Potgooi:
“You can’t change what you’re not aware of. And once you’re aware, you can’t help but change.”
— Sheryl Sandberg
Paasfees is verby, maar die invloed daarvan nog lank nie.
Daar is by my ʼn diep hartseer oor die afsterwe van Pope Francis. Gereeld het ek sy homilie (Sondagspreke) gelees en is telkens diep geraak deur die simplisiteit daarvan. Dit was altyd relevant vir die tyd waarin ons leef en hy het nooit weggeskram om hard en duidelik te praat oor waar hy voel menseregte en die natuur word verpletter deur mag- en hebsug.
Jorge Mario Bergoglio is in 1936 gebore in Buenos Aires, Argentinië. Na ʼn ernstige siekbed besluit hy om sy lewe te wy aan die kerk. Hy studeer teologie en filosofie en in 1958 sluit hy aan by die Jesuit Orde.
Sy bynaam in Argentinië was “El Obispo de los Pobres” (Biskop van die Armes) omrede hy altyd uitgereik het na hulle in nood, en voortdurend gestaan het vir inklusiwiteit en gesprek met ander, selfs hulle buite die Christen-geloof.
In 2013 is hy verkies as Pous en het hy besluit om die naam ‘Francis’ te kies in navolgingskap van St Francis van Assisi vir sy nederigheid, eenvoud, en liefde vir die armes en die omgewing.
Hy was die eerste Jesuit priester en eerste kardinaal uit die Suidelike Halfrond wat as Pous gekies is, asook die eerste nie-Europese Pous in meer as 1,200 jaar.
Sy nederigheid was oral sigbaar — in Argentinië het hy as Biskop van publieke vervoer gebruik gemaak en in ʼn beskeie woonstel gewoon. As Pous het hy geweier om in die Apostoliese Paleis te bly wat eksklusief vir die Pous se gebruik is en het verkies om in ʼn eenvoudige gastehuis (Casa Santa Marta) in die Vatikaan te woon.
Hy het gereeld die voete gewas van gevangenes, vlugtelinge en gestremdes, mense met HIV en hulle wat ly aan verslawing. Dit was nie vreemd om ʼn oproep van hom te kry as hy ʼn brief ontvang het van iemand wat in nood is nie.
Ten spyte van kritiek uit sy konserwatiewe geledere, het hy gestaan vir oop en respekvolle gesprekke met diegene buite die kerk — ateïste, Moslems, Jode, en LGBTQ+ aktiviste.
Toe ʼn joernalis hom eenkeer uitgevra het oor sy omstrede uitreik en insluit van hierdie mense, het hy net geglimlag en gesê, “Wie is ek om te oordeel?”
Sy teologie kan in een woord opgesom word: ‘synodality’ wat beteken: 'n kerk wat luister!
In die maand waar ons gesels oor die betekenis van die ‘opstanding’, was sy lewe ʼn voorbeeld en getuienis van Christus wat deur ons woorde en dade aan die wêreld verskyn.
Dit bring my by ons laaste gesprek oor die inhoud en invloed van Paasfees en het ek besluit om na ʼn aantal preke en artikels van Pope Francis te gaan kyk as inspirasie.
1. “The Resurrection continues by living aware and awake to presence, purpose, and possibility.” — Pope Francis
Wees teenwoordig in ons gesinne — sit daai foon weg, gee aandag, stel belang, wees entoesiasties in elke gesprek.
In jou persoonlike lewe, wees bewus wanneer jy op ‘autopilot’ net voort ploeg sonder dat enige iets waarde toevoeg, en raak ʼn oomblik stil om net weer jou voete op die grond te sit om jouself te belyn met dit wat regtig belangrik is.
Vind uit wat is jou lewensdoel, wat gee vir jou lewensvreugde, en wat bring werklik vervulling, want so leef Christus in ons harte.
“Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood en Christus sal sy lig oor jou laat skyn.” — Efesiërs 5:14
2. “The world tells us to seek success, power and money; God tells us to seek humility, service and love.” — Pope Francis
Jesus se hele lewe was geken deur op te staan vir hulle wat teen die grensdrade van staat en kerk vasgewaai het. Hy het ʼn stem gegee vir hulle wat nie gesien of gehoor word nie.
Hy het homself uitgespreek teenoor hulle wat liefdeloos optree, teenoor hulle wat namens God wil besluit wie verdien om menswaardig behandel te word. Selfs die dood kon nie Sy stem stil nie en daarna sou Sy teenwoordigheid mense inspireer om Sý hande en stem te word.
“If you don’t stand for something, you will fall for anything.” – Malcolm X
3. “Let us ask ourselves today: are we open to ‘God’s surprises’?” — Pope Francis
As ons krampagtig vasklou aan ons gisters en nie weet hoe om te laat gaan aan ons verlede nie, bly ons harte gesluit. Waar ons steeds slawe is van vrese en verwyte, bly ons in die graf en ervaar nooit die vernuwing en herlewing wat Christus se opstanding verteenwoordig nie.
“Decluttering goes beyond tidying up physical spaces; it involves simplifying our thoughts, emotions, relationships, and environments to create room for growth, peace, and fulfilment.” — Chuck Spezzano
4. “We are called to live not as one without others, above or against others, but with and for others.” — Pope Francis
Waar ons verantwoordelikheid vat vir ons aksies (keuses) en ons reaksies (emosies) is ons oop vir God se liefde om deur ons te vloei. Waar ons verantwoordelikheid vat vir mekaar, sien die wêreld God.
“Christ has no body now on earth but yours.” — Teresa of Ávila
5. “Take care of God's creation. But above all, take care of people in need.” — Pope Francis
Wanneer jy daar is vir mense, is jy ook daar vir God. Wanneer daar by ons ʼn bereidwilligheid is om iets daadwerklik te doen om ons planeet en haar inwoners te dien met ons hart (gevoel) en gedagtes (intensies) maak ons die wêreld heel.
Sit nou hierdie VYF goed op ʼn rytjie en wat kry jy om saam te vat na hierdie Paasfees as ʼn lewende bewys van Christus se teenwoordigheid: WAKE UP, STAND UP, CLEAN UP, GROW UP, and SHOW UP.
Doen dit, doen dit met liefde.
“Requiescat in Pace”
— rus in vrede, Pope Francis.
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.