“You dance love, and you dance joy, and you dance dreams. And I know if I can make you smile by jumping over a couple of couches or running through a rainstorm, then I’ll be very glad to be a song and dance man.” — Gene Kelly
Kyk na dié video en sien wat Gene Kelly bedoel ............
https://www.youtube.com/watch?v=D1ZYhVpdXbQ
Ons gesels die maand oor — LA DANSE DE LA VIE (die dans van die lewe) — en het laas week afgesluit met die aanhaling van Friedrich Nietzsche, “And those who were seen dancing were thought to be insane by those who could not hear the music.” Op ʼn ander plek sê hy, “We should consider every day lost on which we have not danced at least once.”
Eerskomende Sondag gaan ons praat oor: OM TE DANS IN DIE REËN ... soos in die video hierbo, nie bang vir natreën of druppels op ons gesig nie. Nie versigtig vir deurweekte skoene of bekommerd oor ʼn deurweekte pak klere nie. Ons dans ... selfs as dit reën. Nee, VERAL as dit reën! Dit maak nie saak of jy van die ritme af is nie. Dit maak nie saak of jy weet hoe nie. Dit maak nie saak of jy ʼn fool van jouself maak nie. Dit is JOU dans. Dit is JOU oomblik. En ons dans.
Ons dans om die ritme van ons hart te voel. Ons dans om te onthou dat ons lewe. Ons dans vir die liefde wat in en deur ons vloei en wanneer ons met iemand anders dans, hoop ons dat hulle dit ook sal voel. Vir ʼn oomblik het ons die luukse om onsself te wees. Geen maskers of pretensie, geen voorgee of ontkenning nie. Min mense waag dit om hulself so bloot te stel voor ander en die wat doen, is onvoorwaardelik vry. Vry vir die ritme van Lewe. Vry vir die puls om te wees wie ons gebore is om te wees.
Kyk weer na die video van Gene Kelly as hy sing, “Dancing in the Rain” maar dié keer sit die klank af. Kyk net en sien hom dans. Dis asof sy liggaam die musiek word. Sit dan weer die musiek aan en sien hoe sy liggaam ʼn ekstensie word van wat jy hoor. Die een is geweef in die ander. Die musiek en die dans is in harmonie en die reën is die genot van die siel. Oorloop ... oorvloed ... oorgenoeg!
Dit was Michael Jackson wat gesê het, “To live is to be musical, starting with the blood dancing in your veins. Everything living has a rhythm. Do you feel your music?” Of soos Deepak Chopra dit mooi verwoord, “Our biological rhythms are the symphony of the cosmos, music embedded deep within us to which we dance, even when we can't name the tune.”— Die musiek verskil van tyd tot tyd ... soms is dit ʼn mars en dan weer ʼn wals; soms is dit ʼn passievolle tango en dan is daar dae waar dit niks meer is as net ʼn wiegelied nie. Hoe dans ons wanneer dit reën, of maak ons die vensters en deure toe en bly liefs binne? Party is bang hul word siek as hul in die reën dans en ander het soveel fobies dat hul glo dis acid-rain en niemand moet met die gif in aanraking kom nie. Maar die meeste dans — ja, die oorgrote meerderheid van mense het geleer om in die reën te dans.
Hoe doen hulle dit? Hoe kry mense dit reg om te dans as hul hartseer is? Hoe dans mense wanneer die lewe se tifone en orkane op hul neerstort?
Kom ons verken Sondag ʼn paar ritmes vir dae waarin donderwolke saampak en ons goeie intensie wegspoel in geute van onsekerheid:
Kom word vir ʼn uur saam met ons stil Sondag. Wie weet, miskien is ons gelukkig en reën dit vir ʼn uur lank.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“Life is a dance.
Mindfulness is witnessing that dance.”
― Amit Ray ―
A COURSE IN MIRACLES
Ons hervat weer volgende jaar
na die Somervakansie
[Lees asseblief steeds
elke dag 'n stukkie uit ACIM]