Hierdie week se liturgie: 2 Februarie 2020
Bid mense nog, of slegs in nood? Wat is die inhoud en betekenis van gebede? Is daar werklik krag in gebed en hoekom verhoor God net sekere gebede?
Dit is ʼn paar van die vrae wat ons in Februarie gaan verken. Toegegee dat ons al dikwels oor ‘GEBED’ gepraat het, maar dié maand gaan ons ʼn paar bekende gebede vat en dit ontgin om te sien waarom dit die toets-van-tyd deurstaan het en wat kan ons leer van hierdie gebede. Ons gaan kyk na die gebed van St. Franciscus van Assisi — “Lord, make me an instrument of thy peace …” en na Reinhold Niebuhr se “Prayer of Serenity” en Fr Thomas Keating se “Welcoming Prayer” — saam met dit gaan ons ook kyk na “Die Here is my Herder” van Dawid in Psalm 23; en St Patrick se “Christ Be With Me”; asook bekende gebede van John Wesley onder andere: “Covenant Prayer”, and “We Bless You”; insluitende Thomas Moore se bekende gebed, “Lead Me” ...
... maar eerskomende Sondag begin ons met seker die bekendste gebed van die laaste 2000 jaar naamlik die ‘GEBED VAN JESUS’ en ons gaan na die Aramese weergawe (die taal wat Jesus gepraat het) kyk. In my beskeie mening het dit ʼn veel dieper betekenis as die weergawe wat ons ken uit Matteus 6:9-13 en die verkorte weergawe van Lukas 11:2-4.
Om mee te begin moet ons net eers die gebed van Jesus in konteks plaas van Matteus en Lukas. Dit word vandag algemeen aanvaar deur Bybelkundiges dat Paulus se briewe is geskryf tussen 54 en 64AD. Dit is met ander woorde geskryf die naaste aan die tyd wat Jesus geleef het al sou dit 20, 30 jaar ná die dood van Jesus wees. Markus is geskryf tussen 65 en 75AD toe Joodse volgelinge van Jesus dit in die tempel gevier het en daarom is Markus Evangelie meer Liturgie as Biografie van Jesus se lewe.
Matteus is geskryf toe Joodse Christene uit die sinagoges verban is tussen 85 en 88AD. Lukas Evangelie en die boek Handeling is geskryf tussen 85 en 90AD, terwyl Johannes Evangelie geskryf is rondom 100AD. Al vier Evangelies is geskryf in Grieks. ʼn Taal wat nie een van die dissipels, óf Jesus, gepraat of gelees het nie. Benewens dit, is dit duidelik dat nie Matteus of Lukas enige Hebreeus vaardig was nie waarvan die verkeerde aanhalings en vertalings van die Ou Testament in Matteus ʼn duidelike bewys is omrede die skrywer die Griekse vertaling van die Ou Testament gebruik as hy sy Evangelie skryf.
Die Hebreeuse alfabet het 22 konsonante en geen vokale nie. In die Joodse Mistiek word geglo dat God elke letter van die alfabet gevorm het. Elkeen van die 22 letters het klank, kleur, getal, en betekenis. Twee letters namekaar verander die klank, kleur, getal, en betekenis. Dit maak van die Hebreeuse taal ʼn tapisserie wat geweef is in simboliese taal en metafore, met ʼn ryk mistieke agtergrond.
Met dit gesê, kom ons lees die (foneties) Aramese teks, met die letterlike vertaling, en dan die interpretatiewe uitleg vanuit die Joodse Mistiek.
Hier kan jy daarna luister:
Die uitspraak varieer ietwat tussen Siries Aramees (wat vandag nog gepraat word in Sirië) en Joods Aramees, maar die video sal help met die uitspraak.
Kom ons gesels Sondag oor — (i) wat en waar is die Koninkryk van God, (ii) wat is die WIL van God, hoe ken en leef ons dit, (iii) waar en wanneer raak hemel en aarde aan mekaar, (iv) wat is die simbool van brood en vergiffenis, (v) wie is die ‘aanklaer’ en wat is sonde (dysfunctional behaviour) ...?
Kom ons gee hierdie gebed weer nuwe betekenis en maak dit deel van ons daaglikse ritueel.
Ons nooi jou van harte om die volgende maand by ons aan te sluit vir ʼn sinvolle gesprek oor GEBED en jy kan jou vrae saambring en daar sal tyd wees om dit te antwoord.
Liefde en seënwense vir die res van jou week.
Met waardering Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
.
Ons lees hierdie jaar die wonderlike boek
'Rising Strong' van Brené Brown
Stad: Maandag 10 Februarie @ 19h30
Kolping: Donderdag 6 Februarie @ 19h30