Boekgroep

Die Boekgroep kom normaalweg op die eerste Maandagaand van die maand om 19:00 by Queenstraat, De Rust H09, Durbanville bymekaar. Sien ook aanwysings onderaan hierdie blad.

By die Boekgroep stel ‘n lid ‘n boek of onderwerp aan die groep voor. Dit dien as aanknopingspunt vir verdere gesprek en bespreking. Op hierdie wyse neem die lede kennis van boeke, asook die skrywers, wat tot spirituele verryking lei.

Ander verwante vakgebiede en kwessies word ook aangeraak. Soms word ‘n kundige genooi om oor ‘n boek of onderwerp te kom gesels. Dit is egter die uitsondering aangesien die doel is om die groeplede so veel moontlik self aan die woord te stel.

Natuurlik is daar elke keer ook die geleentheid om gesellig saam te verkeer en lekkernye te geniet.

Die Boekgroep bestaan uit ongeveer 15 lede, maar nuwe lede is altyd welkom.

Die Boekgroep is op 28 Mei 2013 deur Leonie van Heerden en Chrisna Smuts gestig. Sedertdien het Die Boekgroep reeds 79 keer vergader.Die Groep het dus reeds hulle 10de verjaarsdag gevier.

 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights