Dek die Tafel vir Ander - Week 2

Sondagdiens

21 Julie 2019

Hierdie week se liturgie: 21 Julie 2019

“It's not bad to cough. But cover your mouth when coughing. It's not bad to complain. But cover your mouth when complaining, else you'll spread infections of complains on us!” ― Israelmore Ayivor

Het jy al ooit ʼn dier gesien sit wat sug, Life is not fair ... wens ek was eerder iets of êrens anders!”Daar word gesê dat ʼn jagluiperd 9 uit 10 keer onsuksesvol is om sy prooi neer te trek ten spyte dat dit die vinnigste landdier is. Stel jou voor ʼn jagluiperd sê na die negende keer, “Ek gee op ... ek is nou ʼn vegetarian!

Luister na ons gesprekke — veral ons interne dialoog — by name as ek na Zuma se gesig sit en kyk by ʼn kommissie wat tot stand gebring is om sý gemors te ondersoek. Dan vra ek myself, “Wat se verskil het sy nege jaar van chaos in my lewe gemaak, is daar enige iets wat ek verloor of minder van het as gevolg van hom?” Nee, want wat verloor is, was deur my eie toedoen. Wat bereik is, was deur toewyding en harde werk. Het hy onvoorstelbare skade gemaak aan ons land se ekonomie en miljoene mense, wat reeds sukkel om kop bo water te hou, se lewe te verbeter? Verseker, en daarvoor gaan hy rekenskap moet doen. Gaan my gemoun (sic: moan) oor Jakob ʼn duit verskil maak aan my lewe? Nee, beslis nie. So, stop dit en gaan doen iets met jou tyd, energie, deugde, en talente wat WÉL ʼn verskil maak in jou en ander se lewe.

Vandaar ons tema vir die maand — DEK DIE TAFEL VIR ‘N ANDER — wat ʼn uitnodig is om betrokke te raak waar jy ʼn verskil kan maak.

Kom ons verken Sondag ʼn handvol maniere hoe ons die energie kan skuif van moedeloos, wanhoop, en mismoedigheid na vertroue, hoop, en betrokkenheid. Ons word só gou oorrompel deur emosies van VREES vir mislukking, vrees dat ons dit nie gaan maak nie, en vrees dat die res van my lewe nooit beter gaan wees as vandag nie. Dis waarna die Skrif verwys as dit sê, “Hierdie mense kla gedurig en is altyd ontevrede met hulle lot. Hulle leef net volgens hulle eie begeertes, praat groot en sê vleiende dinge van mense om daaruit vir hulleself voordeel te trek.”(Judas 1:16)

Waarom is dit so? Eerstens, ons leef in ʼn wêreld waar film, TV, advertensies, koerante, tydskrifte, en die internet ons 24/7 bombardeer met iets wat jy moet koop, moet hê, moet kry om te wees wat jy glo jy nie is nie ... en tweedens, ons is só oorweldig deur 'n wêreld in nood dat ons steriel geraak het vir die nood om my. Die mens is nie geskape om te weet wat op ʼn eiland aan die anderkant van die planeet aangaan nie. Ons kan nie eers sinvol omgaan met alles wat in ons village gebeur nie, wat nog te sê ʼn duisend of tien-duisend kilometer van hier. Ons is tot op ons murg toe deurweek van die pyn en lyding wat in elke uithoek van die wêreld gebeur. Só oorweldig dat ons nie ʼn kilojoule se energie oor het om ʼn verskil van verligting te bring in ons straat, buurt, of stad nie.

Daar is niks fout om ons te omring met wat mooi en lieflik is nie, ook nie om plekke te besoek wat goed is vir die siel en die gemoed nie, maar as dit jou fokus word waaroor jou lewe gaan, sal jy kort voor lank begin om met obsessie te jaag na alles wat bo blink en onder stink en dan begin die gekla en gemoun oor als wat ons NIE het of kan beheer nie.

So wat kan ons doen om uit die wurggreep van ʼn gekla, gekerm, en gekners van tande te kom? Begin by ʼn oomblik se stilte om jouself te vra: het ek ʼn dak oor my kop; ʼn bed om op te slaap; warm en koue water uit ʼn kraan; ʼn yskas met iets om vandag en môre te eet; ʼn motor om te ry; en ʼn geldjie in die bank vir as jy siek word ...? Dan is jy deel van die top 7% in ons land. Laat dit vir ʼn oomblik insink: dan is jy deel van die top 7% van ons land! Goeie genugtig — HOU OP MOUN en sê “Dankie!”

  1. Your thoughts determine your reality. Luister na jouself en word bewus van wat tussen jou ore aangaan en die invloed daarvan op elke verhouding waarin jy staan.
  2. Neem verantwoordelikheid. Wat begin by jouself en dan elkeen wat die naaste is, en dan jou groter kring van vriende, familie, werknemers, en vreemdelinge wat oor jou pad kom.
  3. Stop being so judgemental ... by name oor en met jouself. Dis goed om te soek na ʼn uitsig wat insig bring, maar draai die volume af as jou opinie meer gal braak as blomme plant.
  4. Koester en kultiveer ʼn positiewe gesindheid. Soms moet ʼn mens stoom afblaas en daai 'wind' laat gaan ... verwyder jouself uit negatiewe situasies en toksiese mense.
  5. Step back and change the channel ... maak ʼn lys van alles waarvoor jy dankbaar is, en onthou — only gratitude will give you joy!

ʼn Spirituele perspektief is van onskatbare waarde om uit die moeras van negatiwiteit, die dryfsand van pessimisme, en die loopgraaf van misnoeë te klim. Kom word eerskomende Sondag saam met ons stil vir ʼn uur en dan steek ons die kerse aan vir groter, dieper perspektief en laat die lig toe om in en deur ons te skyn vir ʼn wêreld wat só dors na manne en vroue wat die tafel van hoop sal dek vir ʼn ander.

-o0o-

— ONTHOU 

Ons Spiritualiteitkonferensie dié jaar gaan oor Spiritualiteit van Tieners en Jongmense as ons saam met drie kundiges gaan gesels oor
TEGNOLOGIE en KONNEKSIE,
INTIMITEIT en KONNEKSIE,
SPIRITUALITEIT en KONNEKSIE.

DATUM: 3 Augustus 2019
TYD: 9:00 tot 1:00
PLEK: SANLAM Hoofkantoor (Bellville) se Ouditorium
BESPREEKbookings@neospektrum.co.za
NAVRAE: Lourita (071.579.45.39) of Edward (082.788.18.24)
PRYS: R200 pp en R350 vir couples. Alle skoliere en studente is R50

SPREKERS:
Hugo Theron - Kliniese Sielkundige, gaan die kompas wees wat gesels oor Konneksie en Tegnologie. Die invloed van 'tegnologie' op ons kinders en jongmense en waarom dit 'n ligtoring is wat óf waarsku teen skerp rotspunte, óf 'n rigtingwyser om nuwe lande te ontdek. As begeleider en terapeut van jongmense kom hy met 'n rykdom van ervaring oor die tendense, uitdagings, inspirasies, en verwysingswêreld van kinders, tieners, en adolessente.

 

 

Delene van Dyk is 'n seksualiteitsopvoeder en terapeut van beroep en bearbei haarself die afgelope 25 jaar, in Afrika en internasionaal, in die veld van geestes- en seksuele gesondheid, en onderrig. As seksuoloog gaan sy gesels oor Konneksie en Intimiteit. In die sessie gaan Delene fokus op intimiteit as 'n emosionele voertuig en hoe om individuele "versnellers" en "remme" te herken, om sodoende kwesbaarheid, die kern van intimiteit, beter te verstaan.

 

 

Selina Palm - Senior Navorser by Universiteit Stellenbosch, gaan haar ervaring deel as Teoloog en jarelange navorsing op die gebied van Jeug-Spiritualiteit veral rondom onderwerpe soos sosiale geregtigheid, versoening, identiteit, asook vrae oor kerkleer, dogma, teologie en spiritualiteit. Sy gaan ons hand vat om die reis aan te pak na ons TRUE NORTH as sy gesels oor Konneksie en Spiritualiteit.

 

 

Uiteraard wil ons soveel as moontlik jongmense na die oggend uitnooi. Ons sal graag ook na HULLE wil luister en hulle stemme kans gee om gehoor te word. Wil jy nie asseblief dié nota aan vriende, familie, kollegas, en vriende van tieners en jong volwassenes stuur nie?

Mag hierdie week jou oorweldig met dankbaarheid en waardering vir al die seëninge so milddadig.

Met liefde,

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“If you have time to whine
and complain about something
then you have the time
to do something about it.”

― Anthony J. D’Angelo 

 

A COURSE IN MIRACLES

STAD: 22 Julie 2019 @ 19:30
KOLPING: 25 Julie 2019 @ 19:30

Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights