“Be noble like the sun; let even those who resent you for shinning benefit from your warmth.”
― Matshona Dhliwayo —In ons laaste gesprek oor ‘Onvoorwaardelike Liefde’ gaan ons stilstaan by die begrip: COMPASSION.
Compassion = com (together) + passion (suffering) — in Afrikaans dink ons aan woorde soos: deernis, medelye, erbarming, meegevoel, en liefdevolle goedheid.
DEERNIS kan verstaan word as 'n kombinasie van empatie, begrip, en 'n diep besorgdheid oor die welsyn van ander. Dit behels die erkenning en deel in die fisiese of emosionele pyn wat iemand anders ervaar, gepaardgaande met 'n opregte begeerte om hul lyding te verlig of ondersteuning te bied.
Deernis gaan verder as blote simpatie of jammerte, aangesien dit 'n positiewe aksie en aktiewe reaksie is om die pyn van ander te verlig.
In sy kern is DEERNIS ʼn gevoel van konneksie wat erkenning gee aan ons gemeenskaplike menslikheid wat ons met ander deel. Om jouself in die skoene van iemand anders te plaas, hul gevoelens en ervarings verstaan, en met kindness daarop reageer.
Paulus verwys daarna as hy sê —
“Clothe yourselves with compassion, kindness, humility, gentleness, and patience” (Col 3:12)
Die Goddelike allesinsluitende en allesomvattende liefde waarvan ons praat, kan nie net voorgehou word as ʼn ideaal nie maar móét ʼn deurslaggewende rol speel in AL ons verhoudings. Dit geld vir ons verhouding met kollegas by die werk, vriende en familie, vreemdelinge en hulle van wie ons nie regtig hou nie, maar bowenal in ons intieme verhoudings.
COMPASSION
In die Joodse geloof, derhalwe ook vir Jesus, is die ‘gemilut chasadim’ (acts of loving-kindness) die basis van ons geloof. Dit verwys na dade van liefdevolle goedhartigheid, vrygewigheid, en deernis teenoor ander. Dit behels die uitreik na behoeftiges, die vertroosting en ondersteuning vir elkeen wat dit nodig het.
KINDNESS
Hieroor het ons breedvoerig laas week gesels maar om dit saam te vat, kan ons net onthou dat die Hebreeuse woord vir ‘genade’ (GRACE!) is ‘hesed’ wat die beste vertaal word met loving-kindness — it goes above and beyond what is required or expected to help other.
HUMILITY
Die Jode praat van ‘anavah’ wat verwys na beskeidenheid, nederigheid, sonder hoogmoed en arrogansie. Dis maklik om te dink dat jy ‘beter is as ander’ en 'n houding te hê dat ander moet vir hulself sorg, of nog erger — dat iemand anders moet maar inspring en help. Nederigheid vra 'n ontvanklikheid en openheid teenoor ander, asook 'n bereidwilligheid om werklik iemand anders se behoeftes te (h)erken met respek, empatie, en medelye.
GENTLENESS
Dit is 'n sensitiwiteit vir ander — 'n sagmoedigheid wat met versigtigheid omgaan met ander se behoeftes en emosionele wonde. Daar is konsiderasie en behulpsaamheid wat verby ons oordeel en selfgeregtigheid breek. Dit gee waardigheid aan ons ewemens en bring 'n transformasie in elke verhouding waarin ons staan.
PATIENCE
Wat beteken liefde as daar nie geduld is met mekaar nie? Hoe lank sal jy dit volhou as daar nie uithouvermoë is nie? Die Hebreeuse begrip is ‘savlanut’ en kom van die stam wat beteken: ‘om te dra’ en ‘uit te hou’ — wat kalm en gefokus bly in tye van uitdagings en teëspoed. Onvoorwaardelike liefde kom met verdraagsaamheid.
Waaroor dit gaan, is VERSTAAN. As ons verstaan kom daar waarheid en waarheid bring wysheid. As ons net wil leer om mooi na mekaar te luister, sal ons vind dat ‘om te hoor’ is ʼn enorme gebaar van compassion. As ons werklik verstaan wat die ander persoon deurgaan, waarin hul hoop lê, en hoe hul roep na liefde sal ons dalk (net miskien) vind dat hul honger is ook ons honger en hul dors is ook ons dors.
Deernis en medelye kom ook sonder voorwaardes en is allesinsluitend. Dit breek deur die grensdrade wat ons span om hulle wat ons dink is nie ons liefde werd nie, hulle wat ons seergemaak het, hulle wat ons dink dit nie verdien nie.
Barmhartigheid dra nie die halssnoer van die regskunde of kroon van godsdienstigheid nie maar is geklee in die nederige gewaad van ʼn dienskneg en diensmeisie. Dit staan in diens van mekaar. Dit gee om vir mekaar.
JA, deernis kom met verantwoordelikheid en miskien is dit die grootste rede waarom ons so wegskram om compassion te wys en te deel. Stel jou voor dit is ander se gesindheid in jou oomblik van nood.
Daarom geld die Goue Reël ook in ons laaste gesprek: doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê!
Albert Einstein het die laaste sê —
“A human being is a part of the whole called by us universe, a part limited in time and space. He experiences himself, his thoughts and feeling as something separated from the rest, a kind of optical delusion of his consciousness. This delusion is a kind of prison for us, restricting us to our personal desires and to affection for a few persons nearest to us. Our task must be to free ourselves from this prison by widening our circle of compassion to embrace all living creatures and the whole of nature in its beauty.”
Met liefde, net liefde, liefde genoeg
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.