Abide in Me: Die Vreugde van Behoort

Sondagdiens

10 Februarie 2019

Vineyard

Somer in die Kaap het ʼn mondgevoel as die wingerde ryp en volrond staan, gereed vir pluk en pars. “Oestyd is woestyd” word gesê, want wie dit al meegemaak het, sal weet — daar word GEWERK! en slaap is vir wanneer jy omval. Die eerste keer (moet bysê, ook die laaste keer) wat ek help pluk het, is daar net twee goed om te onthou ... (1) jou rug breek af en (2) die skaam vernedering — want in die tyd wat dit my sou vat om een mandjie te pluk het die ander werkers seker tien gepluk en hul doen dit terwyl hulle sing vir meer en ek bid vir minder.

Jesus se gelykenis van die wingerdstok en die lote is ʼn beeld wat vir die meeste van ons bekend is. Die metafoor van die sap wat die liefde van God is, wat deur ons vloei en vrugte dra wanneer ons interafhanklikheid en gebondenheid met die wingerdstok, die grond én die reën bymekaarkom in die dans tussen saai- en oestyd ... met die crescendo wanneer daardie jaar se druiwe geproe word in kristal en kultivar.

Ons tema vir die maand is — ABIDE IN ME -- to abide is to reside; to abide is to continue, to stay, to remain ... en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor DIE VREUGDE VAN BEHOORT.

  • “Julle moet in my BLY (abide) en ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok BLY nie; en so julle ook nie as julle nie in my BLY nie. Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in my BLY en ek in hom, dra baie vrugte, want sonder my kan julle niks doen nie.” — Johannes 15:4-5

John Shelby Spong se kommentaar oor Johannes Evangelie gee ʼn deurdagte uitleg van hierdie twee verse as hy sê, “Think of yourselves as the branches of the vine and see how we are all bound together in this divine purpose. God flows into me. I flow into you. Your vocation as a branch of the vine is to stay attached to the vine. A branch does not bear fruit unless it remains attached to the vine. You cannot fulfil your destiny alone. If you abide in me, I will abide in you. There is a new unity in that mutual abiding: If you abide in me, my words will abide in you; you too will become “the word of God incarnate,” and in this new creation God will again be glorified.”

  • Dan gaan die Nasareense Skrynwerker verder, “Soos die Vader my liefhet, het ek julle ook lief. Julle moet in my liefde BLY (abide). As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde BLY, net soos ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde BLY. Dit sê ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos ek julle liefhet.” — Johannes 15:9-12

Waarby Spong dit verder inkleur, “The Father loves me, and I love you. Love is the presence of God. Abide in this love. In love you escape the defence barriers behind which human beings hide seeking security. Love makes you vulnerable, but love also opens you to new dimensions of living, new understandings of life. It is only in giving your life away in love that you can live fully. I will, therefore, be most fully alive when I am being crucified. To be able to escape the human drive for survival is to escape my own self-centeredness. Life is most perfectly possessed when one is free to lay one’s life down in love. It is this kind of love in which you must abide, and when you do, my joy will be in you and your joy will be full. These words of Jesus offer a powerful mystical insight into the meaning of life.” (John Shelby Spong, ‘The Fourth Gospel: Tales of a Jewish Mystic’)

[Mag ek vra dat jy dit weer te lees sodat elke woord gehoor en gevoel kan word]
In P.G. du Plessis se drama “Siener in die Suburbs” sê Tiemie: “ʼn Mens wil nie soos ʼn hond vrek nie. Jy wil van geweet wees. O, ek wil so graag van geweet wees.”

Dalk is dit ons almal se behoefte — om só te lewe dat jy nie alleen en onbekend en onbemind sterf nie. Dit bring ons kennelik naby aan ons eie vrese en ons innige behoefte om herken, erken, geken te wees. Dikwels skiet die gedagte deur die kop dat ons miskien net geliefd sal wees as ons tot ʼn mate onbekend bly. Die oomblik as mense ons gaan ken soos ons werklik is, sal hulle ons minder liefhê. Vermoedelik omrede ons grootgeword het met die illusie dat liefde is voorwaardelik. Dat dit iets is wat ons moet verdien en altyd kom met ʼn agenda wat iets van jou wil hê.

Wat ʼn hemelse vreugde om volkome geken en terselfdertyd volkome liefgehê te word! Volmaak gebonde en gelyktydig volledig vry. Om die ‘hart van God’ te ken, beteken om konsekwent, deurtastend, met ʼn deurleefde sekerheid te weet dat God is liefde en net liefde, en niks anders behalwe liefde nie en dat elke gebaar van moedeloosheid en teleurstelling, elke ervaring van verwerping en vernedering, elke emosie van vrees en straf NIE van God is nie. Miskien het die meeste mense moeite hiermee — dat liefde onvoorwaardelik is en dat die teenwoordigheid van God nét ervaar kan word in ons liefde. Dat slegs liefde en liefde alleen die wingerd is wat ons vat na die oes van vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Daar is ʼn Afrika-Spreuk wat sê: vertel my wie en wat jy liefhet en ek sal vir jou sê wie jy is. Dit is die inhoud en betekenis van die Galileaanse Timmerman wat 2000 jaar terug geleef het met net één boodskap, één opdrag: julle moet mekaar liefhê!

Bring iemand saam en kom deel Sondag in ons Sirkel-van-Behoort.

Soos altyd
Met waardering

Laai hierdie week se liturgie af: 10_Februarie_2019

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“If you want light to come into your life,
you need to stand where it is shining.” 

― Guy Finley ―
.

A COURSE IN MIRACLES
STAD: 11 Februarie 2019 @ 19h30
KOLPING: 6 Februarie 2019 @ 19h30

Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights