼn slag op jou knieë langs jou bed gaan met hande gevou in ʼn gebed van dankbaarheid.

As jy wil.

Geen, niks van hierdie goed het enige iets met ʼn fisiese dood te doen nie. Te veel mense leef in die verwagting dat EENDAG in die hiernamaals dán sal ons weet, dán sal ons ken, dán sal ons ontkiem, dán sal ons liefde en vreugde en vrede ervaar… en so gaan die lewe ongesiens, ongeleefd, by jou verby.

Jesus, soos elke ander wysgeer en ghoeroe, praat van hier… vandag en nou!

Om te sterf in ons illusies van verwydering en skeiding sodat ons nuut gebore kan word in balans en harmonie met God.

Sterf in die dissels van agterdog, bygeloof, en selfgeregtigheid sodat die blomme van goedhartigheid en teerheid in ons tuin kan groei.

Sterf in die drogbeelde van sleg, skuldig en straf sodat die lig kan breek op ons versoening en vergiffenis.

Sterf in ons krampagtige vasklou aan gister en die harsingskim van ʼn eendag miskien sodat vandag nie ongesiens verby sal gaan nie.

Sterf in ons ego-denke sodat dit plek kan maak vir siel-denke waar ons in elke oomblik en alle omstandighede LIEFDE kies bo vrees.

Hoe dikwels het ek dit al gesê dat die meeste van ons van kleinsaf verkeerd gediagnoseer is deur iemand wat net een keer te veel vir jou gesê het dat jy nie goed genoeg is nie. Miskien was dit ʼn ouer of ʼn onderwyser, iemand wat jy gedink het is ʼn vriend, ʼn x-man of vrou, of miskien ʼn predikant wat vir God wou sê wie is aanvaarbaar en wie nie.

Eers as ons ietwat wyser en gryser is, besef ons dat hierdie op- en aanmerkings bloot projeksies was van mense wat hul eie wonde wou verberg.

Dink ek onwillekeurig aan die woorde van Dorothy Law Nolte wat praat van: "Children Learn What They Live" —

If a child lives with criticism, he learns to condemn.
If a child lives with hostility, he learns to fight.
If a child lives with ridicule, he learns to be shy.
If a child lives with shame, he learns to feel guilty.
If a child lives with tolerance, he learns to be patient.
If a child lives with encouragement, he learns confidence.
If a child lives with praise, he learns to appreciate.
If a child lives with fairness, he learns justice.
If a child lives with security, he learns to have faith.
If a child lives with approval, he learns to like himself.
If a child lives with acceptance and friendship, he learns to find love in the world.

Dit is die kind in almal van ons. Dit is die saad in iedereen van ons.

Nou is die vraag: WAT WIL JY?

WIL jy jou loopgraaf verander in ʼn leivoor waarin die Water van die Lewe hul pad vind na jou beddings en boord?

WIL jy jou dryfsand omskep in ʼn oase waaruit Lewende Water vloei na jou akker en tuin?

“Kom almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!” — Jesaja 55:1

Dit is die uitnodiging, ʼn belofte van God self.

As jy wil.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Scared and sacred are spelled with the same letters. Awful proceeds from the same root word as awesome. Terrify and terrific. Every negative experience holds the seed of transformation.”
― Alan Cohen 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10:00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights