Christelike Mistiek - 2 Augustus 2023

“Theologians may quarrel, but the mystics of the world speak the same language.”― Meister Eckhart —

Hernubare Energie — twee woorde met die potensiaal om ons lewens te verander. Almal soek dit, almal vra daarna, almal wil een hê: sonpanele, wind turbines, hydro, biomass ... groter inverters met sterker batterye.

Wat daarvan as ek vir jou sê daar is Hernubare Energie beskikbaar waar jy net kan inskakel. Geen beurtkrag. Vrylik bekombaar. Verniet.

My Godsbeeld, my spiritualiteit, my verhouding met my ewemens, my verstaan van die wêreld en my plek daarin is nog altyd direk beïnvloed deur die MISTIEK.

Die mense wat die grootste invloed op my teologie het (en nog altyd gehad het) is Thomas Merton, Thomas Keating, en die laaste paar jaar Richard Rohr. Hulle staan in die spore van mense soos Francis van Assisi, Teresa van Ávila, John of the Cross, Meister Eckhart, en Juliana van Norwich wat beskou word as die fonteine na die stroom van die Christelike Mistiek.

In die vroeë 90s het my pad gekruis met die Grieks Ortodokse Kerk waarin ek gedoop is en ʼn Griekse naam gekry het, en die voorreg gehad het om te werk en die liturgie Sondae te lei. Daar is ek voorgestel aan Mystics soos Symeon the New Theologian, Gregory Palamas, en Seraphim van Sarov.

Wat is die MISTIEK?

Christelike Mistiek is 'n spirituele tradisie binne die Christendom wat 'n direkte en persoonlike ervaring van 'n intieme verhouding met God beklemtoon. Dit behels 'n diepgaande en transformerende ervaring wat verder gaan as intellektuele begrip en dogmatiese oortuigings. Dit streef daarna om die Goddelike Teenwoordigheid te vind in ALLES wat ons ervaar.

Thomas Merton verwoord dit mooi —

“Mysticism refers to a universal and unifying view of the world. Mystical awareness expands to incorporate our relationships, and also our collective religious and spiritual inheritance, the whole of humanity, creation, and the cosmos. It affects the whole of one’s life by opening the heart to the Divine Presence in all realities.”

Richard Rohr vat dit saam —

“A Mystic simply means one who has moved from mere belief systems to actual inner experience. Mystical experience is the starting point, the power that un-forms and then reforms knowledge, love, and perception.”

Uiteraard is Jesus van Nasaret die eerste asook fondasie van die Christelike Mistiek. Daarna sou Paulus daarop bou, alhoewel ek as teologiese student en daarna as jong predikant dit nie geweet het nie, want ek was so oordonder deur ‘teologie’ dat dit dekades en 'n paar littekens sou vat voor die boodskap van Paulus die spreekwoordelike skille van my oë sou wegvat.

Paulus se perspektief op wie en wat die Christus is, sou ʼn hele nuwe verstaan bring oor die ‘Misterie van Christus’ waaroor hy dit so dikwels het. By name Efesiërs 3:3-4 en Kolossense 1:26-27 gaan juis daaroor dat ons IN Christus die inwonende liefde en krag van God ervaar en daardeur toegang het tot spirituele waarhede.

Dit is Paulus se uitnodiging tot ʼn ‘Mistieke Reis in Christus’ wat die grootste transformasie by my sou bring. Sy oproep in Romeine 12:2 om ons “gedagtes te vernuwe” is die begin van verandering en spirituele groei. Dit sou my bring by die besluit om anders te dink, en anders te reageer ... en soos my gedagtes verander het, het alles om my begin verander.

Ons ‘Mistieke Eenheid met Christus’ vind inhoud en betekenis in gedeeltes soos Galasiërs 2:20 en Kolossense 3:3 van wat dit beteken om ‘in Christus’ gekruisig te word en deel te hê aan die ‘opstanding’ sonder om dit een keer as ʼn fisiese resussitasie voor te hou, maar ten diepste as die dood van ons ego-denke en ʼn opstanding in ons siel-denke.

Die Universele Christus vind ʼn mistieke deurslag in alles en almal —

“Put on the new self, which is being renewed to a true knowledge according to the image of the One who created it—a renewal in which there is no distinction between Greek and Jew, circumcised and uncircumcised, uncultured, Scythian, slave, and free, but Christ is alland in all.”— Colossians 3:10-11

Wat wel toenemend meer en meer duidelik geword het, is die feit dat ons nie die Mistiek kan institusionaliseer nie — die oomblik wat ons probeer om die Mistiek te organiseer en met reëls vas te vang, vernietig ons die wese daarvan.

Kom ons gesels die volgende maand oor die Hernubare Energie van die Mistiek in ons Mens-, Wêreld-, en Godsbeskouing.

Ons gaan gesels oor die plek van die Mistiek in Wetenskap en Tegnologie, in die Opvoeding en Onderrig van ons eie ontwikkeling, en dan afsluit met die rol van die Mistiek in ons belewing van God in al die aspekte van ons lewe.

Kom ons begin Sondag met ʼn gesprek oor die goed wat ons in ons persoonlike groei beïnvloed, motiveer, en inspireer en hoe dit ons werk, gesinne, familie, en spiritualiteit snoei en skoei.

Kom reis saam en bring jou vrae en wysheid sodat ons van mekaar kan leer.

Liefdegroete

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“You cannot take the region of the unknown and calmly say that, though you know nothing about it, you know all the gates are locked. We do not know enough about the unknown to know that it is unknowable.”― G.K. Chesterton 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights