Potgooi:
“In an age of scepticism, Easter dares to say: beauty, love, and meaning still matter.”
― Krista Tippett —
PAASFEES 2025!
Dit is nie net ʼn herdenking van ʼn gebeure in die verlede nie, maar ʼn uitnodiging tot innerlike vernuwing en verandering — tot ʼn nuwe manier van LEWE.
Uiteraard van die saak dink ons aan die dood van Jesus van Nasaret, maar Paasfees gaan oor die ‘OPSTANDING’ wat nie ʼn resussitasie van ʼn liggaam was nie maar die transformasie van die siel.
Jesus, die seun van die mens (human consciousness), sterf aan die kruis en die Christus staan op uit die ‘dood’ (Christ consciousness).
“As ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal leef. Ons weet dat Christus, nadat Hy uit die dood opgewek is, nie weer sterf nie – die dood het nie meer seggenskap oor Hom nie.”
― Romeine 6:8-9
Die Griekse teks gee die antwoord — die woord vir ‘opstaan’ (soos vanaf die grond of ʼn stoel) is egeiro maar die woord wat gebruik word om van Jesus se ‘opstanding’ te praat is anistimi (waar die woord anastasis vandaan kom) wat beteken: wedergeboorte, herlewing, ontwaking (awakening).
Die teoloog, Marcus Borg skryf —
“For Paul, resurrection clearly didn’t mean being resuscitated back into the life of this world. It meant rather being raised into the life of God.”
In ʼn tyd waar alles ʼn gejaag na wind is, almal aan een of ander vorm van burnout ly, en ons oorweldig voel deur die gebrokenheid van die wêreld, is Paasfees ʼn herinnering dat in die diepte van ons verdriet en verlies, ons twyfel en onsekerheid, is ʼn nuwe LEWE reeds besig om vorm aan te neem.
“The risen Christ is not a ghost of the past but a presence that brings us back to life.”
― Henri Nouwen
Paasfees gaan oor LEWE, in die oorvloed van wat Christus vir jou beteken.
1. Om op te staan uit die dood beteken om hoop te kies bo wanhoop.
Die ‘opstanding’ is die geloof dat nuwe lewe moontlik is, selfs as alles dood lyk om ons — verhoudings, drome, of selfs die wil om langer te leef.
Wanneer ons hoop verloor in ons eie vermoëns, waar dit voel ons is vir almal ʼn teleurstelling, en dit lyk of ons van alles ʼn mislukking maak, is die ‘opstanding’ ʼn uitroep: “DIT IS NIE DIE EINDE NIE!”
2. Om op te staan uit die dood is om verandering en transformasie te omarm.
Die ‘opstanding’ is nie om terug te gaan na wat was nie — dit is om nuut te word. Om te sterf in ons ego-denke, ons vrese, en die maskers wat ons dra. Ons staan op met moed en dapperheid, meer authentic, en met meer vervulling.
Ons laat gaan aan dit wat nie langer ons siel voed nie: toksiese verhoudings en gewoontes, skuldgevoelens en vrees, ongesonde ambisie en verwronge verwagtinge. Ons raak belyn met ons kernwaardes en leef dit uit in ons werk, gesinne, en interpersoonlike verhoudings.
3. Om op te staan uit die dood is om te leef met empatie en compassion.
Ons kan nie praat van die ‘opstanding’ as daar nie onvoorwaardelike liefde en genade (grace) in ons lewe is nie, want dit is wat dit beteken om IN Christus te leef.
In hierdie waarheid lê ʼn radikale nuwe ervaring van God se teenwoordigheid.
Vir die dissipels was die teenwoordigheid van Christus ʼn deurleefde werklikheid en die enigste manier hoe hulle dit kon beskryf, was om daarna te verwys as ʼn ‘Anastasis’.
“Vrede vir julle!” hoor hulle Hom sê, selfs al het hul Hom verlaat en verraai.
ʼn Nuwe verstaan van liefde het in hul opgeborrel. Hulle sig het insig geword. Die Christus was in alles wat hul sien, ruik, proe, hoor, en voel.
4. Om op te staan uit die dood gee ons lewe doel en betekenis.
Die ‘opstanding’ bring ʼn hernude sin van wat ons lewensdoel is. Ons is nie meer angstig op pad na êrens en steeds nêrens nie. Ons leef meer oplettend en bewustelik.
Ons maak tyd vir self-refleksie en kweek ʼn dieper ‘awareness’ van wie ons is as mens, en as Christen. Daar is ʼn groter dankbaarheid vir wat ons het, en waardeer elke dag as ʼn geskenk.
5. Om op te staan uit die dood is 'n nuwe verhouding met God.
Ons almal ken die werklikheid van die graf waar ons geestelik en emosioneel al gevoel het ons is dood, al leef ons nog. Miskien was dit ʼn ernstige siekte, of die hartseer van ʼn egskeiding. Miskien was dit ʼn tyd toe jy verneder en verwerp gevoel het, of miskien was dit ʼn tyd van enorme finansiële onsekerheid.
Dit het ʼn verdieping gebring in ons verhouding met God. Dit het ons nader aan, en meer eerlik met ons Self gemaak. Ons het onsself deur die oë van God gesien.
“The crucified one is the presence of God among us. He is the God who is the source of life, and His call to us is to live fully! To have life — that is the function of the Christ. It is to bring us to the experience of living in which we pass into new dimensions of life and cross the boundaries of fear that separate us from one another and from ourselves."
― John Shelby Spong
Kom ons kyk Sondag na al die maniere wat Christus aan ons ‘verskyn’ as ons net sal kyk en sien, al die maniere wat die ‘stem van God’ in en deur ons breek as ons net sal luister en hoor.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.